Daar word by SAOG-leiers aangedring om te beywer vir groter insluiting en sterker verteenwoordiging in Brics, terwyl die blok se 18de leiersberaad hierdie naweek in Nieu-Delhi, Indië, afskop. Met wêreldwye geopolitieke spanning wat handel, energie en internasionale alliansies hervorm, sê die Afrika-kenner dr. Charles Sinkala aan Kosmos 94.1 Nuus dat…
Copps 94.1 het Vrydagaand die doen en late van inwoners op Okahandja en omliggende gebiede gemonitor, waar sake betreklik stil verloop het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel.
In die buurland het die Valke, in samewerking met Interpol, vanmiddag die uitlewering van ses Nigeriese burgers hanteerwat na bewering lede is van die Black Axe georganiseerde misdaadnetwerk. Amerikaanse owerhede soek hulle vir internetbedrog en geldwassery wat met 'n liefde-slenter verband hou. Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale, sê die verdagtes…
Die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau en Metro, het 'n nuwe kollektiewe ooreenkoms onderteken wat werknemers 'n algemene salarisverhoging van 450 Namibiese dollar per maand toestaan. Die adjunk-sekretaris-generaal van die vakbond, Willem Absalom, sê die eenjaarooreenkoms verteenwoordig ongeveer 'n loonverhoging van 10 persent om werkers teen stygende lewenskoste te beskerm.
'n Lid van die Verenigde Nasies se Jeugadviespaneel, Gabriel Mandume, sê die wanverhouding tussen akademiese opleiding en werksmagvereistes bly 'n primêre dryfveer van jeugwerkloosheid in die land. Mandume sê dat terwyl jong Namibiërs steeds met teoretiese kwalifikasies van plaaslike universiteite en kolleges gradueer, beperkte praktiese blootstelling hulle swak voorbereid laat…
Reaksie word ontvang ná die dood van 'n agtjarige leerder in Groot Aub, wat vroeër die week na bewering deur 'n 12-jarige vriend verwurg is. Die voorval het die gemeenskap in skok gelaat en in rou gedompel, terwyl die polisie 'n saak van moord en roof ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus…
Die Bankiersvereniging van Namibië verdedig kommersiële banke teen bewerings dat hulle oormatige skuldlas by huishoudings aanvuur deur buitensporige kredietverlening. Tydens haar verskyning voor die parlementêre staande komitee oor die ekonomie het die vereniging se uitvoerende hoof, Dantagos Jimmy, gesê dat die toestaan van krediet aan die privaatsektor oor die algemeen…
George Russell sê hy sal geluk nodig hê om sy Mercedes-spanmaat, Kimi Antonelli, in te haal en Formule Een se bestuurders-kampioenskap te wen. Hy het Antonelli in Julie laas in Brittanje geklop. Die Italianer het onlangs van die 19de plek teruggeveg om sy tuis-wedren in Monza te wen. Die Brit…
Die Gautengse gesondheidsdepartement sê hoewel hy daarin kon slaag om baie meer pasiënte op sy MIV- en TB-behandelings-programme te behou, bly dit ‘n uitdaging om te verseker dat pasiënte gereeld hul medisyne by klinieke en hospitale opeis. Die departement se dr. Fikile Ndlovu het met SABC News gepraat en sê…
Daar is kommer oor die sielkundige tol van jeugwerkloosheid, en die jeugministerie sê dat geestesgesondheidondersteuning alleen dit nie kan oplos sonder ekonomiese geleenthede nie. Direkteur vir jeugontwikkeling, Nicolas Tembwe, sê dat jeugbeleide gekoppel moet word aan vaardigheidsontwikkeling, entrepreneurskap, arbeidsinisiatiewe en toegang tot finansiering. Hy het die privaatsektor, die burgerlike samelewing…
Die Hooggeregshof in Johannesburg het Bafana Mahungela skuldig bevind aan die moord op 'n onderwyseres van die Spesiale Skool Deltapark, Kirsten Kluyts, tydens 'n MyRun-wedloop in Parkmore, Sandton, in Oktober 2023. Hy is ook skuldig bevind aan ontvoering, roof met verswarende omstandighede, poging tot verkragting en regsverydeling. Regter Ian Cox…
Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Julie met 1,1-persent gestyg teenoor dieselfde maand verlede jaar. Kos en drank, asook petroleum en chemiese produkte, was van die grootste bydraers tot die groei. Seisoensaangepaste produksie het van Junie af ook met 2,2-persent gestyg. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê vervaardigingsverkope het met…
NamRA het sy elektroniese stelsel opgedateer, wat verrekeningsagente en belastingbetalers toelaat om ontbrekende of hersiene dokumente aan te heg nadat hulle hul sogenaamde SAD 500-verklaringsvorms ingedien het. Woordvoerder Steven Ndorokaze verduidelik dat hoewel gebruikers nou addisionele vereiste dokumentasie na aanslag kan oplaai, die nuwe funksie nie wysigings aan voorheen ingediende…
Onderwysminister Sanet Steenkamp sê NSFAF het tot dusver vanjaar meer as 2 miljard Namibiese dollar aan klasgelde en nie-klasgelde uitbetaal. Steenkamp het aan die Parlement verslag gedoen oor vertragings in die betaling van nie-klasgelde en gesê dat NSFAF meer as 56 000 aansoeke ontvang het, met meer as 38 000…
Dele van suidelike, sentrale en oostelike Namibië kan oor die naweek reënbuie verwag. Meteoroloog Albertina Anderson sê reënbuie sal vanaf die kus en die suidelike binneland inbeweeg voordat dit na die sentrale streke en die gebiede rondom Leonardville, Witvlei en Gobabis in die ooste versprei. Sterk winde word in sommige…
Meatco sê sy ommekeerpogings begin positiewe resultate lewer, met sterk groei in inkomste, winste en beesslagtingsyfers. Dit volg op 'n werksbesoek van landbouminister Inge Zaamwani aan Meatco se Windhoek-fasiliteite, waar sy ingelig is oor die korporasie se prestasie en belangrike strategiese prioriteite. Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira sê een van die hoogtepunte…
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê hy hou aktiwiteite dop by Iran se Pickaxe-berg, ʼn ondergrondse tonnel-netwerk naby Teheran se Natanz-uraanverrykingsfasiliteit. Die hoogsversterkte terrein is vermoedelik ʼn kernfasiliteit wat in aanbou is. Volgens berigte gebruik Iran opgegaarde onderdele om missiele te vervaardig wat met soliede en vloeibare brandstof aangedryf word. Die agentskap…
Die Departement van Korrektiewe Dienste se nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, het bekend gemaak dat tugoptrede teen 173 tronkbewaarders aan die gang is. Sommige word aangekla dat hulle gevangenes gehelp het om smokkelware in die tronk in te bring. Dis deel van verskerpte landwye ingryping en onlangse intelligensie-gedrewe klopjagte by tronke…
11 Sep 5AM
1 min
760 – 780
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.