100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
560 – 580

Parkeweek is om die draai

Die lente is hier en hierdie Erfenismaand bied SANParke die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek aan. Vanaf 18 tot 22 September kan Suid-Afrikaners gratis toegang tot die Krugerwildtuin verkry as dagbesoekers. Die woordvoerder van die wildtuin, ike Phaahla, sê die doel van die week is vir mense om hul natuurlike erfenis te…
1 Sep 2023 5AM 1 min

DA sê Mpumalanga laat na om skole te herstel

Die DA in Mpumalanga sê die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, moet verduidelik hoekom sy departement hul Infrastruktuur-toelaag onder-spandeer. Volgens DA-lid Jane Sithole het 72 skole die afgelope jare stormskade gely. Sy sê verskeie skole in Gert Sibande en Nkangala distrikte is ook verlede week deur sterk winde beskadig. Sovêr…
31 Aug 2023 5AM 1 min

TRAC pas instandhouding aan om nie N4-verkeer te ontwrig nie

TRAC N4 gradeer tans die pad tussen Kaalrug en Malalane-hek op, wat gister tot groot verkeersopeenhopings gelei het. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit word verbreed na ‘n vier-baan met ‘n nuwe duikwegbrug. Sy sê vir verg die sluiting van bane, maar om te verhoed dat verkeer soos gister weer ophoop,…
30 Aug 2023 9AM 1 min

Vrou aangekla van moord na sy glo haar baba in hut aan brand steek

‘n 28-jarige vrou verskyn môre in die hof in Emalahleni op ‘n moordaanklag weens bewerings dat sy haar sewe-maande-oue-babadogter doodgebrand het. Volgens die polisie het die voorval Sondagoggend om ongeveer 3-uur by Vosman naby Witbank plaasgevind. Die polisiewoorvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê sy het na bewering die hut met haar…
28 Aug 2023 9AM 1 min

DA sê Thaba Chweu dring aan om ANC-kaders aan te stel

Die DA in Thaba Chweu sê die stadsraad probeer steeds mense onregmatig aanstel. Volgens raadslid, Spiridon Couvaras, het die munisipaliteit tydens ‘n spesiale raadsvergadering op 15 Augustus probeer om die vereiste oor minimum kwalifikasies en ondervinding vir senior bestuurders opsy te skuif. Dit volg na weke se betogings oor aanstellings…
18 Aug 2023 7AM 1 min

Chef Cindy aanvaar die pannekoek-uitdaging

Cindy Coetzee van die Indigo Smiles Autism Foundation het die uitdaging aanvaar om 15 000 pannekoeke binne 30 dae te bak - vir bewusmaking oor outisme en 'n fondsinsameling vir hierdie nie-winsgewende organisasie. Bestel joune vooraf!
18 Aug 2023 3AM 4 min

LUR op missie om matrikulante te motiveer

Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sit vandag sy motiveringstoer voort by skole wat verlede jaar nie ‘n 70-persent matriekslaagsyfer kon behaal nie. Hy besoek Moses Mnisi Sekondêr in Bosbokrand om matrikulante van sewe skole aan te moedig om hul volle potensiaal tydens die eindeksamen te bereik.
17 Aug 2023 5AM 1 min

Mpu onderwys sê onnies is betaal

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hulle het die ses onderwsyers by Lamulelani High in Marite in Bosbokrand wat glo sonder betalings gewerk het, betaal wat hulle toekom. Dit volg op mediaberigte oor die tydelike onderwysers wat vir meer as ‘n jaar lank nie betaal is nie. 'n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê…
17 Aug 2023 5AM 1 min

DA sê mikrobiologiese kwaliteit van water in Mpumalanga die swakste

Die DA in Mpumalanga sê die mikrobiologiese kwaliteit van water in Mpumalanga is die swakste in die land. Dit is volgens die Bloudruppel-verslag vir 2022/23 wat in Junie vrygestel is. DA-lid Trudie Grové-Morgan sê 15 van die 17 stelsels in die provinsie word as goed tot gemiddeld beskou, maar die…
16 Aug 2023 2AM 1 min

