100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
660 – 680

Mpumalanga-polisie arresteer meer as 500 verdagtes in gesamentlike operasies

Die polisie in Mpumalanga het die naweek 528 arrestasies gemaak tydens verhoogde polisie-aktiwiteite in al drie distrikte van die provinsie. Volgens die provinsiale polisie-kommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het hulle saam met onder andere die burgemeester van Steve Tshwete-munisipaliteit, Mhlonishwa Masilela, tradisionale leiers en lede van die taxi-industrie gewerk. In Marite…
6 Jun 2023 2AM 1 min

DA: Thaba Chweu-munisipaliteit maak onreëlmatige aanstellings 

# Die DA in Thaba Chweu sê die ANC-regering het onreëlmatig drie sleutel-aanstellings gemaak tydens 'n raadsvergadering Woensdag. Volgens DA-raadslid Marius Opperman, is waarnemende direkteure vir Korporatiewe Dienste en Gemeenskapsdienste aangestel en is die kontrak vir die huidige waarnemende hoof van Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling verleng, Dit na alle opposisie raadslede…
5 Jun 2023 7AM 1 min

Nuusberig: Netbal Wêreldbeker op toer in Mpumalanga

Die Netbal Wêreldbeker is op toer in Suid-Afrika voor die toernooi vanaf 28 Julie in Kaapstad vir die eerste keer in Afrika aangebied word. Die beker het gister in Mbombela aangekom, en toer vandag deur die dorp sowel as Nkomazi. Die LUR vir kultuur, sport en ontspanning in Mpumalanga, Thandi…
5 Jun 2023 6AM 1 min

Netbal Wêreldbeker vanmiddag by Mbombela-stadion te sien

Die Netbal Wêreldbeker is op toer in Suid-Afrika voor die toernooi in Julie in Kaapstad vir die eerste keer in Afrika aangebied word. Die beker het gister in Mbombela aangekom, en toer vandag deur die dorp sowel as Nkomazi. Die LUR vir sport en ontspanning in Mpumalanga, Thandi Shongwe, sê…
5 Jun 2023 4AM 1 min

Medelye na afsterwe van voormalige voorsitter van Mpumalanga G-P-F

Die LUR vir gemeenskapsveilighied in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het sy medelye betuig met die afsterwe van Kevin Pillay. Pillay is Woensdag na ‘n kort siekbed oorlede. Hy was vir langer as ‘n dekade die raadsvoorsitter van die provinsiale gemeenskapspolisiëringsforum, en was ook die algemene sekretaris van die nasionale koördineringsforum. Volgens…
2 Jun 2023 7AM 1 min

OB assesseer klagtes oor Mpumalanga Varsproduktemark

Die DA het die Openbare Beskermer se besluit verwelkom om klagtes oor vertragings en die koste van die bou van die Mpumalanga Varsproduktemark na 'n spesiale ondersoeker te verwys. Konstruksie is 12 jaar gelede aangekondig. Volgens Bosman Grobler is geen van die geboue al voltooi nie, en is meer as…
2 Jun 2023 7AM 1 min

Sewe spanne is nog in die Curriebeker met twee rondes oor

Die Haaie en Cheetahs sal die naweek probeer om tuis halfeindrondes te verseker in die Curriebeker deur onderskeidelik die Leeus in Durban en die Airlink Pumas in Mbombela te klop. Die Pumas bly egter in die wedloop om ‘n tuis halfeindronde. Sou die verdedigende kampioene egter hul oorblywende wedstryde -…
2 Jun 2023 2AM 1 min

Nuusberig: 'n Sterfte weens cholera is in Mpumalanga bevestig

Die Gesondheidsdepartement in Mpumalanga het ‘n sterfte weens cholera in die provinsie bevestig. Intussen is die bron van die uitbreking wat ook 24 lewens geëis het in Tshwane en een in die Vrystaat, steeds onbekend. ‘n Geval is gister ook in Limpopo bevestig.
1 Jun 2023 5AM 2 min

Sterfte weens cholera in Mpumalanga bevestig

Die departement van gesondheid in Mpumalanga het ‘n geval van cholera in die provinsie bevestig. ‘n 73-jarige vrou van Phaphamang in Phake in Dr JS Moroka-munisipaliteit is Vrydag in die Mmametlhake-hospitaal opgeneem met diarree, naarheid en braking. Sy is Dinsdag in die hospitaal oorlede. Cholera is deur ‘n laboratorium bevestig…
1 Jun 2023 2AM 1 min

