Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het 'n skietstaking met Rusland aangekondig vir Donderdag en Vrydag sodat Moskou sy oorwinning oor Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog kan vier. Dit word jaarliks herdenk met 'n Weermagparade op die Rooi Plein. Oekraïne het Rusland al telkens daarvan beskuldig dat hy vorige tydelike skietstilstande…
Meer is bekend oor 'n Duitsland-geregistreerde Cessna F172 wat op 29 Maart naby Aus in die Karas-streek neergestort het nadat dit in kraglyne vasgevlieg het. Die vlieënier, 'n 61-jarige Duitse burger met meer as 8 000 uur se vliegervaring, het aan ondersoekbeamptes gesê hy onthou baie min. Hy het met…
Die Vryheidsfront Plus sê hy is versigtig optimisties dat landbouminister John Steenhuisen vandag ʼn hofbevel sal nakom en ʼn saamgestelde Artikel 10-plan vir inenting teen bek-en-klouseer sal aankondig. Die minister gaan inligting deel oor die publikasie van die Roetine-inentingskema vir bek-en-klouseer. Wynand Boshoff van die VF Plus sê privaat veeartse…
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die SAKP se besluit om onafhanklik aan die munisipale verkiesing deel te neem, is ʼn verspeelde geleentheid op ʼn tydstip waar die alliansie versterk moet word. Die ANC het lede wat dubbele lidmaatskap het tot Maandag tyd gegee om ʼn geskrewe verklaring in…
Die katalogus vir die opkomende 100-versveiling is tans beskikbaar. Die veiling gaan op 8 Mei plaasvind by Hochveld Agri Pens - die eerste in sy soort vir Namibië, waar net vroulike diere te koop sal wees. Die veiling word deur Martenique Scott en Marco Seefeldt gereël. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die MV Hondius is steeds geanker naby die hawe van Praia, Kaap Verde, terwyl gesondheidsowerhede en die Wêreldgesondheidsorganisasie 'n bevestigde hantavirus-uitbreking bestuur. Tot dusver is daar drie bevestigde sterftes met 'n Britse passasier wat tans in 'n kritieke maar stabiele toestand in 'n intensiewe sorgeenheid in Johannesburg is. Daar is…
Die herrie was oor die naweek los rakende toegang tot Sossusvlei en spesifiek die Dooievlei. Terwyl die lynminister se woordvoerder, Vilho Hangula eers gesê het ‘n kennisgewing dat dit oop is, is verkeerd, is daar later ‘n ommekeer gemaak en toegang tot die Dooievlei is oop vir almal. Eerste minister…
Ons kry koud en dit gaan vir die volgende paar dae voortgaan met ‘n rits koue stelsels wat oor die land in beweeg en teen môreoggend, kan Windhoek ryp verwag. Weerkenner George van der Merwe.
Die vakbondfederasie Cosatu sê meer moet gedoen word om werkers en die ekonomie teen skerp brandstofprysstygings te beskerm. Die federasie waarsku hierdie maand se verhogings van petrol, paraffien, gas, en diesel sal ernstige druk op huishoudings en pendelaars plaas. Hoewel hy die regering se tydelike brandstofheffingverligting verwelkom, voer Cosatu aan…
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres doen ‘n beroep op die heropening van die Straat van Hormuz. Nie net olie nie, maar ook noodsaaklike materiaal vir die gesondheidsektor, landbou en meer, beweeg deur die straat wat gesluit is sedert Amerika Iran aangeval het te midde van onderhandelings.
Die regering wend hom tot die privaatsektor om te help om 'n massiewe befondsingsgaping van 515 miljard dollar vir projekte onder Nasionale Ontwikkelingsplan 6 te oorbrug. Met vanjaar se ontwikkelingsbegroting wat op onder 7 miljard dollar staan, ver minder as die meer as 100 miljard dollar wat jaarliks oor die…
President Cyril Ramaphosa vra beter dienslewering en ʼn verskuiwing in munisipale bestuur. Hy het gister deelgeneem aan die ANC se nasionale werkskomitee se besoek aan die Nelson Mandela-streek in die Oos-Kaap. Die besoek is deel van ʼn landwye program om vordering met dienslewering in metropolitaanse munisipaliteite te monitor. Ramaphosa sê…
Namibiërs wag in spanning vir die brandstofprys aankondiging deur die lynministerie. In Suid-Afrika is die styging meer as 3 Suid-Afrikaanse rand per liter petrol en meer as 6 rand per liter diesel. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus mede-stigter, Romé Mostert gepraat wat sê Namibiërs kan 'n volle verhoging vandeesmaand…
Die Verenigde Nasies het by monde van sy sekretaris-generaal vir Humanitêre Sake en die Koördinering van Noodleniging, Tom Fletcher, gewaarsku oor die normalisering van geweldstaal, veral tydens konflik. Dit kom na president Donald Trump Iran weer gewaarsku het dat hy die land van die aardbol sal afvee.
Die Wet op Geestesgesondheid van 1973 is naby aan herroeping, aangesien die 2025-wetsontwerp met drie wysigings van die komiteestadium na die Speaker van die Nasionale Vergadering gevorder het. Die wetsontwerp bevorder pasiëntwaardigheid, verbied gedwonge sterilisasie, versterk gemeenskapsorg en brei die magte van fasiliteitaanwysing uit. Die adjunkvoorsitter van die huiskomitee, Paula…
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente is onder administrasie geplaas na ernstige bestuurs-, finansiële en operasionele uitdagings binne die instelling. Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het in 'n media-inligtingsessie die aanstelling van Hlengani Mathebula van die Tshwane Universiteit van Tegnologie as administrateur aangekondig om die bestuur…
President Donald Trump het gewaarsku dat Iranse magte “van die aardbol afgevee” sal word indien hulle Amerikaanse skepe teiken. Dit volg nadat Amerika sewe Iranse snelbote in die Straat van Hormuz getref het terwyl die leër gestrande skepe uit die Golf begelei. Iran se leër waarsku hy sal op enige…
Ná owerhede die naweek die Hyphen Energy-fasiliteit in Lüderitz besoek het, het die regering opnuut sy ondersteuning aan dié groenwaterstofprojek bevestig. Landbouminister Inge Zaamwani is van mening dat die ontwikkeling baie vir boere in omliggende areas kan beteken.
Nog koue is op die horison en die Namibiese weerkantoor voorspel steeds reën. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Albertina Anderson van die weerkantoor gepraat. Sy vertel van die gebiede wat reën kan verwag en sê dat almal maar lekker warm moet aantrek.
5 May 1AM
1 min
940 – 960
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.