100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
600 – 620

Onwettige staking lê dienste in Thaba Chweu lam

Die DA in Thaba Chweu het die departement van samewerkende regering gevra om in te gryp by die onwettige staking van munisipale werkers wat reeds vir vier weke dienslewering lamlê. DA-raadslid Spiridon Couvaras lê dit voor die deur van die burgemeester, Friddah Nkadimeng wat versuim om senior posisies te vul…
21 Jul 2023 7AM 1 min

Sporadiese koue tot Augustus verwag

Die voorkoms van afwisselende temperature kan voortduur tot einde Augustus. Dit is volgens 'n weervoorspeller, Wayne Venter, by die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD). Hy sê die huidige koue behoort môre op te klaar, maar 'n sterk kouefront bereik volgende week weer die Kaap. Normale temperature en dae wat dit koud gaan…
21 Jul 2023 4AM 1 min

Tweede groep Working on Fire-brandbestryders keer terug uit Kanada

Die tweede groep Working on Fire-brandbestryders het gister vanaf Alberta, Kanada, teruggekeer na die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe. Hulle het vir ongeveer 'n maand die ergste brande op rekord in Kanada help bestry. Die derde groep, "Mzanizi 3", het gister vertrek op hul ontplooiing. Piet van der Merwe, die nasionale…
21 Jul 2023 3AM 1 min

DA soek ondersoek na Machadodorp-waterwerke

Die DA in Emakhazeni vra dat die Openbare Beskermer ondersoek instel na die opgradering van die waterwerke in Machadodorp wat na glo nog nie afgehandel is nie. Volgens DA-raadslid Didi Hepburn het dit reeds 35-komma-37-miljoen-Rand gekos en sal ‘n nuwe kontrakteur glo eersaags aangestel word. Tog is geen aksie teen…
19 Jul 2023 8AM 1 min

Ysige weer weereens op pad

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat baie koue weerstoestande verwag word wat Donderdag na die Hoëveld en platorand van Mpumalanga sal versprei. Dit sal tot Vrydag voortduur.
19 Jul 2023 4AM 1 min

Mpumalanga-premier vier Mandela-dag in Matibidi

Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar 67 minute vir Internasionale Mandeladag in Matibidi in Thaba Chweu-munisipaliteit spandeer. Sy sê hulle het reeds die jeugsentrum, wat opleidingsprogramme aanbied, opgradeer. Hulle het vandag addisionele boeke aan die sentrum geskenk. Die premier sê hulle het ook ‘n opwindende inisiatief vir sake-ondernemings…
18 Jul 2023 7AM 1 min

Vrou verskyn vir brandstigting na twee mense doodbrand

‘n 30-jarige vrou verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof op twee aanklagte van moord sowel as brandstigting. Dit is na twee mense vroeg Sondagoggend in ‘n hut in Vosman doodgebrand het. Volgens die polisie is die motief vir die moord op die 27-jarige man en 40-jarige vrou tans onbekend. Mpumalanga polisiewoordvoerder,…
18 Jul 2023 4AM 1 min

Vier vas wat uit is op parool en glo weer steel

Vier mense wat verlede maand op parool vrygelaat is, is in Standerton aangekeer vir die besit van gesteelde goedere. Volgens die polisie was hulle in besit van items wat na vermoede Saterdagaand tydens ‘n winkelroof gesteel is. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle sal môre op aanklagte van…
18 Jul 2023 4AM 1 min

Skole heropen op Mandela-dag môre

Die Mpumalanga Departement van Onderwys het onderwysers en leerlinge terug verwelkom wanneer die skole môre na die wintervakansie heropen. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê dit is ‘n belangrike kwartaal aangesien dit die laaste is voor matrikulante in die vierde kwartaal eindeksamen skryf. Hy vra dat alle rolspelers…
17 Jul 2023 4AM 1 min

