Jean-Louis gesels met Silas Timoteus, Namibiese sokkerjoernalis, ontleder en stigter van Footy Namibia, een van die land se voorste sokkermediaplatforms. Hulle bespreek die Sokkerwêreldbeker, die gunstelinge om die toernooi te wen, die grootste praatpunte en wat ondersteuners kan verwag. Met Silas se insiggewende ontleding en uitgebreide kennis van die spel…
Juanita du Plessis gesels met Jean-Louis Knouwds oor haar splinternuwe album, Hierdie Oomblik, wat nou op alle digitale platforms beskikbaar is. Sy deel die inspirasie en stories agter die liedjies, vertel meer oor haar nuwe fokuslied, "Bly In Jou Baan", en gee luisteraars 'n voorsmakie van wat hulle in die…
Jean-Louis Knouwds gesels met Estie Schreiber oor die belangrike verband tussen emosionele en fisiese gesondheid. Emosionele stres en druk is vandag een van die grootste redes waarom mense mediese hulp soek. Maar hoe kan die natuur jou help om beter daarmee saam te leef? Ontdek hoe die Irma's Rescue Reeks…
Jean-Louis Knouwds gesels met Russell, 'n ervare sokkerman wie se reis van Suid-Londen se akademiesokker tot die Namibiese voetbalgemeenskap strek. Met jare se ervaring as speler, afrigter en toegewyde ondersteuner van Engelse sokker deel hy sy insigte oor die Sokkerwêreldbeker, die ontwikkeling van spelers en die spel se invloed op…
Vandag gesels Elmero Strauss met Michelle Loubser, 'n dramaklub-onderwyseres wat jongmense inspireer om hul talente te ontdek, selfvertroue te bou en hul kreatiwiteit te ontwikkel. Hulle praat oor haar passie vir die kunste, die verskil wat drama in jongmense se lewens maak, en hoe elkeen van ons spore in ander…
JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Jean-Louis Knouwds gesels met Junior Ananias Gebhardt, voormalige onderkaptein van die Brave Warriors en oud-verdediger van Baroka FC, oor die Sokkerwêreldbeker.
Jean-Louis gesels met Jackie Gertze, hoof van die Women's Desk by die Namibia Football Association en 'n baanbreker vir vrouesokker in Namibië, oor die Sokkerwêreldbeker. As voormalige nasionale speler deel sy haar insigte oor die toernooi, die ontwikkeling van die sport en die groei van vrouesokker.
Jean-Louis gesels met die talentvolle Petronel Baard oor FNB Windhoek Woordfees se produksie "Vrou, Vrouer, Vrouste", wat hierdie naweek op die verhoog is. Hulle gesels oor die inspirasie agter die produksie, wat gehore kan verwag en waarom dit 'n vertoning is wat jy nie wil misloop nie. Luister ook hoe…
In hierdie episode gesels Jean-Louis met Isack Hamata oor die Sokkerwêreldbeker en die groter wêreld van sokker. Isack is ’n Namibiese sokkeradministrateur en sportontleder met ’n sterk agtergrond as voormalige sportjoernalis. Hy is bekend vir sy diep kennis van die spel en deel insiggewende ontleding oor internasionale sokker, asook sy…
In hierdie episode gesels Jean-Louis met Jacques du Toit, ’n Namibiese sosiale sokkerspeler wat vir Alte Herren van DTS (Deutsche Turn- und Sportverein) in Windhoek speel. Jacques deel sy liefde vir sokker, sy unieke reis in die sport nadat hy eers op 27 begin speel het, en sy perspektief op…
Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Yanna se gunsteling produk, Molkosan. Dis ’n besondere mylpaal, want Molkosan vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar. Maar wat is die storie agter hierdie eeu-oue produk, en wat sê die wetenskap vandag daaroor? Vir meer inligting, besoek www.avogel.co.za Of stuur ’n e-pos na…
Elmero Strauss gesels met 'n kreatiewe entrepreneur oor fotografie, digitale inhoud en die kuns van visuele storievertelling. In hierdie gesprek verken hulle die waarde van kreatiwiteit, die passie wat mense dryf om hul talente uit te leef, en hoe betekenisvolle werk 'n blywende impak kan hê.
Jean-Louis gesels met Ricardo Mannetti, voormalige Brave Warriors-afrigter en een van Namibië se mees gerespekteerde sokkerfigure, oor die Sokkerwêreldbeker. Hulle bespreek die grootste oomblikke van die toernooi, die spanne en spelers wat uitstaan, asook die impak van die Wêreldbeker op die ontwikkeling van sokker wêreldwyd. Mannetti deel sy kundige insigte…
In hierdie episode van die Sokker Wêreldbeker-potgooi gesels Jean-Louis met Micky Kaapama, Namibiese sportkommentator, uitsaaier en sokkerontleder, oor van die grootste gesprekspunte van die toernooi tot dusver.
JP & Ruda gesels met Johan Zaayman, afrigter van die Namibiese O/20-rugbyspan. Hulle bespreek die span se voorbereidings-toer, die uitdagings wat voorlê en wat 2026 vir die jong spelers kan inhou.
Jean-Louis gesels met Christopher Freygang, ’n speler wat Namibië op nasionale jeugvlak verteenwoordig het. Met ’n sterk fokus op fiksheid en prestasie bring hy ’n waardevolle insig in die fisiese en taktiese eise van moderne sokker.
Jean-Louis gesels met Garren Smith oor die Sokkerwêreldbeker en alles wat die wêreld se grootste sokkertoernooi so besonders maak. Hulle bespreek die spanne, verwagtinge, hoogtepunte en die opwinding wat die toernooi regoor die wêreld skep.
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor prostaatgesondheid tydens Juniemaand. Hulle bespreek waarom dit belangrik is om oor die prostaat te praat, watter tekens mans tussen die ouderdomme van 50 en 80 kan ervaar, en hoe vroeë optrede 'n verskil kan maak. Die gesprek fokus ook op A. Vogel Prostasan-kapsules, wat…
Elmero Strauss gesels met Magnolia Lawrence, ’n bemarkingsbestuurder, kreatiewe direkteur en kommunikasiestrateeg. Van kreatiewe idees tot die bou van sterk handelsmerke, deel Magnolia haar inspirerende reis van visie, deursettingsvermoë en voortdurende groei.
16 Jun 8AM
6 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.