100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
540 – 560

Meer nodig om leerlinge met gestremdhede in Mpumalanga te ondersteun

Die Mpumalanga Departement van Onderwys het die week 'n twee dae lange Indaba oor gestremdheid in Mbombela aangebied. Die LUR vir Onderwys, Bonakele Majuba, tesame met die leierskap van verskillende organisasies wat mense met gestremdhede verteenwoordig, was teenwoordig. Patrick Mahlakwane, die nasionale voorsitter van Disabled People South Africa (DPSA) sê…
14 Sep 2023 7AM 1 min

Nelspruit Eisteddfod hou na vier jaar weer 'n gala-aand

Die Nelspruit Eisteddfod kan vanjaar vir die eerste keer in vier jaar sedert die grendeltydperk weer ‘n gala-aand aanbied. Eugené Wait, die organiseerder van die kuns-afdeling, reël ook hierdie spog-geleentheid. Sy sê soos elke jaar is die plaaslike talent oorweldigend en was dit baie moeilik vir die organiseerders om te…
14 Sep 2023 5AM 1 min

ADASA herdenk Alzheimer's maand

September is Wêreld Alzheimer's maand en ADASA (voorheen Alzheimer's Mpumalanga) kweek bewusmaking daaroor. Elria Erasmus sê Alzheimer se siekte is die mees algemene vorm van demensie en word veroorsaak deur beta-amyloïede proteïen en plaak.
14 Sep 2023 5AM 1 min

Leon Schuster waag voorspelling vir dIe Springbokke

‘n Rugby Wêreldbeker sonder ‘n spesiale lied van Leon Schuster vir die Springbokke is haas ondenkbaar sedert “Hier kom die Bokke” in 1995 vrygestel is. Hierdie jaar is sy bydrae “Bokmasjien” end it klim reeds die trefferparades uit. Schuster deel sy gedagtes oor die Bokke se pad na ‘n vierde…
14 Sep 2023 5AM 1 min

Borgaansoek van vermeende transitorowers in Tonga uitgestel

# Die borgaansoek van sewe mense wat aangekla word in verband met ‘n transitoroof wat op 11 Augustus naby Malalane uitgevoer is, kon nie gister in die Tonga-landdroshof voortgaan nie, weens beurtkrag wat hofverrigtinge onderbreek het. Onder die aangeklaagdes tel drie beamptes van die voormalige Witrivier-blitspatrollie. Die woordvoerder van die…
14 Sep 2023 2AM 1 min

Penreach wil geletterdheid aanspreek en verbeter

Navorsing toon dat 81% van 10-jarige Suid-Afrikaanse kinders in geen taal kan lees nie en ‘n plaaslike nie-regeringsorganisasie, Penreach, wil dit aanspreek. Ronald Chanetsa van Penreach sê die probleme wat ongeletterdheid bring is baie en kring wyd uit.
13 Sep 2023 11AM 1 min

Verdagte vas wat buitelandse toeriste onderweg na Krugerwildtuin ontvoer en beroof

‘n Verdagte het gister in die Kanyamazane-landdroshof verskyn na ‘n Amerikaanse egpaar onderweg na die Krugerwildtuin verlede Donderdag ontvoer en beroof is. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, was die 47-jarige man en 39-jarige vrou op die R536-pad in die Calcutta-omgewing toe hulle deur ’n VW Golf met ’n…
13 Sep 2023 2AM 1 min

Witrivier al drie dae sonder water en nou ook sonder elektrisiteit

Groot dele van Witrivier het reeds drie dae nie water nie, en is vanoggend ook verras met die herinstelling van beurtkrag in die dorp. Die area is vroeër kwytgestel van beurtkrag te wyte aan 'n ooreenkoms tussen die houtpaneel-vervaardiger Sonae Arauco en die Mbombela-stadsraad. Eskom het egter nou geappèlleer teen…
12 Sep 2023 6AM 1 min

Indaba om opvoeding van kinders met gestremdhede te bevorder

Die Mpumalanga Departement van Onderwys hou vanaf môre 'n twee dae lange Indaba oor gestremdheid in Mbombela plaaslike munisipaliteit. Die LUR vir Onderwys, Bonakele Majuba, tesame met die leierskap van verskillende organisasies wat mense met gestremdhede verteenwoordig, sal teenwoordig wees om vordering met die ondersteuning van leerlinge met gestremdhede te…
11 Sep 2023 7AM 1 min

