100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1300 – 1320

Moordbeskuldigde LUR se afdanking verwelkom

Mandla Msibi doen vandag verder aansoek om borgtog. Hy word aangekla van twee moorde en poging tot moord. Hy is sedert Maandag in aanhouding. Msibi is gisteraand as LUR vir landbou afgedank deur die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane. Sy het verduidelik dat daar nie voorheen teen hom opgetree is nie, ondanks…
13 Oct 2021 6AM 1 min

Premier dank moordbeskuldigde LUR af

Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het die LUR vir landbou, landelike ontwikkeling, grond- en omgewingsake, Mandla Msibi (45), gisteraand uit haar kabinet afgedank. Msibi word aangekla van moord en poging tot moord. Hy is reeds sedert Maandag in polisie-aanhouding. Sy borgaansoek gaan vandag in die Nelspruit-landdroshof voort.
13 Oct 2021 4AM 1 min

Mpumalanga teiken 83-persent slaagsyfer

Mpumalanga se onderwysdepartement mik vir ‘n slaagsyfer van 83-persent in vanjaar se matriek eindeksamen. LUR Bonakele Majuba het vanoggend die provinsie se gereedheid vir die eksamens bespreek. ‘n Totaal van 69-duisend-260 graad 12 leerlinge sal oor twee weke in Mpumalanga met hul eindeksamen begin. Majuba sê al die kandidate sal…
12 Oct 2021 6AM 1 min

DA eis dat moordbeskuldigde LUR afgedank word

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen op die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, om op te tree teen LUR vir landbou, Mandla Msibi. Hy het gister in die hof verskyn op klagte van moord en poging tot moord na drie mense in Augustus in Nelspruit geskiet is. Hy doen vandag…
12 Oct 2021 5AM 1 min

Duisende tonne suiker brand weer

Die brand wat verlede week by die Komati Suikermeule ontstaan het, het die naweek weer opgevlam. André Scheepers van Lefpa wat help om dit te bestry, sê die brand in die suikerstoor wat verlede week onder beheer gebring is, het Sondagaand weens warm en winderige toestande weer opgevlam. Meer as…
12 Oct 2021 4AM 1 min

Mpumalanga premier reageer op LUR se arrestasie vir dubbele moord

Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê sy sal “gepaste aksie” neem teen die LUR wat vanoggend vir ‘n dubbele moord gearresteer is. Die 45-jarige LUR, wat na verwagting vanmiddag in die Nelspruit-hof sal verskyn, het homself aan die polisie oorhandig in verband met ‘n skietery op 22 Augustus waarin twee mense…
11 Oct 2021 8AM 1 min

Poskantoor beoog om geslote Laeveldse kantore te heropen

Die Poskantoor sê hulle is steeds in onderhandelinge om die vier poskantore in die Laeveld wat toe is, te heropen. Komatipoort, Sonpark, Steiltes en West Acres is gesluit weens dispute met die gebou-eienaars oor agterstallige huurgeld. Johan Kruger verduidelik dat die vier maande van die grendeltydperk wat hulle basies geen…
11 Oct 2021 8AM 1 min

Mpumalanga LUR gearresteer vir moord en poging tot moord

‘n LUR in die Mpumalanga-regering is vanoggend gearresteer vir moord en poging tot moord. Volgens die polisie se brigadier Vishnu Naidoo het die 45-jarige man homself aan die Nelspruit-polisie oorhandig. Hy was glo betrokke by ‘n skietery in Nelspruit op 22 Augustus waar twee mense doodgeskiet is, en een gewond…
11 Oct 2021 6AM 1 min

Doekinsameling geloods vir kinders met gestremdhede

Die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdhede het 'n doekinsameling begin vir kinders met gestremdhede. Therina Wentzel sê kinders met gestremdheid sukkel met die groot uitgawe van doeke, wat hulle dikwels langer gebruik as babas en wat duurder word soos hulle groter word. As deel van die "Durf en deernis"…
8 Oct 2021 7AM 1 min

Goudpan-kampioenskappe skop af in Pelgrimsrus

Die nasionale Goudpan-kampioenskappe skop vandag in Pelrgrimsrus af. Sanjay Singh van die departement kultuur, sport en ontspanning sê hoewel 2-duisend mense buitemuurs mag byeenkom, word toeskouers ongelukkig steeds nie toegelaat nie. Dit is egter vir hulle belangrik om die erfenis-aktiwiteit voort te sit. Die dorp sal in 2023 ook die…
7 Oct 2021 7AM 1 min

