Nog reën die naweek verwag

Loading player...
Dele van suidelike, sentrale en oostelike Namibië kan oor die naweek reënbuie verwag. Meteoroloog Albertina Anderson sê reënbuie sal vanaf die kus en die suidelike binneland inbeweeg voordat dit na die sentrale streke en die gebiede rondom Leonardville, Witvlei en Gobabis in die ooste versprei. Sterk winde word in sommige gebiede verwag.
11 Sep 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA Adjunkminister van Justisie vra billiker toegang tot howe en regsdienste

Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die geografie van die apartheidsera mag nie langer verhoed dat mense toegang tot geregtigheid verkry nie. Hy het tydens die agtste Sosiale Geregtigheid-beraad aan die Universiteit Stellenbosch gesê die regering moet howe en regsdienste, insluitend ondersteuning met onderhoud, beskerming teen…
13 Oct 12AM 1 min

Streeks-universiteite moet bek-en-klouseer en ander uitdagings aanspreek

Die Visekanselier van die Universiteit van Namibië, Professor Kenneth Matengu, sê universiteite wat deel vorm van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied moet navorsing, wat bek-en-klouseer en ander streeks-uitdagings aanspreek, prioritiseer. Hy het die oproep Maandag in Katima Mulilo gemaak tydens die ondertekening van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied Universiteit Konsortium Ooreenkoms. Matengu sê die…
13 Oct 12AM 1 min

Tyd loop uit vir NamRa se belastingamnestie-aansoekperiode

Daar is nou minder as twee weke oor tot die sperdatum vir die huidige belasting-amnestie-program, wat op 31 Oktober verstryk. NamRA herinner alle belastingbetalers daaraan om van die geleentheid gebruik te maak om hul uitstaande belastingkuld te vereffen. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze sê die program bied volle kwytskelding van alle opgehoopte…
13 Oct 12AM 1 min

Shaun Gariseb bekommerd oor CoW se munisipale busdiens

Shaun Gariseb, 'n gemeenskapsaktivis van Windhoek, spreek kommer uit oor die Stad Windhoek se verlieslydende busdiens en bevraagteken hoe die munisipaliteit beplan om bedrywighede vol te hou te midde van 'n gerapporteerde jaarlikse tekort van 60 miljoen Namibiese dollar. Gariseb sê die diens se beperkte inkomste uit tariewe beteken dat…
13 Oct 12AM 1 min