Toegang tot NKW 18-22 September gratis vir SAners

SANParke bied weer hierdie jaar September die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek aan. Dit word van 16 tot 24 September aangebied en sal hierdie jaar die 18de jaarlikse parkeweek wees. Die doel van die week is om Suid-Afrika se natuurlike, kulturele en geskiedkundige erfenis deur die nasionale parkestelsel te beskerm. Die woordvoerder…
15 Aug 2023 9AM 7 min

Vermeende transitorowers bly in aanhouding in Malalane

Drie vermeende transitorowers het gister in die landdroshof in Malalane verskyn vir die aanval Vrydag op ‘n gepantserde wa van Fidelity. Hulle is by ‘n huis in Schoemansdal aangekeer. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, kon ‘n vierde man wat saam met hulle aangekeer is,…
15 Aug 2023 5AM 1 min

Man dood gevind wat kon help met ander moordsaak

Die Mpumalanga polisie het die moord op 'n ooggetuie in 'n moordsaak gister in Mhala veroordeel en gemeenskappe weer versoek om nie die reg in eie hande te neem nie. Die polisie was op soek na Clive Khosa omdat hulle geglo het dat hy kan help om die moord op…
14 Aug 2023 8AM 1 min

Vier transitowers in Schoemansdal aangekeer

Vier vermeende transitorowers is Vrydagoggend aangekeer na hulle ‘n Fidelity gepantserde voertuig naby Malelane aangeval het. Volgens die Valke was die kontantwa op pad na Tonga. ‘n C-klas Mercedes wat Dinsdagaand naby Oakley gekaap is, is gebruik om dit te stamp en hy het omgeslaan. Die aanvallers het die wa…
14 Aug 2023 3AM 1 min

Omgewingsmisdaad-ondersoeker deur seekoei gedood in die Krugerwildtuin

# SANParke het sy medelye betuig aan die familie, vriende en kollegas van 'n senior bestuurder in die ondersoekeenheid vir omgewingsmisdade. Kobus de Wet was in Groenkloof, Pretoria gestasioneer. Hy is Saterdag in die Krugerwildtuin dood, nadat hy deur 'n seekoei bestorm is terwyl hy daar gekamp het. Die woordvoerder…
14 Aug 2023 2AM 1 min

DA soek antwoorde oor MEGA se skuld

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die uitvoerende beampte van die Mpumalanga Ekonomiese Groei-agentskap (MEGA), Isaac Mahlangu, om inligting te verskaf oor die werk wat gedoen is om uitstaande lenings aan die agentskap in te win. Volgens DA-lid Bosman Grobler het MEGA die Wet op Provinsiale Finansiële Bestuur…
11 Aug 2023 9AM 1 min

Valke op soek na man wat departement bedrieg

Die Valke in Mpumalanga is op soek na 'n aangeklaagde wat versuim het om in die hof te verskyn na hy glo die Departement van Arbeid in Piet Retief bedrieg het. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, het die 40-jarige Kwena Mohlala reeds twee keer in die…
9 Aug 2023 9AM 1 min

DA sê oproepe vir Landelike Veiligheidsplan staan stil in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga sê inwoners op geïsoleerde plase en plotte moet hul sekuriteit opskerp omdat oproepe vir die regering om toegewyde Landelike Veiligheidseenhede op die been te bring tot niks lei nie. DA-lid Jane Sithole sê hierdie jongste beroep volg na nog ‘n aanval op ‘n bejaarde vrou gisteraand…
8 Aug 2023 8AM 1 min

DA raadslid glo deur gemeenskapslede aangerand

Die DA in Govan Mbeki-munisipaliteit beskuldig die ANC dat hul versuim om griewe uit die gemeenskap aan te spreek gelei het tot die aanranding van die raadslid. Volgens Encee Van Huyssteen is sy kollega Mariaan Chamberlain verlede Maandag aangerand toe woedende inwoners van Brendan Village die raadsaal bestorm het omdat…
8 Aug 2023 8AM 1 min
560 – 580