Cape Pulpit 729AM Get up & Go Breakfast - Family Prayer - Rudi Nagel

Get up & Go Breakfast - Family Prayer - Rudi Nagel

Rudi is 'n man wat daarvan hou om dit wat hy uit die Woord en uit die lewe leer, met ons te deel. Rudi doen dit elke Dinsdag oggend met 'n nuwe tema wat ons gebedslewe sal versterk.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
172 Episodes
1 – 20

Rudi Nagel - Apiesdoring Applous

My goeie skoolvriend se jong jare was dikwels vol aapstreke. Ek en hy woon 'n Jeugkongres in Washington DC by. Sedertdien vervang onbaatsugtigheid my vriend se onnutsigheid. Kom staan onder die Apiesdoring om te hoor…
21 Nov 9 min

Rudi Nagel - Kiaat Katalis

"A Tree is a seed that took a stand!" My beginjare met die Here, was loop, val, opstaan en dan maar weer omval. 'n Katalis het my gehelp om te staan en te groei. Hierdie katalis is eenvoudiger , tog ingrypender as verwag... Ek deel so graag hierdie saad met…
14 Nov 9 min

Rudi Nagel - Terwyl Geen meisie wil vertoef, wil elke Mango Groove.

Ek en my skool maats is enkel lopend, mango's is asemrowend en Mango groove is ooglopend. Tussen al hierdie Lopende sake, Staan baie verhoudings in ons lewens en in ons land stil. Hou op om te probeer beïndruk en beheer en begin eerder saam geniet, saam move en groove.
7 Nov 10 min

Rudi Nagel - Pere of Gewere, voel ek dan Vere?

Terwyl ek en my spierwit skoolmaats onder 'n peerboom gestaan en praat het oor meisies en dinge, was my bruin en swart tydgenote dikwels aan gewere en gevare op hul skoolterrein blootgestel…
31 Oct 10 min

Rudi Nagel - Om te Stamboom

Om te Stamboom 'n Groot deel van wie ek is, het te make met my herkoms en ook met my voorouers. Ek leer egter nog daagliks dat ek meer is as net 'n afstammeling. Ek is ook ingeënt…
24 Oct 10 min

Rudi Nagel - Mnr Besembos Bekker

Met 'n besem in die hand en 'n vraag in die hart, stel ek Mnr Bekker bekend. Gaan my besembos se jaarringe so lank sigbaar bly soos hierdie besondere man s'n?
10 Oct 16 min

Rudi Nagel - Agter die Kap van die Byl kom

Na heelwat 'stomp' gesprekke, wil ek skerper word. Bosbouers en houtkappers besoek Psalm-Saam 'n paar mylpale. Dan die moeilikste vraag: hoekom doen ek die dinge wat ek doen?
3 Oct 16 min

Rudi Nagel - Afgestompte Akasia

Ek en jy stap Psalm-Saam tot by 'n Afgestomte Akasia. Nadat ek 'n paar herinneringe deel, vra ek myself af: "Is Vader se onbeskryflike glorie vervelig?'' Sommige dinge kan my woorde net nie bykom nie... Kom bedink die vraag saam met my.
19 Sep 15 min

Rudi Nagel - Anti- Meranti

Meranti is gawe hout. ''Aunties'' is gawe Tantes. As ek ''anti" iets is, is ek daarteen. Daar is nog 'n ander, belangrike manier om "anti" te verstaan.
29 Aug 15 min

Rudi Nagel - Mahonie Polonie

Mahonie (Mahogany) is duursaam. Polonie is alledaags. As die lewe jou stamp, is dit wat uitkom duursaam of is dit nietig?
22 Aug 15 min

Rudi Nagel - Gestuite Stompe

Wat as dit nie net 'n klein , ligte stampie is wat jy kry nie? Na Wie gaan ek as ek 'n vernietigende stamp beleef?
15 Aug 12 min

Rudi Nagel - Gestampte Stompe

As 'n motor 'n stamp kry, is daar 'n paneelklopper om dit reg te maak . Wat kom uit jou binneste te voorskyn, as die lewe jou 'n stamp gee?
8 Aug 15 min

Rudi Nagel - Makadamia Mike

Rudi se ontmoeting met Mike, 'n Malawise Makadamia boer, laat hom wonder. Verkies hy 'n afgerammelde wegneemete of 'n gebalanseerde feesmaal?
1 Aug 14 min

Rudi Nagel - Stompe en Stampe

Ons trek weg in Psalm 68, en maak 'n vinnige draai in 1968. Dan gaan sit ons op 'n Boomstomp om te dink. O, die sekerheid wat verwondering kan bring!
25 Jul 13 min

Rudi Nagel - Inni Bos

Bosvelde-en Bos-feeste. Kaggelhout en kaggel-goud. Jy is meer werd as goud, daarom dat jy gesuiwer word!
18 Jul 13 min
1 – 20