100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
640 – 660

Renosterstroper tot 32 jaar gevonnis in Skukuza

‘n Man wat in 2016 drie renosters in die Krugerwildtuin gestroop het, is gister 32 jaar tronkstraf opgelê. Freedom Ndlovu is deur die Skukuza-streekhof skuldig bevind aan onder meer stroping, betreding, besit van ongelisensiëerde wapen en ammunisie en sameswering om ‘n misdaad te pleeg. Volgens die woordvoerder van die Nasionale…
22 Jun 2023 5AM 1 min

Pumas glo eindstryd kan herhaling wees van 2022 Curriebeker sukses

Die Airlink Pumas kry Saterdag die geleentheid om hul Curriebeker-titel in Bloemfontein te verdedig teen die Cheetahs. Die Vrystaatse span het die voordeel van 'n tuiswedstryd, maar Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, sê dit plaas ook ekstra druk op die Vrystaatse span. Hy het gister die media te woord gestaan oor wat…
21 Jun 2023 7AM 1 min

69 verdagtes aangekeer tydens Operasie Shanela

Die polisie in Mpumalanga sê Operasie Shanela sal weekliks voortgesit word en misdadigers kan hulle voorberei vir die lang arm van die gereg. Die optrede is ‘n intensiewe polisie-inisiatief om bestendigheid in misdaadgeteisterde gebiede te herstel. ‘n Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê 69 verdagtes is die afgelope week vir verskeie…
20 Jun 2023 5AM 1 min

DA sê amper die helfte van water in Mpumalanga gaan verlore

Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd dat amper die helfte van water wat deur munisipaliteite in die provinsie gekoop word, nie verbruikers bereik nie. Trudie Grovè-Morgan sê dit is weens lekkasies en die diefstal van infrastruktuur. Volgens die 2023 “Geen-druppel-versLag” het die lekkasie-indeks in Mpumalanga sedert 2015 van…
19 Jun 2023 8AM 1 min

Dis die Pumas en Cheetahs in die finale stryd om die Curriebeker

Die Pumas kry Saterdag die geleentheid om hul Curriebeker-titel in Bloemfontein te verdedig nadat hulle Saterdagaand in Durban moedig uitgehou het om met 26-20 oor die Haaie te seëvier. Die Airlink Pumas, wat vier drieë teen net twee van die Haaie gedruk het, pak die Cheetahs eerskomende Saterdag in die…
19 Jun 2023 7AM 1 min

Soektog na verdagtes wat Transnet-infrastruktuur beskadig

Die polisie in Mpumalanga is op soek na ‘n groep verdagtes wat na bewering infrastruktuur by Transnet beskadig het wat nou sowat een miljoen rand sal kos om reg te maak. Die polisie sê die verdagtes het ‘n gat in die semistaatsinstelling se pyplyn in Vosman in Emalahleni gesny, wat…
19 Jun 2023 5AM 1 min

Man wat glo vyf familielede skiet, vandag in die hof in Mpumalanga

‘n 32-jarige man verskyn na verwagting vandag in die Piet Retief-landdroshof op vier aanklagte van moord, omdat hy na bewering Donderdagaand vyf familielede geskiet het. ‘n 71-jarige vrou, sowel as drie kinders van onderskeidelik drie, agt en tien jaar oud, is tydens die voorval dood. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalaga,…
19 Jun 2023 5AM 1 min

DA: Mpumalanga-paaie benodig toegewyde begroting vir herstelwerk

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die LUR vir openbare werke, paaie en vervoer, Mandla Ndlovu, om spesifiek te begroot vir herstelwerk van padinfrakstruktuur. Volgens Trudie Grovè-Morgan is daar hierdie finansiële jaar slegs sowat R2,4 miljard vir vervoerinfrastruktuur begroot, terwyl alle provinsiale paaie, volgens die departement self, tussen…
15 Jun 2023 3AM 1 min

Nuusberig: Tweede groep WoF-brandbestryders vertrek môre na Kanada

'n Tweede span van 200 brandbestryders vertrek môreaand vanaf die Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI)-lughawe om met voortgesette brandbestrydingsoperasies in Alberta, Kanada te help. Hulle sluit aan by die Mzanzi I-groep wat reeds op 3 Junie vertrek het om Kanada tydens hul felste lente brandseisoen nog by te staan.
13 Jun 2023 8AM 1 min

