Kleiner vars-produkte tenders vir skole, koshuise sal boere help

Loading player...
Daar word al hoe meer gevra dat die regering spysenieringskontrakte vir openbare skole en koshuise in kleiner tenders moet opbreek, wat geleenthede vir plaaslike boere sal skep om vars produkte en ander voedselprodukte te verskaf. Boere sê betroubare markte sal produsente help om uit te brei en te belê. Ben Schernick, direkteur van die Voeding- en Voedselsekuriteitsalliansie van Namibië, steun die idee maar sê behoorlike verkrygings- en logistieke beplanning sal van kritieke belang wees, aangesien swakpunte hierin tans die nasionale skoolvoedingskema belemmer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
21 Sep 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag…
12 Oct 11AM 1 min