100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
580 – 600

R40-skoonmaak groot sukses

Die R40 vanaf Rocky Drift tot in Nelspruit lyk al heel anders sedert die We Care for Nelspruit en Power of 8000-spanne verlede week vir ses dae ingespring het om dit skoon te maak. Bosse op die middelman is weggesny, gras is gesny en rommel opgetel. TJ Maré sê hulle…
8 Aug 2023 2AM 1 min

Nuusberig: Valke lê beslag op gevaarlike wapens, ploftoestelle

Die hoof van die Valke in Mpumalanga, generaal-majoor Nico Gerber, het die multidissiplinêre operasie geloof waartydens gevaarlike wapens Vrydagoggend in ‘n huis in Phola, Masoyi gekonfiskeer is. Dit hou verband met ‘n ondersoek na ‘n reeks rooftogte wat in Hazyview uitgevoer is.
7 Aug 2023 7AM 1 min

Gevaarlike wapens in Masoyi gekonfiskeer

Die provinsiale hoof van die Valke in Mpumalanga, generaal-majoor Nico Gerber het die multidissiplinêre operasie geloof waartydens gevaarlike wapens Vrydagoggend in ‘n huis in Phola, Masoyi gekonfiskeer is. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, hou dit verband met ‘n ondersoek na ‘n reeks rooftogte wat in Hazyview…
7 Aug 2023 6AM 1 min

Wêreld Goudpan-kampioenskappe skop Sondag in Pelgrimsrus af

Die Wêreld Goudpan-kampioenskappe vind vanjaar in Mpumalanga plaas. Dit skop Sondag in Pelgrimsrus af met 'n amptelike openingseremonie. Die kompetisie duur tot 12 Augustus. Deelnemers van 21 lande sal meeding om as wêreldkampioene gekroon te word. Die provinsiale regering sê dit is ‘n gulde geleentheid en beloof ‘n opwindende kompetisie…
4 Aug 2023 11AM 1 min

Geslagsgeweld: GRIP is hier om te help

Die Greater Rape Intervention Programme staan mense by na ‘n geslagsgebaseerde aanval. Die uitvoerende beampte, Tarryn Lokotsch, sê die tipe aanvalle neem duidelik toe, met slagoffers wat jonger word. Daar is ook 'n toename in voorvalle deur onbekende aanvallers, sowel as slagoffers wat dit nie binne 72-uur aanmeld nie. Kontak…
4 Aug 2023 7AM 1 min

Twee verskyn in Mpumalanga-hof vir 2-miljoen-Rand se dagga

Twee buitelandse burgers sal na verwagting vandag in die hof in Ermelo verskyn na hulle Woensdag in die Lothair-omgewing aangekeer is met ‘n bakkievrag dagga. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle die sekerheidswagte wat hulle vasgetrek het, probeer omkoop. Die 52 sakke weeg…
4 Aug 2023 2AM 1 min

DA Mpumalanga vra vir groter ingryping in sukkelende munisipaliteite

Die DA in Mpumalanga het aan die LUR vir Samewerkende Regering, Manda Msibi, geskryf om te vra dat hy strenger maatreëls implementeer in munisipaliteite in finansiële krisis. Trudie Grove-Morgan sê Emalahleni en Govan Mbeki voer, ondanks ingryping, steeds ‘n stryd om ‘n inkomste te verdien uit hul dienste. Hulle kan…
3 Aug 2023 8AM 1 min

Mynaansoek in Schoemanskloof gebring

Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) ondersoek 'n aansoek wat gebring is om in Schoemanskloof te myn. Linda Grimbeek sê die aansoekers het aangevoer dat hulle nie openbare deelname prosesse na kon kom nie weens die Covid-pandemie. Die sakekamer het 'n kenner aangestel om die aansoek te analiseer en sal formeel aansoek doen…
2 Aug 2023 6AM 1 min

LUR neem Rhandza XiKolo Xa Wena-program na Matibidi

Die Mpumalanga Departement van Onderwys brei sy program uit om gemeenskappe aan te moedig om 'n bydrae te lewer en hul plaaslike skole skoon, veilige leeromgewings te maak. LUR, Bonakele Majuba, sê skole in Ehlanzeni en Nkangala-distrikte het reeds die inisiatief omarm en nooi die Bohlabela-distrik om dit ook te…
1 Aug 2023 5AM 1 min

