100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1320 – 1340

Wêreld-hondsdolheiddag: Mense aangemoedig om diere in te ent

Vandag is wêreld-hondsdolheid-bewusmakingsdag en 'n plaaslike veearts sê voorkoming van die siekte is die beste verweer. Dr. Christo Nortje van Van Wijkstraat-dierehospitaal in Mbombela sê dit is baie algemeen én noodlottig vir mense en diere.
28 Sep 2021 7AM 1 min

Private grondeienaars sê hulle oorweeg hul opsies oor Makhonjwa-besluit

Private grondeienaars wat ontevrede is dat die MTPA aangewys is om die Unesco Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied te bestuur, sê hulle hoop steeds dat die gebied gered kan word. Nico Oosthuizen sê hulle oorweeg hul opsies en probeer steeds die LUR oortuig om die ooreenkoms te eerbiedig. Daarvolgens moet hierdie uiters waardevolle gebied…
22 Sep 2021 9AM 1 min

AfriForum en WeCare 4 Nelspruit tekkel saam verskeie projekte

AfriForum se Nelspruit-tak en WeCare 4 Nelspruit het hande gevat om die omgewing vir die dorp se inwoners beter te maak. Die twee organisasies gaan verskeie projekte aanpak wat insluit die herstel van slaggate, die skoonmaak van parke en stormwaterslote en ontbossings om areas te beveilig. Hul eerste projek was…
21 Sep 2021 8AM 1 min

Twee polisielede gewond in skietaanvalle

‘n 37-jarige polisiesersant is Maandag in Masoyi naby Witrivier geskiet toe hy saam met ‘n kollega ‘n klagte van roof ondersoek het. Volgens die polisie is daar op hulle gevuur toe hulle by die verdagte se wegkruipplek aankom. Die sersant is gewond en hospitaal toe geneem. ‘n 56-jarige polisiekaptein is…
21 Sep 2021 7AM 1 min

Ses mans handig hulself oor na noodlottige aanranding

Ses moordverdagtes wat hulself gisteroggend aan die polisie in Schoemansdal oorhandig het, bly in aanhouding tot volgende maand. Volgens die polisie was hulle betrokke by ‘n voorval waarin die 37-jarige Sibusiso Shongwe doodlottig aangerand is op 13 September in Jeppe’s Reef. Hulle het gister in die Nkomazi-landdroshof verskyn op klagte…
21 Sep 2021 6AM 1 min

Virale boelie-voorval sterk veroordeel

Die Mpumalanga onderwysdepartement het berading aangebied vir leerlinge wat geraak is deur ‘n onlangse boelie-voorval in Casteel. ‘n Video wat soos ‘n veldbrand versprei het op sosiale media wys hoe ‘n leerling van Alfred Matshine Sekondêr Donderdag aangerand word deur ‘n groep seuns. Hulle skink ook iets wat lyk soos…
20 Sep 2021 9AM 1 min

Advieskomitee beplan vir Makhonjwa se bestuur

Die Unesco Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied sal deur ‘n advieskomitee bestuur word, sê die uitvoerende hoof van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap, Johannes Nobunga. Die MTPA is die bestuursgesag oor die gebied. Hulle sal voor die einge Oktober nominasies vir die komitee open om teen einde November op dreef te wees. Nobunga sê…
20 Sep 2021 9AM 1 min

MTPA breek grond vir Blyderivier Skywalk

Die konstruksie van die God’s Window Skywalk is vanoggend amptelik geopen. Bouwerk aan die toerisme-aantreklikheid op die Panorama-roete sal na verwagting in 2023 klaar wees. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het die geleentheid bygewoon. Sy sê daar word gehoop dat die 900-meter hoë aantreklikheid meer besoekers na die area sal lok…
17 Sep 2021 7AM 1 min

Barberton vra vir dringende optrede oor brandbestryding

Inwoners van Barberton het ‘n dringende beroep gedoen op Mbombela-munisipaliteit om die dorp se brandweerdiens te herstel. DA-raadslid Philip Minnaar sê die jongste voorval gister, waarin ‘n huis op Brommers-plaas afgebrand het weens ‘n veldbrand, wys dat hulle nie meer so kan aangaan nie. Gelukkig kon die gemeenskap self die…
16 Sep 2021 7AM 1 min

Sanitêre doekie-produksiefasiliteit by Mataffin

Blossom Care Solutions het vandag ‘n sanitêre doekie-produksiefasiliteit by HL Hall & Sons in Mataffin geopen. Dit skep nie net volhoubare werksgeleenthede nie, maar verskaf sanitêre produkte waartoe sowat 30 persent van Suid-Afrikaanse meisies nie toegang het nie. Dit is veral weens finansies en word vererger deur stigma. Ahmed Motara…
15 Sep 2021 7AM 1 min

