100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
620 – 640

Dr. André Hattingh bly "On Track" op sy trekker

Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa trotseer vandag die koue in die Vrystaat op die trekker waarmee hy besig is om 2 500 km af te lê. Hy poog om deur vyf provinsies met die trekker te ry om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders…
10 Jul 2023 8AM 1 min

Vragmotors by Water Boven aan brand gesteek

Opruimingswerk is onderweg op die N4 tussen die Waterval Boven-tonnel en Waterval Onder waar vyf vragmotors gisteraand aan die brand gesteek is. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die motief is tans onbekend. Volgens hul inligting het mense die vragmotorbestuurders forseer om te stop en hul vragmotors agter te laat. Motoriste…
10 Jul 2023 4AM 1 min

Liggaam van vermiste Piet Skead gevind

'n Grootskaalse soektog na die vermiste Piet Skead, het vanoggend kort voor 09:00 ten einde geloop toe sy liggaam gevind is. Skead was 'n bekende sakeman en betrokke lid van die Witirvier-gemeenskap. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog gekoördineer het, is hy binne 'n kilometer radius van sy huis gevind…
10 Jul 2023 4AM 1 min

Soektog duur voort na vermiste Witrivier-man

'n Grootskaalse soektog is geloods na die bekende inwoner van Witrivier, Piet Skead, wat Saterdagaand vermis geraak het. Hy het glo om ongeveer 17:30 by die huis uitgestap en is nie weer gesien nie. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog koördineer, soek meer as 'n honderd mense te voet, per…
10 Jul 2023 2AM 1 min

Groot koue is vir die naweek op pad

‘n Hewige koue front sal na verwagting vandag in die Wes-Kaap aanland. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sal dit teen Sondag en Maandag temperature in die Laeveld ook aansienlik laat daal. Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê areas rondom Emakhazeni en die platorand kan moontlik sneeu verwag. Dit sluit in Volksrust, Belfast,…
7 Jul 2023 3AM 1 min

DA vra dat Mpumalanga nie tuissorg begroting sny nie

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die provinsiale Departement van Gesondheid om planne om die begroting vir tuis-sorg te sny, te heroorweeg. LPW Jane Sithole sê dié begroting, wat sorg verskaf aan kritiek siek pasiënte wat nie by klinieke of hospitale behandel kan word nie, is met 60%…
6 Jul 2023 9AM 1 min

Protes duur voort in Thaba Chweu

Protesaksie in Lydenburg, Sabie en Graskop duur voort, na lede van die munisipale werkers-vakbond verlede Maandag begin betoog het. Samwu eis dat die burgemeester van Thaba Chweu, Friddah Nkadimeng, en waarnemende stadsbestuurder, Herns Trower, verwyder word. DA-raadslid, Marius Opperman, sê lede van Nehawu het na ‘n spesiale raadsvergadering Maandag by…
6 Jul 2023 5AM 1 min

Polisie skiet verdagte by huis in Barberton dood

‘n 51-jarige man is gisteroggend deur die polisie by ‘n huis in Barberton doodgeskiet. Volgens die polisie het hulle inligting ontvang dat plofstof onwettig in die huis gestoor word. Hulle het die erf betree en alle pogings aangewend om hulself as polisielede te identifiseer. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die…
6 Jul 2023 4AM 1 min

Nuusberig: Twee sekuriteitswagte tydens transitoroof gewond

Twee sekuriteitswagte is laat gistermiddag tydens ‘n transitoroof op die R537 tussen Sabie en Witrivier gewond. Die G4S-gepantserde voertuig is om ongeveer 20-oor-5 deur ‘n onbekende aantal rowers aangeval. Een van die voertuie was ‘n silwer dubbelkajuit-bakkie. Twee sekuriteitswagte is geskiet. Een is in die kop getref en die ander…
6 Jul 2023 2AM 1 min

Action SA sê Kubaanse dokters kry voorkeur bo Suid-Afrikaners in Mpumalanga

ActionSA in Mpumalanga sê die provinsiale department van gesondheid het plaaslike intern-dokters uit hul hospitaal verblyf gesit om eerder Kubaanse dokters te huisves. Volgens Thoko Mashiane, provinsiale voorsitter van Action SA moes die kandidaatdokters hul eie verblyfsreëlings tref. Hy sê hulle is ook teleurgesteld dat Kubaanse dokters werk terwyl gekwalifiseerde…
5 Jul 2023 7AM 1 min