Mpumalanga deel medelye na afsterwe van Buthelezi

Die Mpumalanga regering het sy medelye betuig aan die familie van wyle prins Mangosuthu Buthelezi. Die stigtingsleier van die Inkatha Vryheidsparty en tradisionele eerste minister van die Zulu-koning en -volk, is Saterdagoggend in die ouderdom van 95 oorlede. Sy begrafnisdiens vind Vrydag plaas. Die KwaZulu-Natal Provinsiale Regering sê Buthelezi se…
11 Sep 2023 6AM 1 min

Vier ondervra na diefstal van duisende liters diesel

Die polisie in Komatipoort het vier mans vir ondervraging ingeneem ná meer as 32-duisend liter diesel gesteel is vanaf 'n vragmotor wat Donderdagaand in Hectorspruit gekaap is. Volgens die polisie het die bestuurder by 'n vulstasie op die N4 gestop. Met sy terugkeer van ‘n kiosk is hy deur drie…
11 Sep 2023 5AM 1 min

Man gearresteer wat glo swanger vrou in middestad doodskiet

‘n 36-jarige vrou is Woensdagoggend in die middestad van Mbombela doodgeskiet. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, was sy op pad werk toe, toe iemand in ‘n wit Isuzu-bakkie verbygery en haar geskiet het. ‘n 33-jarige man is gisteraand in Louw’s Creek in verband met die moord in hegtenis geneem…
8 Sep 2023 3AM 1 min

Gru-ongeluk op N4 Schoemanskloof eis vragmotorbestuurder se arm

'n Gru-ongeluk op die N4 Schoemanskloof het vanoggend 'n vragmotorbestuurder se arm geëis. Volgens ‘n woordvoerder van Emer-G-Med, Kyle van Reenen, het twee vragmotors teen mekaar gebots. Een het omgekeer en die pad versper. Die bestuurder is kritiek beseer. Sy regterarm is tydens die ongeluk geamputeer. Hy is per helikopter…
7 Sep 2023 6AM 1 min

Manne vas wat gekaapte bakkie by polisiestasie parkeer

Drie verdagtes verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof vir die besit van 'n na bewering gekaapte voertuig. Hulle is Dinsdag aangekeer toe hulle ‘n wit dubbelkajuit Toyota Hilux-bakkie - wat verlede November in Gauteng gekaap is - op die perseel van ‘n polisiestasie geparkeer het. Hulle het in die bakkie bly…
7 Sep 2023 5AM 1 min

Man probeer glo 50-kilogram heroïen die land insmokkel

’n Manlike taxibestuurder is Maandagmiddag met sowat 50 kilogram heroïen by die Lebombo-grenspos in hegtenis geneem. Volgens inligting was lede van die SAPD wat by die grens werk, besig met hul normale roetine-pligte toe hulle 'n sekere Toyota Quantum-minibus met Noordwes-registrasienommerplate voorgekeer het. Die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdluli, sê…
7 Sep 2023 5AM 1 min

DA waarsku oor Sabie se water

Die DA in Mpumalanga waarsku inwoners van Sabie oor die moontlikheid en risiko van waterdraende siektes aangesien hul vars water erg besmet is met E-coli en fekale koliforme bakterieë. Volgens die DA-parlementslid, Sonja Boshoff, is dit onthul in 'n verslag van onafhanklike toetse wat in samewerking met die sakekamer en…
7 Sep 2023 5AM 1 min

Mpumalanga spandeer miljoene aan mediese nalatigheid

Die DA in Mpumalanga doen ’n beroep op die provinsiale departement van gesondheid om dissiplinêre maatreëls in te stel vir gesondheidswerkers wat die departement aan miljoene Rande in aanspreeklikheid blootgestel het. Volgens DA-lid, Jane Sithole, toon die jongste kwartaalverslae dat die departement meer as 83-miljoen-Rand aan voorwaardelike aanspreeklikhede weens beweerde…
7 Sep 2023 4AM 1 min

Mbombela verligtingskema vir behoeftige huishoudings

Mbombela het hul verligtingskema vir behoeftige huishoudings bekendgestel. Dit bied hulp vir huishoudings op hul erfbelasting sowel as dienste soos vullisverwydering. Behoeftige huishoudings kwalifiseer ook om maandeliks 50 eenhede elektrisiteit gratis te kry. Cynthia Brown van Mbombela-munisipaliteit verduidelik hoe om aansoek te doen in enige van die 45 wyke in…
7 Sep 2023 2AM 1 min

Vrou doodgeskiet by taxi-halte in Mbombela

‘n 36-jarige vrou is vanoggend by die minibustaxi-halte in die middestad van Mbombela doodgeskiet. Volgens die polisie het die voorval om ongeveeer 20-oor-vyf gebeur. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die vrou was op pad werk toe toe mense in ‘n wit Isuzu-bakkie verbygery en haar in die bolyf geskiet…
6 Sep 2023 9AM 1 min
540 – 560