Help om te stem vir die Champions-span

Die publiek is genooi om te stem vir hul gunsteling rugbyspelers om ingesluit te word in die saamgestelde span vir die Champions-wedstryd. Die span vir die wedstryd teen Kenia op 6 November sal heeltemal deur die publiek se stemme gekies word. Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, het 'n beroep op Laevelders gedoen…
7 Oct 2021 7AM 1 min

Witrivier-verteenwoordigers ontstoke na begrotings-vergadering

Die Witrivier-belastingbetalersvereniging is ontstoke dat 'n beplande geïntegreerde ontwikkelingsplan-vergadering gister sonder hul medewete geskuif is. Pierre du Preez sê hulle is genooi vir die vergadering by Mbombela-stadion, maar dit is na die burgesentrum geskuif sonder dat hulle, en ander rolspelers, in kennis gestel is. Hulle het geweier om die vergadering…
7 Oct 2021 7AM 1 min

Datums bepaal vir Sabie Experience

Die jaarlikse Sabie Experience vind vanjaar weer later as gewoonlik, in November, plaas. Dié drie-dag-lange bergfiets-wedren is van die vierde tot die sesde van volgende maand in en om Sabie. Organiseerder, Denzil Lawrie, sê vanjaar word inskrywings tot 300 fietsryers beperk.
6 Oct 2021 7AM 1 min

Menseregtekommissie ondersoek tekort aan medisyne

Die Menseregtekommissie het hul ondersoek na tekorte aan medikasie by klinieke en hospitale in Mpumalanga begin. Volgens die DA se Jane Sithole, wat die MRK in dié verband genader het, word kan pasiënte soms nie eens anti-biotika of Panadaos by Kanyamazane-kliniek en Themba-hospitaal kry nie. Sy sê verder die Openbare…
6 Oct 2021 7AM 1 min

ATKV-kuieraand maak terugkeer na grendeltydperk

Die plaaslike ATKV se gereelde kuieraande maak aan die einde van Oktober 'n terugkeer na die grendeltydperk. Die organisasie bevorder die taal en sal op 30 Oktober saamkuier by Mbombela-stadion. Ondervoorsitter, Anita Hitge, verduidelik dat hulle nou eers die datum kon vasstel, weens die onsekerheid wat geheers het oor die…
5 Oct 2021 9AM 1 min

Bloedbank vra dat mense gaan skenk

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ‘n beroep gedoen op die publiek om bloed te skenk. Hulle beleef tans groot tekorte, wat toegeskryf word aan ‘n groter vraag na bloed. Die tekort is landwyd en sluit heel bloed maar ook plasma in. Ronald Marsh van die plaaslike tak sê dit kan…
30 Sep 2021 8AM 1 min

VF Plus sê sakelui ly onder onwettige munisipale staking

Die VF Plus eis dat dissiplinêre stappe geneem word teen werkers van Steve Tshwete- munisipaliteit wat sedert 20 September onwettig staak. Dit is glo weens ontevredenheid oor die uitkontraktering van onder meer vullisverwydering. Alle dienste by die Middelburg-burgersentrum is opgeskort tot 1 Oktober. Die party se Werner Weber sê inwoners…
29 Sep 2021 10AM 1 min

Mediclinic Nelspruit ondersteun nasionale vooma-inentings inisiatief hierdie naweek

Mediclinic Nelspruit het almal ouer as 18 jaar genooi om die komende naweek by hul dagkliniek hul inenting teen Covid te ontvang. Die regering hou die naweek landwyd ‘n “Vooma”-inentingsnaweek om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang. Honderde private inentingstasies sal daarom ook Saterdag…
29 Sep 2021 8AM 1 min

Elandsvallei-konstruksie op N4 skop af

TRAC het vandag begin om ‘n nuwe stormwater afvoer-stelsel op die N4 by Elandshoek te bou. Dit is vroeër die jaar tydens tropiese strom Eloise beskadig en tydelik herstel. ‘n Verbeterde stormwater afvoer-stelsel word nou onder die pad gebou. Die Elandsvallei-deel sal van vandag af vir twee maande gesluit wees…
29 Sep 2021 7AM 1 min

LUR bekommerd oor toename in boeliegedrag by skole

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê hy is bekommerd oor die ooglopende toename in boelie-gedrag onder kinders in skole. Hy was vandag op besoek aan Alfred Matshine Sekondêr in Bosbokrand. 'n Groep leerlinge het verlede week glo 'n seun aangerand en met vla en eiers gegooi omdat…
28 Sep 2021 7AM 1 min
1300 – 1320