Barberton Mines koop ou lughawe

Barberton Mines het die privaat Barberton-lughawe gekoop en is op soek na ‘n vennoot om dit tot ‘n volwaardige fasiliteit te ontwikkel. So sê die operasionele beampte van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme, Linda Grimbeek.
5 Jul 2023 6AM 1 min

Verkeersbeamptes moet na-ure werk om Komatipoort krisis hok te slaan

Verkeersbeamptes moet na-ure begin werk om die opeenhoping van vragmotors onderweg na die Lebombo-grenspos in Komatipoort op te los. So sê die operasionele beampte van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme, Linda Grimbeek. Sy sê die feit dat taxi-verenigings dit nou op hulself geneem het om die verkeer…
5 Jul 2023 6AM 1 min

Paartjie in Mpumalanga sterf na vermoede toe hulle rook inasem

Die polisie in Mpumalanga waarsku mense om versigtig te wees wanneer hulle steenkoolstowe en gastoestelle gebruik vir verwarming. Dit volg na 'n paartjie van 29- en 26-jaar op 1 Julie in die Vosman-uitbreiding dood aangetref is. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die vermoede bestaan dat hulle rook ingeasem…
5 Jul 2023 6AM 1 min

On-Trac-Tor for Charity: Dag vier skop af

Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa het Sondag met 'n trekker vanuit Witrivier vertrek op 'n tog van 2 500 km deur vyf provinsies om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders wat groot operasies benodig. Hulle het vanoggend in Thabazimbi wakker geword en is stadig…
5 Jul 2023 3AM 1 min

DA sê Hillsview-riool oorvloei reeds ses jaar

Die DA in Mbombela sê hy is diep bekommerd oor ‘n geblokte riool-afvoerpyp wat na ses jaar steeds oorstroom by Hillsview in Witrivier. Mbombela-raadslid David Schofield lê die probleem voor die deur van die kontrakteur wat die pyp vervang het. Hy sê die reuk is onhoudbaar vir inwoners en niks…
4 Jul 2023 7AM 1 min

LUR gryp in by onreëlmatige aanstellings in Thaba Chweu

Die DA in Mpumalanga het die besluit verwelkom van die LUR vir Samewerkende Regering om die burgemeester van Thaba Chweu in die bek te ruk oor onreëlmatige aanstellings. Mandla Msibi het Friddah Nkadimeng opdrag gegee om Ehlanzeni Distrik te vra om beamptes te ontplooi om waar te neem as direkteur…
28 Jun 2023 6AM 1 min

Innibos waarsku oor webtuiste wat valslik feeskaartjies verkoop

Innibos Kunstefees het voornemende feesgangers daarteen gewaarsku om kaartjies op Viagogo se webblad te koop. Volgens die fees is dit 'n vals profiel en is Computicket die enigste wettige kaartjieverkope platform. Die Laeveldse Kunstefees skop Donderdag in Nelspruit af. Dit word hierdie jaar weer in volle swang aangebied en beloof…
27 Jun 2023 6AM 1 min

Airlink maak Curriebeker-finaal ekstra spesiaal

Die Airlink Pumas kry Saterdag die geleentheid om hul Curriebeker-titel in Bloemfontein te verdedig teen die Cheetahs. Die Vrystaatse span het die voordeel van 'n tuiswedstryd, maar Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, sê dit plaas ook addisionele druk op die Vrystaatse span. Hy het vanoggend ook ‘n opwindende aankondiging gemaak van hul…
23 Jun 2023 3AM 1 min

Nog fondse vir sekuriteit op Numbi-pad

Addisionele R5 miljoen is vanuit die private sektor bewillig om die Numbi-pad na die Krugerwildtuin verder te beveilig. Die nuwe president van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme, prof. David Mabunda, het Dinsdagaand tydens sy inhuldiging aangekondig hoe hierdie ektra R5 miljoen rand aangewend sal word.
23 Jun 2023 3AM 1 min
620 – 640