Klagte teruggetrek teen een beskuldigde na moord op sesjarige

Die aanklagte teen een van die beskuldigdes in Bontle Mashiyane se moord, is teruggetrek. Die sesjarige dogtertjie se liggaam is in April verlede jaar vermink aangetref naby haar huis buite Witrivier. Volgens Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag, was daar onvoldoende bewyse teen Samuel Mangebeletane. Die vier ander beskuldigdes het…
1 Aug 2023 2AM 1 min

Vier aangekeer vir plaasmoord in Balfour

Vier verdagtes is aangekeer na die moord op ‘n boer gisteroggend in Grootvlei buite Balfour. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is die 79-jarige Theo Frederik Bekker en sy vrou aangerand. Hy het aan sy beserings beswyk. Drie vuurwapens en ‘n voertuig is gesteel. 25-kilometer verder het die gesteelde…
31 Jul 2023 7AM 1 min

Nasionale Wetenskap Week vanaf môre gevier

Die provinsiale onderwysdepartement vier vanaf môre Nasionale Wetenskap Week by die Mondi Sentrum vir Wetenskap, Loopbane en Vaardigheid in Piet Retief. Dié week bied 'n geleentheid vir die breër publiek om kennis te maak met die jongste ontwikkelinge op die gebied. Vanjaar word dit onder die tema: "Transformasie van lewens…
31 Jul 2023 5AM 1 min

DA bekommerd oor tekort aan brandbestrydings-kapasiteit in Thaba Chweu

Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat Thaba Chweu-munisipaliteit 45% van sy begroting aan vergoeding vir amptenare spandeer, terwyl basiese lewensreddende toerusting in die slag bly. Volgens DA-lid Trudie Grovè-Morgan beskik die munisipaliteit oor slegs twee brand-bestrydingbakkies om die 99-duisend inwoners van Sabie, Graskop en Lydenburg te bedien. Sy sê…
28 Jul 2023 6AM 1 min

Raadslid vas wat glo huiswerker ontvoer en aanrand

‘n 39-jarige raadslid is saam met drie medepligtiges aangekeer vir die beweerde ontvoering en aanranding van sy huiswerker. Volgens die polisie het William Phetla die 29-jarige swanger vrou beskuldig dat sy ‘n skootrekenaar gesteel het. Hulle het haar glo sedert Saterdag aangehou tot sy Dinsdagoggend deur gemeenskapslede gered is. Die…
27 Jul 2023 5AM 1 min

We Care 4 Nelspruit beplan 'n groot skoonmaakaksie op die R40 volgende week

We Care 4 Nelspruit beplan volgende week ‘n baie groot skoonmaakaksie. Vanaf Maandag tot Vrydag beoog hulle om die R40 vanaf Rocky Drift tot by die hoofingang na Barberton skoon te maak. Sameroeper, TJ Maré, sê hulle gaan onder meer bosse weg sny, gras sny en rommel op tel. Dit…
26 Jul 2023 9AM 1 min

Vragmotor-krisis by Lebombo uiteindelik verlig

Die sogenaamde “grensoorlog” oor vragmotors by Lebombo het vrugte afgewerp, met die verkeer wat nou beter beheer word. Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê hulle werk reeds geruime tyd saam met alle vlakke van die regering om die probleem op te los. Sedert…
26 Jul 2023 5AM 1 min

Skok na vyfjarige deur haar nefie vermoor is

‘n Vyfjarige dogtertjie is gister vermoor - na vermoede deur haar 27-jarige nefie - in Bosbokrand. Volgens die polisie is hulle saam winkel toe en toe hy alleen tuis kom het haar familie na die kind begin soek. Haar liggaam is in bosse gevind. Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala,…
26 Jul 2023 4AM 1 min

DA soek antwoorde oor R8m wat bedoel is vir vloedskade in Mkhondo

Die DA in Mkhondo-munisipaliteit eis antwoorde van die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Thembi Khumalo, oor ‘n toelaag van 8-miljoen-Rand wat bedoel is om slagoffers van vloede by te staan, maar onspandeer bly. Dit na ‘n provinsiale ramp verklaar is toe huise beskadig is weens swaar reën verlede jaar. DA-raadslid Alex Dlamini…
24 Jul 2023 8AM 1 min
580 – 600