Die GOOD-party vra die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om toesig oor en regulering van die aanlyn dobbelbedryf te verhoog. Die party sê volgens die jongste jaarverslag van die Nasionale Dobbelraad is die waarde van die dobbelbedryf 'n reuse 75 miljard Suid-Afrikaanse rand in die 2024/2025-boekjaar. Sarah Mabotsa sê…
Die DA het die opgradering van Suid-Afrika se kredietgradering deur S&P vir die eerste keer sedert Augustus 2005 verwelkom. Jan de Villiers van die DA sê die BB-gradering is 'n duidelike teken van 'n positiewe vooruitsig, wat verdere bevestiging is dat Suid-Afrika, onder die regering van nasionale eenheid, nuwe fiskale…
Ohangwena se goewerneur, Kadiva Hamutumwa, sê die streek sit op onbenutte ekonomiese goud. Sy dring aan op 'n nasionale poging om nuwe nywerhede te ontsluit, klein besighede te bevorder en inwoners te bemagtig. Met 'n nuwe beleggingskaart wat opgestel word om toekomstige beleggers te lei, sê Hamutumwa dis tyd vir…
Die vakbondfederasie, SAFTU het die beduidende vordering verwelkom wat die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur gemaak het om die boumafia vas te vat. Minister Dean Macpherson het vroeër aangekondig dat sedert die regering se gekoördineerde reaksie in November 2024 begin het, daar 770 aangemelde gevalle van bouverwante afpersing en…
Vandag vier die voormalige eerste dame van Namibië, Monica Geingos, haar verjaardag. Geingos, 'n toonaangewende voorstander vir jeugbemagtiging, geslagsgelykheid en finansiële insluiting, is onlangs ingehuldig as die stigterskanselier van Kepler College in Kigali, Rwanda. Sy sit steeds haar werk voort deur die One Economy Foundation en inisiatiewe wat pan-Afrikaanse leierskap…
AfriForum sê inwoners van eMalahleni mag nie gedwing word om te betaal vir omgewingsmisdade wat deur munisipale amptenare gepleeg is nie. Die Hooggeregshof in Mpumalanga het die munisipaliteit onlangs met 650-miljoen-rand beboet vir die storting van rou riool in die Olifantsrivier tussen 2019 en 2025. Marais de Vaal van AfriForum…
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die regering het swak gekommunikeer oor die 153 Palestynse asielsoekers. Hy het tydens die ANC se nasionale uitvoerende komiteevergadering gepraat en gesê veral die departement van binnelandse sake onder leiding van die DA se minister, Leon Schreiber, het versuim om burgers doeltreffend in…
Windhoek se stadspolisie het Vrydagaand tydens Copps 94.1 beslag op ‘n ongeregistreerde voertuig gelê ná hulle ondersoek ingestel het na ‘n gefuif in ‘n parkeerarea. Kosmos 94.1 se Darren Smith was op die toneel en het met hoofinspekteur Katrina Naukushu van gemeenskapspolisiëring in die Khomasstreek gepraat:
Die Universiteit van Namibië het die eerste hoëronderwysinstelling in die land geword wat volle, gesamentlike akkreditasie van beide die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys ontvang het. Na 'n streng nasionale hersiening bevestig hierdie mylpaal dat alle Unam-kampusse en nagraadse programme aan die hoogste nasionale en internasionale…
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie sê hy veroordeel wat hy noem die vals en opruiende bewerings van Amerika se president, Donald Trump, en minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio. Volgens berigte sê Trump en Rubio Afrikaners is slagoffers van volksmoord en hul grond en plase word onwettig afgeneem. Sadou se woordvoerder,…
Reaksie word ontvang op vervoerminister Veikko Nekundi se aankondiging dat die kabinet die naam vir die land se nuwe nasionale lugredery goedgekeur het. Dit sal as Namibia Air funksioneer en sal na verwagting in die volgende boekjaar vorm aanneem. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n voormalige Air Namibia-vlieënier Vijay Jha…
Swaar reën en oorstromings het konstruksiewerk aan die T0701-ompad tussen Karibib en Usakos ontwrig, met die pad wat oorstroom is. Die Kahn-rivier vloei ook sterk. Die padowerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ompad nou onveilig is, en motoriste sal oor 'n hoofpadbrug naby…
Justisie- en arbeidminister Wise Immanuel het besluit om nie voort te gaan met 'n dringende hofaansoek om 'n sloerstaking deur landdroste te probeer stopsit nie. Tydens die verrigtinge het prokureurs vir die landdroste hofverslae aangebied wat toon dat ontwrigtings in bedrywighede grootliks veroorsaak is deur tegniese probleme eerder as industriële…
Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu waarsku dat Namibië se pogings om die dobbelbedryf uit te brei meer skade as goed kan doen. Dobbelinkomste het van net meer as 9 miljoen Namibiese dollar in 2022/23 tot 32 miljoen dollar verlede jaar gestyg. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het hy gesê dat…
Staatsbeheerde groenskemas het 34,9 miljoen Namibiese dollar aan elektrisiteit bestee in die 2024/2025-boekjaar, wat 'n dringende behoefte aan kostebesnoeiing en bedryfshervormings aan die lig gebring het. Groenskemabestuurders is aangemoedig om slimmer kraggebruikstrategieë aan te neem, soos stuk-stuk besproeiing, die gebruik van veranderlike spoedaandrywings en die integrasie van sonkragoplossings. Die energiekundige…
Die Amerikaanse Departement van Justisie dagvaar die staat Kalifornië oor die Demokrate se nuwe kongreskaart wat kiesers verlede week oorweldigend goedgekeur het. Voorstel 50 is 'n grondwetlike wysiging wat die kongresgrense aanpas om Demokrate 'n kans te gee om vyf setels wat nou aan Republikeine behoort, af te neem in…
Die Khomas-streekraad het vanoggend sy nuwe Strategiese Plan vir 2025–2030 bekendgestel, wat 'n padkaart uiteensit om sosio-ekonomiese groei te bevorder, dienslewering te versterk en lewenstandaarde reg oor die streek te verbeter. Hoofstreekbeampte Clement Mafwila het oor die tekortkominge van die vorige plan besin en onthul dat 'n onlangse bestuurs- en…
Gift of the Givers vra president Cyril Ramaphosa om Binnelandse Sake en die Grensbestuursowerheid te ondersoek nadat 153 Palestynse reisigers gister toegang tot die land geweier is op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng. Stigter Imtiaz Sooliman sê die owerheid het opgetree ingevolge sy mandaat om passasiers sonder 'n…
14 Nov 7AM
1 min
680 – 700
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.