Nasionale polisiekommissaris loof Kevin Pillay tydens gedenkdiens in Mbombela

Die nasionale polisiekommissaris, Generaal Fannie Masemola, het Saterdag sy eer betoon aan die wyle Kevin Pillay tydens sy gedenkdiens in Mbombela. Pillay was vir langer as ‘n dekade die raadsvoorsitter van die provinsiale gemeenskapspolisiëringsforum, en was ook die algemene sekretaris van die nasionale gemeenskapspolisiërings kolsultatiewe forum toe hy onlangs na…
12 Jun 2023 5AM 1 min

Ouers aangekla weens verberging van kindjie se dood in KaBokweni

'n Ma en stiefpa wat verlede week in die hof verskyn het vir die beweerde verkragting van hul tienerjarige dogter, word vandag aangekla van die verberging van 'n dood, na die oorskot van 'n eenjarige kind in hul erf in Pienaar opgegrawe is. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli,…
12 Jun 2023 5AM 1 min

Curriebeker: Betekenisvolle wen vir Stonehouse

Die Airlink Pumas se oorwinning van 27-17 Vrydag oor die Griekwas in Kimberley was genoeg om die verdedigende Curriebeker-kampioen van sy plek in die halfeindronde van vanjaar se kompetisie te verseker. Hulle speel Saterdag in Durban teen die Haaie, terwyl die Bulle die Cheetahs in Bloemfontein pak. Die Puma-afrigter, Jimmy…
12 Jun 2023 3AM 1 min

DA maak beswaar oor beskikbare ambulanse in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga vra dat die gesondheidsombud ondersoek instel na die provinsiale gesondheidsdepartement se versuim om nasionale riglyne oor nood mediese sorg na te kom. Volgens Jane Sithole word lewens in gevaar gestel deur die tekort aan ambulanse en personeel. Die vierde kwartaal-verslag vir 2022/23 wys daar is slegs…
9 Jun 2023 4AM 1 min

Jeugwerkswinkel om jongmense in die werksplek te bemagtig

Die Laeveld-tak van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue (SACBW) bied voor Jeugdag op 13 Junie 'n werkswinkel aan gemik op jong, nuwe professionele mense. Dit het ten doel om jeugdiges in die werksplek te bemagtig en onderwerpe soos die moontlike impak van Kunsmatige Impak (KI) op die werksplek, entrepreneuriese en…
8 Jun 2023 3AM 11 min

DA bekommerd oor pasiënte se kos by Themba-hospitaal

Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd oor beweringe dat pasiënte by Themba-hospitaal naby Witrivier nie van genoegsame kos voorsien word nie. Volgens Jane Sithole doen ‘n plasing die ronde op sosiale media oor hoe pasiënte soggens slegs twee snye droë brood ontvang voor ‘n maaltyd saans. Sy sê…
8 Jun 2023 2AM 1 min

Ekstra skop vir teenstropingsoperasies in die Krugerwildtuin

Die Krugerwildtuin het die donasie van opleiding en toerusting in taktiese ongevalle-sorg en eerstehulp vir hul veldwagters verwelkom. Die skenking, ter waarde van 166-duisend-600-Rand, is befonds deur die Conservation Risk Initiative en Noctuam Poaching Prevention Academy en is deur Mdluli Safari Lodge in Pretoriuskop gefasiliteer. Die woordvoerder van die wildtuin,…
7 Jun 2023 7AM 1 min

Mpumalanga premier bepleit vrede tussen taxiverenigings

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê die onbestendigheid wat tot dodelike aanvalle tussen taxiverenigings lei, is tragies en betreurenswaardig. Sy het gister die provinsiale Taxi Indaba in Middelburg toegespreek. Die premier sê hulle verstaan ten volle die uitdagings in die bedryf, soos buitensporige brandstofpryse, diensfooie en koste om taxi's…
7 Jun 2023 4AM 1 min

ActionSA vra dat Thaba Chweu en Msukaligwa onder administrasie geplaas word

ActionSA in Mpumalanga sê hy sal vandag aan die LUR vir samewerkende regering, Mandla Nlodvu, skryf om te vra dat Thaba Chweu- en Msukaligwa-munisipaliteite onder administrasie geplaas word. Dit kom na die Ouditeur-Generaal bevind het beide plaaslike owerhede het hul begrotings oorspandeer sonder om hul teikens te behaal. Volgens Thoko…
6 Jun 2023 4AM 1 min
640 – 660