DA bedank Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder se uittredende hoof vir sy diens

Die DA in Mpumalanga sê hulle hoop die nuwe uitvoerende hoof van die Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder sal in Bheki Mlambo se voetspore volg. Die departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het aangekondig dat Mlambo aan die einde van Oktober, na 14 jaar, die tuig sal neerlê. Die DA se leier…
15 Sep 2021 6AM 1 min

Mpumalanga-man wat vrou verkrag en vermoor, kry twee keer lewenslank

‘n Man wat ‘n vrou verkrag en vermoor het toe hy haar ‘n saamrygeleentheid gegee het, is twee lewenslange vonnisse opgelê. Sbusiso Nkosi is Maandag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Breyten gevonnis nadat hy skuldig gepleit het. Hy het die 23-jarige Nomcebo Simelane op 5 September verlede jaar in sy…
15 Sep 2021 5AM 1 min

Vermeende dwelmhandelaar naby Barberton aangekeer

'n 27-jarige verdagte sal vandag in die hof verskyn op klagte van dwelmhandel. Hy is gister deur die Valke gearresteer op die pad tussen Badplaas en Barberton. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi het hulle inligting ontvang van 'n voertuig wat dwelms van Eswatini na Suid-Afrika vervoer het. Nege sakke dagga met…
14 Sep 2021 5AM 1 min

Nelspruit GPF bedank rolspelers wat saamwerk om onluste te voorkom

Die Nelspruit-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die verskillende rolspelers in die Laeveld bedank vir die rol wat hulle gespeel het om tydens die onluste in Julie te verhoed dat dit ook hier posgevat het. Bianca Wheeler, die sekretaresse van die Nelspruit GPF, sê almal het saamgewerk en uiteindelik meer soliede verhoudinge met…
9 Sep 2021 7AM 1 min

Wetgewer stem in om Barberton-rioolkrisis te ondersoek

‘n Mosie waarin die VF Plus die Mpumalanga-wetgewer vra om die skokkende toestand van Barberton se rioolsuiweringsaanleg te ondersoek, is tydens 'n sitting sonder teenkanting aanvaar. Die party het na klagtes van boere wat aangrensend aan die rioolsuiweringsaanleg boer, gevind dat riool vanuit die rioolsuiweringaanleg in ʼn sytak van die…
8 Sep 2021 10AM 1 min

EFF se provinsiale organiseerder sluit by DA aan

Cyril Chuene, die EFF in Mpumalanga se voormalige verkiesings koördineerder en hoofsweep in Ehlanzeni-distriks-munisipaliteit, het vandag aangekondig dat hy by die DA aangesluit het. Hy is saam met verskeie ander EFF-lede by ‘n perskonferensie verwelkom. Die DA se Jane Sithole sê Chuene het verlede jaar begin om deur die DA…
6 Sep 2021 7AM 1 min

Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2021 aangewys

Hoërskool Nelspruit se ontvangsdame, Theresa de Wet, is as Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2021 aangewys. Die Gilde vir Kantoorpraktisyns se gala-aand is verlede week deur die top 25 kandidate in die land bygewoon. Marisa Engelbrecht, Solidariteit se sektorhoof van die beroepsgilde, sê dit het ten doel om erkenning aan adminstrasiepersoneel…
6 Sep 2021 4AM 1 min

Elvis Blue hou vanaand in jou huis konsert

Elvis Blue gaan die Laeveld vanaand vermaak tydens die sesde en laaste aflewering van die In Jou Huis-konsertreeks. Dit word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Bywoning na die optrede is slegs op uitnodiging, maar almal kan die vertoning regstreeks op hul radio luister. Elvis sê hy…
4 Sep 2021 5AM 1 min

LUR besoek Hoërskool Sybrand Van Niekerk na beweerde boelie-voorval

LUR vir onderwys in Mpumalanga het gister Hoërskool Sybrand Van Niekerk in Sabie besoek na ‘n beweerde boelie-voorval vroeër die week. Bonakele Majuba het alle vorme van geweld en boeliegedrag veroordeel. Hy het leerlinge en ouers aangemoedig om sulke voorvalle aan te meld sodat dit aangespreek kan word. ‘n Bestuursplan…
4 Sep 2021 4AM 1 min

Munisipale werknemer gevonnis vir bedrog en korrupsie

‘n Munisipale werknemer van Bosbokrand is ‘n opgeskorte vonnis en ‘n jaar se huisarres opgelê vir bedrog en korrupsie. Khensani Antoinette Mashaba is skuldig bevind in die Mhala-hof. Sy het in 2012, terwyl sy by Bosbokrand-munisipaliteit gewerk het, twee familielede oorreed om ‘n maatskappy te stig vir die vervoer van…
3 Sep 2021 4AM 1 min
1320 – 1340