Die Universiteit van Namibië het die eerste hoëronderwysinstelling in die land geword wat volle, gesamentlike akkreditasie van beide die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys ontvang het. Na 'n streng nasionale hersiening bevestig hierdie mylpaal dat alle Unam-kampusse en nagraadse programme aan die hoogste nasionale en internasionale…
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie sê hy veroordeel wat hy noem die vals en opruiende bewerings van Amerika se president, Donald Trump, en minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio. Volgens berigte sê Trump en Rubio Afrikaners is slagoffers van volksmoord en hul grond en plase word onwettig afgeneem. Sadou se woordvoerder,…
Reaksie word ontvang op vervoerminister Veikko Nekundi se aankondiging dat die kabinet die naam vir die land se nuwe nasionale lugredery goedgekeur het. Dit sal as Namibia Air funksioneer en sal na verwagting in die volgende boekjaar vorm aanneem. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n voormalige Air Namibia-vlieënier Vijay Jha…
Swaar reën en oorstromings het konstruksiewerk aan die T0701-ompad tussen Karibib en Usakos ontwrig, met die pad wat oorstroom is. Die Kahn-rivier vloei ook sterk. Die padowerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ompad nou onveilig is, en motoriste sal oor 'n hoofpadbrug naby…
Justisie- en arbeidminister Wise Immanuel het besluit om nie voort te gaan met 'n dringende hofaansoek om 'n sloerstaking deur landdroste te probeer stopsit nie. Tydens die verrigtinge het prokureurs vir die landdroste hofverslae aangebied wat toon dat ontwrigtings in bedrywighede grootliks veroorsaak is deur tegniese probleme eerder as industriële…
Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu waarsku dat Namibië se pogings om die dobbelbedryf uit te brei meer skade as goed kan doen. Dobbelinkomste het van net meer as 9 miljoen Namibiese dollar in 2022/23 tot 32 miljoen dollar verlede jaar gestyg. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het hy gesê dat…
Staatsbeheerde groenskemas het 34,9 miljoen Namibiese dollar aan elektrisiteit bestee in die 2024/2025-boekjaar, wat 'n dringende behoefte aan kostebesnoeiing en bedryfshervormings aan die lig gebring het. Groenskemabestuurders is aangemoedig om slimmer kraggebruikstrategieë aan te neem, soos stuk-stuk besproeiing, die gebruik van veranderlike spoedaandrywings en die integrasie van sonkragoplossings. Die energiekundige…
Die Amerikaanse Departement van Justisie dagvaar die staat Kalifornië oor die Demokrate se nuwe kongreskaart wat kiesers verlede week oorweldigend goedgekeur het. Voorstel 50 is 'n grondwetlike wysiging wat die kongresgrense aanpas om Demokrate 'n kans te gee om vyf setels wat nou aan Republikeine behoort, af te neem in…
Die Khomas-streekraad het vanoggend sy nuwe Strategiese Plan vir 2025–2030 bekendgestel, wat 'n padkaart uiteensit om sosio-ekonomiese groei te bevorder, dienslewering te versterk en lewenstandaarde reg oor die streek te verbeter. Hoofstreekbeampte Clement Mafwila het oor die tekortkominge van die vorige plan besin en onthul dat 'n onlangse bestuurs- en…
Gift of the Givers vra president Cyril Ramaphosa om Binnelandse Sake en die Grensbestuursowerheid te ondersoek nadat 153 Palestynse reisigers gister toegang tot die land geweier is op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng. Stigter Imtiaz Sooliman sê die owerheid het opgetree ingevolge sy mandaat om passasiers sonder 'n…
Die Europese Unie het 13 miljoen Namibiese dollar toegewy om die beplanning vir die uitbreiding van die Lüderitz-hawe by Angra-punt te ondersteun. Die ooreenkoms is onderteken met die Hawe van Rotterdam en Namport. Kosmos 94.1 Nuus het met Ana Beatriz Martins, die EU-ambassadeur in Namibië, gepraat wat die belangrikheid van…
'n Britse joernalis en politieke kommentator wat vir meer as twee weke deur Amerikaanse immigrasiebeamptes aangehou is, het Donderdag terug in Brittanje aangekom. Immigrasie-beamptes het Sami Hamdi, 'n pa van drie, op 26 Oktober by San Francisco Internasionale Lughawe aangehou. Hy is voorgekeer die dag nadat hy die jaarlikse gala…
Vandag is Wêrelddiabetesdag en verskeie bewusmakingsveldtogte vind ook in Namibië plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met Charlotte Thiele, 'n plaaslike dieetkundige en dosent, oor die stand van sake in die land gepraat. Diabetesgevalle styg in Namibië, met die jongste statistiek wat toon 4,27 persent van alle sterftes in 2020 is…
Daar is verwagtinge dat die sluise van die Hardapdam tydens vanjaar se reënseisoen getrek sal word. Die dam is tans net minder as 59 persent vol en die watertafels in die opvangsgebied is ook hoër na die vorige seisoen. Die sluise moet op 70 persent getrek word. Ten spyte van…
Die Teenkorrupsie-kommissie sê hy neem kennis van bewerings dat Fishrot omkoopgeld moontlik verdubbel het. Die Yslandse nasionale uitsaaier RÚV het berig dat ondersoekbeamptes in Ysland en Namibië nou skat dat die beweerde omkoopgeld toegeneem het van vroeëre ramings van ongeveer 203 miljoen Namibiese dollar tot ongeveer 408 miljoen Namibiese dollar…
Inwoners is woedend nadat die Stad Windhoek gesê het dat hy nie genoeg geld het om die stad se verkrummelende paaie reg te maak nie, maar tog bly fondse vloei na jazzfeeste, flitsende "Love My City"-reklameborde en straathernoemingprojekte. Die leier van die Vereniging vir Plaaslike Belange en voormalige parlementslid, Joseph…
Daar is weer lekker motorsport die naweek, die keer aan die kus met die Shell V Power M+Z-tydren wat vanmiddag by die M+Z vertoonlokaal om sesuur afskop. Daar is 31 spanne ingeskryf. Francois Lottering is daar.
Volgens Namfisa se kwartaallikse verslag het die mikroleningsektor se leningsboek teen Maart vanjaar 7,6 miljard Namibiese dollar bereik, wat deur 259 266 mense verskuldig is. Termynleners, wat hul lenings oor 'n vaste tydperk van maande of jare terugbetaal, het 61 persent van die bedrag geskuld. Korttermyn- of betaaldagleners is verantwoordelik…
Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie het met 1,2-persent in September gestyg in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Die grootste bydraers was platinum, goud en steenkool, terwyl mangaan en ystererts afgeneem het. In vergelyking met Augustus was produksie 2,2-persent hoër. Juan-Pierre Terblanche van Statistieke SA sê verkope was 8,2-persent hoër as…
Jeff Bezos se Blue Origin het sy New Glenn-vuurpyl met twee Nasa-ruimtetuie aan boord suksesvol gelanseer vir sy reis na Mars. Die Escapade-sending is die eerste gekoördineerde orbitale wetenskapsending met meer as een ruimtetuig na die rooi planeet. Die sending se hoofwetenskaplike, Rob Lillis, sê die twee wenteltuie sal ʼn…
14 Nov 3AM
1 min
700 – 720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.