Die Namibiese polisiemag het sy jaarlikse September-vuurwapenamnestiemaand van stapel gestuur onder die Afrika-Unie se Silencing the Guns-inisiatief, wat immuniteit teen vervolging verleen aan enigiemand wat onwettige wapens, ammunisie of wapentuig oorhandig. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga het gesê die polisie het tussen September 2025 en Junie vanjaar 20 moorde met vuurwapens, 261…
Reaksie word ontvang na die diplomatieke drama oor die naweek, toe die Amerikaanse ambassadeur John Giordano toegang tot die Nasionale Visserye Indaba geweier is. Hy was blykbaar nie genooi nie en dit was ‘n betaalde geleentheid. Kosmos 94.1 Nuus het met die Republikeinse Party-president Henk Mudge gepraat, wat sê dat…
Die Amerikaanse energieminister Chris Wright sê brandstofpryse sal eerder daal as styg. In ‘n gesprek met CNN voer hy aan dat nuwe raffinaderye en die 65-miljard-vat ooreenkoms met Venezuela die prys sal afbring.
Die landbou-organisasie TLU SA sê hulle is tevrede met die minister van Landbou, Willie Aucamp, se benadering en verbintenis tot die transformasie van die landbousektor. Die regering en die privaat sektor het saamgewerk om meer as 23-miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof in te voer, met elke kommersiële melkkoei in Suid-Afrika wat reeds…
Die Activists and Citizens Forum sê die kandidaatregistrasiegeskil tussen die ANC en die Verkiesingskommissie sal die kommissie se geloofwaardigheid toets. Die ANC hou vol dat hulle hul kandidaatlyste betyds ingedien het, maar tegniese probleme ondervind het. Die OVK ontken enige stelselprobleme, maar die ANC eis 'n ondersoek en het gedreig…
Konstruksiewerkers en hul werkgewers werk nou onder nuwe minimumlone en diensvoorwaardes. Die arbeidministerie sê die veranderinge het op 1 September in werking getree na die publikasie van 'n regeringskennisgewing wat 'n kollektiewe ooreenkoms tussen die Konstruksie Industrie-federasie van Namibië en die Metaal- en Geallieerde Namibiese Werkersunie na die hele konstruksiebedryf…
Die operasionele direkteur van die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep, Cassey Chambers, het 'n beroep gedoen op vinnige optrede om selfdood aan te spreek. September word tans as Seldoodvoorkomingsmaand erken. Chambers sê in 'n onderhoud met die SABC selfdood is die tweede grootste oorsaak van sterftes onder 15- tot 29-jariges, terwyl…
Die African Peer Review Mechanism het 'n streekskonsultasie in Oshakati gehou om die land se vordering met regeringsaanbevelings oor sleutelgebiede, insluitend sosio-ekonomiese ontwikkeling en jeugwerkloosheid, te beoordeel. Oshana-goewerneur Hofni Iipinge het die meganisme geprys vir die dryf van verantwoordbaarheid en beleidsaksie, sedert Namibië nege jaar gelede aangesluit het. Iipinge het…
Die Amerikaanse gesante, Steve Witkoff en Jared Kushner, sê hulle het betekenisvolle, omvangryke gesprekke met Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, gevoer. Sondag se vergadering volg ná die gesante se drie uur lange onderhandelings Saterdag in Moskou met die Russiese president, Vladimir Putin. Zelensky en Putin het ingestem om drie dae…
Die Gautengse Wetgewer se Gemeenskapsveiligheidskomitee het ernstige kommer uitgespreek oor die toename in misdaad in Honeydew, wat as die provinsie se swakste polisiestasie aangewys is. Moord het met elf-persent toegeneem, seksuele oortredings met 22-persent en aanranding met die doel om ernstig te beseer met 26-persent. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê…
