Die Verenigde Nasies waarsku Suid-Soedan toon alle tekens dat volskaalse geweld weer binnekort kan uitbreek. Die Hersiene Vredesooreenkoms is in 2018 onderteken, wat die vyf jaar lange burgeroorlog beëindig het. Toenemende skendings van die skietstilstand die afgelope jaar laat die land egter op die punt van hernude konflik. Die VN…
Fiori, die eerste oorlewende olifant kalf in haar trop woestyn-aangepaste olifante sedert 2014, word in Januarie drie. Gebore met die eerste reën van 2022 na jare van droogte, staan sy bekend as die "klein wonderwerk van die Ugabrivier". Kosmos 94.1 Nuus het met John Tabasco van die Brandberg White Lady…
Die Namibiese Akkerbouraad nooi boere uit om aansoek te doen vir die Aartappelwaardeketting-ontwikkelingskema 2025 tot 2030, ’n strategiese inisiatief om plaaslike kommersiële aartappelproduksie ’n hupstoot te gee. Die skema het ten doel om kommersiële aartappelproduksie oor die volgende vyf jaar te stimuleer, en die raad sal bewusmakingsessies hou wat vandag…
Die informele sektor dra 12 persent aan die ekonomie by, meer as mynwese en met amper 60 persent van Namibië se werksmag wat 'n bestaan in die sektor maak, groei kommer oor die gebrek aan beskerming en duidelike beleid vir daardie werkers. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Informele Sektororganisasie, Stefanus…
Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, het bevestig dat sy vertroulike intelligensie ontvang het oor pogings om die Nasionale Vervolgingsgesag te infiltreer. Batohi het voor die parlementêre ad hoc-komitee getuig dat sy die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, en president Cyril Ramaphosa ingelig het nadat sy deur 'n…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê sy is tot nederigheid gestem oor Angola se besluit om 'n herdenkingsmedalje in die ereklas op die 50ste herdenking van die buurland se onafhanklikheid, postuum aan stigterspresident Sam Nujoma toe te ken. Die president het Dinsdag laatmiddag teruggekeer van Angola, waar sy die onafhanklikheidvieringe bygewoon het…
Die afvalbestuurswerkers van die Stad Windhoek sê hul staking is nog nie verby nie, selfs nadat die munisipaliteit hul uurlikse loon van 14 tot 18 Namibiese dollar verhoog het, terugwerkend tot Januarie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het een van die werkers, Frans Paulus, bevestig dat werkers van…
Die afgetrede adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Revo Spies, het onthul dat baie beamptes nooit behoorlik gekeur is nie. Spies het voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig die Parlement se portefeuljekomitee oor Wetstoepassing het in 2020 en 2021 kommer uitgespreek oor ontbrekende misdaadklarings. Hy sê ondanks 'n nasionale forumooreenkoms oor klaring…
Unam berei voor vir die implementering van gratis tersiêre onderwys in 2026. Alhoewel die amptelike raamwerk nog nie gefinaliseer is nie, sê die instelling dat interne gereedheid 'n prioriteit bly. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Unam se woordvoerder, Simon Namesho, wat meer inligting gee.
Die PDM-parlementslid Winnie Moongo het strenger beheer oor taxi-registrasie aangevra te midde van toenemende rooftogte en aanvalle in Namibië wat voertuie met vals of gekloonde nommerplate betrek. Moongo het vanmiddag in die Nasionale Vergadering 'n beroep gedoen op strenger toesig om die onwettige duplisering en verkoop van nommerplate en taxi-identifikasie…
Ons nader vinnig die einde van die jaar, wanneer baie werkers hul jaarlikse verlof neem en ook hul bonusse ontvang. Werknemers is geregtig op ten minste vier weke betaalde vakansieverlof vir elke 12 maande diens, volgens die Arbeidswet. Die betaling van jaarlikse bonusse is ’n algemene praktyk in die meeste…
Die polisie sê die moordverdagte broers Siyabonga en Malusi Nzimande, wat vanoggend uit Eswatini uitgelewer is, hou 'n groot gevaar vir die samelewing in. Woordvoerder Athlenda Mathe sê die polisie het sterk bewyse wat hulle met drie moordsake verbind, insluitend dié op die kletsrymer Kiernan 'AKA' Forbes en Tebello 'Tibz'…
Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê hy hoop op ʼn oortuigende oorwinning teen Zambië omdat hy hul plek op die FIFA-ranglys wil verbeter. Saterdag se internasionale vriendskaplike wedstryd in die Baai is deel van Suid-Afrika se voorbereiding vir die Afrikanasiesbeker wat volgende maand in Marokko begin. Bafana Bafana…
Die dr. Hage Geingob-snelweg, ‘n 21,3 kilometer lange vierbaan-snelweg tussen Windhoek en die Hosea Kutako Internasionale Lughawe-pad, is amptelik geopen. Die projek se derde fase, gebou deur China se Zhong Mei Engineering Group met 'n toelaag van byna 1 miljard Namibiese dollar, merk die laaste stap in 'n program wat…
Die DA vra die Nasionale Vervolgingsgesag om streng op te tree teen ses gewese uitvoerende hoofde van die Passasierspooragentskap wat betrek word by onregmatige kontrakte van 2,8-miljard Suid-Afrikaanse rand wat tussen 2010 en 2019 aangegaan is. Volgens ʼn verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid het hierdie persone kontrakte gesluit sonder om…
Die Verkiesingskommissie het reeds stembriewe vir die komende verkiesings op 26 November begin versprei, en is tans besig met opleiding vir kiesbeamptes oor al die aspekte van stemdag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka.
Die DA sê die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring mag nie groot besteding, inkomste-tekorte en hoër belasting bevat nie. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer môre sy mediumtermynbegroting in die Parlement. Die begrotingsverklaring handel oor die regering se ekonomiese beleidsraamwerk, verskaf bygewerkte ekonomiese vooruitsigte, wysig departementele begrotings en gee goedkeuring vir noodbesteding. Mark…
Die FNB Huisprysindeks het 'n gemiddelde 12-maande groeikoers van 5,9 persent in die derde kwartaal aangeteken, vergeleke met die groeikoerse van 7,7 en 7 persent wat onderskeidelik in die tweede kwartaal van 2025 en derde kwartaal van 2024 gesien is. Die algehele nasionale huisprys staan nou op net meer as…
11 Nov 5AM
1 min
920 – 940
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.