Die AfriForum-tak in Nelspruit het saam met We Care 4 Nelspruit 18 nuwe asblikke opgerig in areas waar rommel baie gestrooi word. Sestien asblikke is langs die R40 vanaf Ou Pretoria-weg tot by die West End-winkelsentrum opgerig, en twee is in Ferreirastraat. AfriForum Nelspruit het ook die operasionele kostes gedek…
Baba Ayden van Niekerk is uiteindelik terug by die huis in Lydenburg. Ayden het in Mei skielik ophou asemhaal en word sedertien in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg behandel. Sy ma, Estelle, sê hulle is baie dankbaar om hom terug te hê. Daar lê wel nog 'n lang pad…
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hulle verwag ‘n buitengewone goeie reënseisoen in die Laeveld tot ten minste Desember. Volgens weervoorspeller Kholofelo Mahlangu sal dit die res van week meestal warm wees, maar reën kan Vrydagmiddag en Saterdag verwag word. Teen Dinsdag behoort dit op te klaar. Saam met die bogemiddelde reën…
Die matriekeindeksamen het vanoggend afgeskop. LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het dit by Skhila Sekondêr in Mashishing bygewoon. Die 69 260 voltydse leerlinge wat vanjaar die eksamen in die provinsie skryf is die hoogste ooit. Majuba sê sy is vol vertroue dat beurtkrag nie met die eksamen in…
Care for Wild se Oz, 'n sesjarige renosterwesie, was verlede week die proefkonyn waarop die eerste CT-skandering op 'n lewendige, volwasse renoster uitgevoer is, in die land. Petronel Nieuwoudt verduidelik wat dit so belangrik maak.
Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Kaartjieverkope open Woensdag. Ongelukkig moet bywoningsgetalle op die feesterrein tans beperk word tot 2 000 mense. Om voorsiening te maak vir die kunstenaars en mense wat op die terrein werk, kan slegs 1…
Die polisie soek na 'n groep verdagtes wat vanoggend om ongeveer 02:00 Acornhoek Mall beroof het. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê sowat 15 winkels is besteel en verskeie kitsbanke en kontantkluise is met plofstof opgeblaas. Die polisie is deur sekuriteitsbeamptes in kennis gestel van ‘n inbraak by die winkelsentrum. Onderweg…
Kenners in die veld sien toenemend dat jonger kinders tussen nege en 13 jaar oud sielkundige hulp benodig vir angs. Jozelle Grobbelaar, adjunkhoof van leerdersake by Penryn College, sê die fokus was histories op ouer kinders wat die einde van hul skoolloopbane bereik. Sy sê dit is egter op alle…
Die Dullstroom-epilepsiesentrum sal vanjaar weer die hoof begunstigde wees wanneer die Trac N4-tydren volgende maand in Dullstroom plaasvind. Vanjaar is die tweede keer dat Trac hierdie been van die Suid-Afrikaanse Tydren-kampioenskap in eMakhazeni aanbied. Dit vind op 26 en 27 November plaas. Trac sê hulle het eMakhazeni gekies om die…
‘n Moordenaar is Dinsdag in die Mhala-hof 15 jaar gevangenisstraf opgelê. Die 33-jarige Tumelo Proley Theko het in Maart 2019 die 28-jarige Xolile Jele noodlottig geskiet tydens ‘n argument by ‘n drinkplek in Shatale naby Bosbokrand. Theko het eers gevlug maar is in August 2019 in Carolina aangekeer en is…
Die gemeenskap van Barberton is geskok na die moord eergister op een van hul bekendste inwoners, Ned Sturgeon. Hy gisteroggend dood in sy huis aangetref. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê die 86-jarige het oop wonde aan sy bolyf gehad. Die DA se raadslid, Philip Minnaar, sê Sturgeon het oor dekades…
'n Bejaarde egpaar van Frankryk is Maandag in Graskop gekaap deur drie mans wat na bewering polisie uniforms gedra het. Een vrou se vinger is beseer toe sy uit die voertuig forseer is. Die aanvallers het gevlug met die paartjie se gehuurde Suzuki Swift. Oupa Pilane van Kruger Laeveld Toerisme…
Die Universiteit van Mpumalanga sal vanaf volgende jaar vir die eerste keer doktorsgrade aanbied. Kommunikasiehoof, Tlangelani Ubisi, sê hulle sal in totaal 44 kwalifikasies bied – op van die drie waarmee die universiteit in 2014 begin het. Die doktorsgrade sal in landbou sowel as ontwikkelingstudies wees. Ubisi sê die Universiteit…
President Cyril Ramaphosa en die Mosambiekse president, Filipe Nyusi, het vandag tydens 'n kransleggingseremonie by Mbuzini die dood van Samora Machel herdenk. Dié voormalige president van Mosambiek is 35 jaar gelede dood. Sy vliegtuig het op Suid-Afrikaanse grondgebied in die Lebombo-berge naby die sameloop van die grens tussen Suid-Afrika, eSwatini…
'n Mannejag is geloods na verdagtes wat Saterdagaand twee mense in Barberton doodgeskiet het. Volgens die polisie was die een slagoffer 'n polisiebeampte wat ten tyde van die voorval van diens af was. Speurder konst. Nkosinathi Lucky Ngwenya en Jaftha Mnisi is met verskeie skeitwonde dood langs 'n drankwinkel gevind.
Die Care Buddies bestaan al 19 jaar om na bejaarde mense in die Laeveld om te sien. Yvonne McHeath verduidelik vir Ludi en Mireille wat presies hulle doen, en hoe jy ook betrokke kan raak.
Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar medelye betuig aan die familie van Wandile Lucia Khoza, wat Dinsdag na bewering deur haar kêrel doodgeskiet is by die werk. Die 29-jarige was ‘n werknemer by Nkomazi-munisipaliteit in Malalane. Die 31-jarige verdagte is glo ‘n lid van die weermag, gestasioneer in Middelburg…
‘n R400 miljoen opgradering van die Long Tom-pas word beplan om die pad veiliger te maak. Dit was een van die aankondigings die afgelope week deur Sanral. Die agentskap het Dinsdag saam met die adjunkminister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, in Lydenburg besoek afgelê om met die gemeenskap van Thaba Chweu-munisipaliteit…
Lefpa veg vanoggend voort teen die brand by die Komati Suikermeule in Komatipoort. Die suikerstoor het verlede week begin brand, en dit het Sondag weer opgevlam. André Scheepers sê meer as 40-duisend-ton suiker brand. Wat dit bemoeilik is dat die suiker smelt en 'n vloeistof word. Hulle het Donderdag logistieke…
Die Nelspruit-hof, waar die moordbeskuldigde voormalige LUR, Mandla Msibi, vandag verskyn het om vir borgtog aansoek doen, is ontruim na ‘n vermeende bom-dreigement. Hy word aangekla van twee moorde en poging tot moord. Hy is sedert Maandag in aanhouding. Msibi is gisteraand as LUR vir landbou afgedank deur die premier,…
13 Oct 2021 7AM
1 min
1280 – 1300
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.