Die Lex Libertas Witkruisprojek is geskeduleer vir 25 en 26 September in Washington, D.C., om krisisse in Suid-Afrika uit te lig. Ongeveer 3 000 wit kruise sal op die National Mall geïnstalleer word om slagoffers van plaasaanvalle te herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ernst Roets, uitvoerende direkteur van…
Die kampioenskapsvoorloper Kimi Antonelli het vir opwinding gesorg en sy tuiswedren, die Italiaanse Grand Prix, gewen nadat as gevolg van strafpunte vir 'n nuwe enjin, die wedren uit die 19de wegspringplek begin het. Die 20-jarige Antonelli is die eerste Italianer sedert 1966 om by Monza te wen. Sy Mercedes-spanmaat George…
Die Varkprodusentevereniging van Namibië se jaarlikse algemene vergadering en inligtingsdag vind plaas op Woensdag, 9 September by die NLU-raadsaal in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met verenigingslid Ranga Haikali gepraat, wat boere nooi om aan te sluit en sake rakende die plaaslike varkbedryf te bespreek, sektoropdaterings te ontvang en met…
Die gehoorgestremde gemeenskap het 'n beroep op regeringsinstellings gedoen om dringend van beleidsformulering na direkte dienslewering oor te skakel gedurende die Bewustheidsmaand vir Gehoorgestremdes. Die woordvoerder van die Namibiese Nasionale Vereniging van Gehoorgestremdes, Angelica Massango, sê dat ware vordering met die Hersiene Nasionale Beleid oor Gestremdheid toegewyde staatsbegrotings, streng tydlyne…
Die LPM se nasionale jeugleier, Duminga Ndala, sê die groeiende ontnugtering onder jong Namibiërs word gedryf deur onvervulde politieke beloftes, beperkte jeugdeelname aan besluitneming en verergerende ekonomiese uitdagings. Ndala sê werkloosheid, honger en probleme met toegang tot befondsing maak dit moeiliker vir jongmense om betekenisvol aan burgerlike en politieke prosesse…
Namibië staar hoër inflasie van ingevoerde voedsel in die laaste kwartaal van die jaar in die gesig ná 'n massiewe brandstofprysstyging in Suid-Afrika, waar diesel met tot 3 Suid-Afrikaanse rand en 15 sent per liter gestyg het. Landboukundige Kobus Laubscher waarsku dat omdat Namibië swaar staatmaak op Suid-Afrikaanse landbou-invoere en…
Vyf mense is dood nadat ʼn Amazon-vragvliegtuig van die aanloopbaan gery en aan die brand geslaan het toe dit op die Miami Internasionale Lughawe probeer land het. Vyf ander is beseer waarvan drie in ʼn bedenklike toestand is. Die Amazon Air-vragvliegtuig is een van meer as 250 vragvliegtuie wat die…
President Cyril Ramaphosa het die 12 polisiebeamptes vereer wat gedurende die afgelope boekjaar in die uitvoering van hul pligte dood is. Hy het tydens die SAPD-herdenking in Pretoria gesê die beamptes moet nie as statistieke onthou word nie, maar as familielede en kollegas. Ramaphosa sê polisieveiligheid is almal se verantwoordelikheid…
Bitcoin verhandel teen ongeveer 81 000 Amerikaanse dollar, wat 'n sterk opwaartse beweging oor die afgelope maand weerspieël. Kenners sê dat dit gedryf word deur institusionele invloei en verskuiwende makro-ekonomiese verwagtinge. Kosmos 94.1 Nuus het met Bitcoin Mining Namibia se hoof Bitcoin-beampte, Nikolai Tjongarero, gepraat wat 'n oorsig gee van…
'n Soektog na vermiste bokke het volgens berigte daartoe gelei dat die polisie 'n geheime dwelmlaboratorium in Klipvoorstad, Noordwes, ontdek het. Die provinsiale polisiekommissaris, Arthur Peter Adams, sê beamptes het toerusting ontdek wat na bewering gebruik word om Cat te vervaardig. Een verdagte, vermoedelik die huurder, is in hegtenis geneem,…
6 Sep 5AM
1 min
920 – 940
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.