Polisie soek verdagtes wat twee in Dwarsloop vermoor

Twee mense is gisteraand in Dwarsloop, Bosbokrand, doodgeskiet by 'n drinkplek. Volgens die polisie het 'n 40-jarige man saam met vriende gekuier toe daar op hom losgebrand is. Hy is verskeie kere geskiet. 'n 35-jarige is ook noodlottig getref. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is 'n toevallige verbyganger se Toyota…
14 Jul 2023 8AM 1 min

Derde verdagte in hegtenis vir brand van vragmotors

Die polisie het vanoggend bevestig dat ‘n derde verdagte gisteraand in Emalahleni in Mpumalanga in hegtenis geneem is vir die beweerde afbranding van vragmotors in die provinsie. Die ander twee verdagtes is gister in die provinsie in hegtenis geneem.
14 Jul 2023 3AM 1 min

On-Trac-Tor vir welsyn keer môre terug na Witrivier

Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa durf vandag die roete tussen Piet Retief na Badplaas met sy trekker aan. Hy besig is om 2 500 km deur vyf provinsies af te lê met die trekker om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders wat groot operasies…
14 Jul 2023 2AM 1 min

Krugerwildtuin sê besoekersgetalle neem toe

Die Krugerwildtuin sê die aantal toeriste wat die Krugerwildtuin besoek neem nie af nie. Die Minister van Toerisme, Patricia de Lille, is vandag aangehaal dat toeriste wat die park besoek sedert 2019 met 21 persent gedaal het. Ike Phaahla, woordvoerder van die NKW, sê egter hul data toon dat besoekersgetalle…
13 Jul 2023 9AM 1 min

Ongelukke op N12 eis drie lewens

Drie mense is dood en talle beseer in verskeie ongelukke wat vanoggend op die N12 in Mpumalanga plaasgevind het. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid is dit grootliks te wyte an baie mistige toestande op die pad tussen Emalahleni en Ogies. Verskeie voertuie was betrokke, insluitende ligte aflewerings- en geartikuleerde voertuie…
13 Jul 2023 4AM 1 min

Valke Mpumalanga waarsku teen geldskieters

‘n 52-jarige werknemer van die polisie verskyn vandag in die Hazyview-hof op aanklagte van bedrog na hy gister deur die Valke aangekeer is. Volgens die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat vir Prioriteitsmisdade in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het die persoon as ‘n informele geldskieter gewerk. Sy sê hy was in besit…
13 Jul 2023 3AM 1 min

12-jarige steek maat dood tydens speletjie

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord na ‘n 12-jarige Dinsdagoggend na bewering ‘n maat, van ook 12 jaar oud, doodgesteek het. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het hulle ‘n argument gehad tydens ‘n inheemse speletjie, Mrabaraba. Die een het die ander geklap, waarop die slagoffer met gebreekte…
13 Jul 2023 2AM 1 min

Nog vier vragmotors brand in Mpumalanga

Nog vier vragmotors is vanoggend vroeg aan die brand gesteek in Mpumalanga. Dit volg op vyf vragmotors wat kort voor middernag Sondagaand op die N4 by Waterval Boven aan die brand gesteek is. Volgens die polisie het die jongste voorval om ongeveer half 6 vanoggend op die N2 tussen Piet…
12 Jul 2023 3AM 1 min

Departement sê hoekom hy onnies nie betaal

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê die rede dat hulle sommige onderwysers by Lamulelani Sekondêr in Bohlabela-distrik nie betaal nie, is omdat hulle nie sonder die departement se medewete aangestel is. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, mag skole nie onderwysers sonder toestemming van die departement aanstel nie. Hy sê…
11 Jul 2023 6AM 1 min

Polisie vra inligting om mense wat vragmotors aan die brand steek aan te keer

Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die brandstigting aan vyf vragmotors op die N4 tussen die Waterval Boven-tonnel en Waterval Onder veroordeel. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die motief is tans onbekend. Geen arrestasies is nog gemaak nie.
10 Jul 2023 8AM 1 min
600 – 620