Sekerheidswagte met verbode vuurwapens gevang

Twee manlike sekerheidswagte verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof op aanklagte van die besit van ongelisensieërde en verbode vuurwapens. Die twee is gister in Wtibank aangekeer na hulle glo teen ‘n hoë spoed verby sigbare polisielede gejaag het in ‘n Etios sonder nommerplate. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli,…
31 May 2023 7AM 1 min

77 Verdagtes die naweek in Mpumalanga aangekeer

'n Totaal van 77 mense is die afgelope naweek in Mpumalanga gearresteer as deel van “Operasie Siyavutha”. Volgens die polisie sluit die oortredings onder meer moord, poging tot moord, roof, aanranding, besit van onwettige wapens en ammunisie en oortreding van die Wet op Immigrasie in. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi…
29 May 2023 3AM 1 min

Saak teen vermeende renosterstropingsindikaat tot Julie uitgestel

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga sê hy is gereed om voort te gaan met die saak teen vier mense wat aangekla word van misdade verwant aan 'n renosterstropingsindikaat. Die woordvoerder van die N-V-G, Monica Nyuswa, sê die voorverhoor-konferensie is geskeduleer vir 17 Julie in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. Twee…
26 May 2023 8AM 1 min

Pumas moet teen Bulle wen om veilig te bly

Oorwinnings in die Curriebeker vir die WP en Bulle hierdie naweek kan moeilikheid maak vir die Airlink Pumas. Die Mpumalanga-span kan tot in die vierde posisie op die punteleer terugsak en daarmee die risiko loop om verbygesteek te word in die twee finale rondes voor die halfeindstryde bepaal word. Die…
26 May 2023 2AM 1 min

LUR besoek sentrum vir vroeë kinderontwikkeling in Mbombela

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê sy departement is besig om sentrums vir vroeë kinderontwikkeling in die provinsie te professionaliseer. Hy het vanoggend besoek afgelê by die Thembelihle-vroeëkinderontwikkelingsentrum in Mbombela om die vordering te monitor sedert dié sentrums aan sy departement toegewys is. Ten einde matrikulante te…
25 May 2023 6AM 1 min

DA: Estralita Spesiale Skool kort dringend aandag

Die DA sê daar moet dringend ingegryp word by Estralita Spesiale Skool in Lydenburg. Volgens Sonja Boshoff, ‘n lid van die Nasionale Raad van Provinsies, word leerlinge met gestremdhede hul grondwetlike reg op onderwys ontsê weens ‘n voortslepende staking deur Nehawu wat reeds 12 maande duur. Dit spruit uit bewerings…
24 May 2023 8AM 1 min

Mpumalanga begin ondersoek na Mkhondo-munisipaliteit se finansies 

Die DA het die forensiese ondersoek verwelkom wat die provinsiale regering in Mkhondo-munisipaliteit van stapel gestuur het. Irene Brussow, die DA-koukusleier in die munisipaliteit, sê haar party en ander belanghebbendes vra al jare dat beweerde wanadministrasie en wangedrag ondersoek word. Die ondersoek is deur die LUR vir samewerkende regering, Mandla…
24 May 2023 6AM 1 min

Manzini maan motoriste om by padreëls te hou na busongeluk

Die waarnemende premier, Sasekani Manzini, het motoriste gemaan om by die padreëls te hou. Dit is na ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders skool toe vervoer het. ‘n Minibus-taxi het glo ‘n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop teen die bus gebots het op die…
23 May 2023 5AM 1 min

Leerlinge ongedeerd na busongeluk in Acornhoek

Die waarnemende premier, Sasekani Manzini, het saam met die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, vandag Tsakane Spesiale Skool besoek na ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders na die skool vervoer het. 'n Taxi het na bewering 'n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop…
23 May 2023 5AM 1 min

Skok na taxi teen skoolvervoer-bus bots in Mpumalanga

Die provinsiale regering het sy skok uitgespreek ook ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders skool toe vervoer het in Mpumalanga. Volgens die onderwysdepartement het ‘n minibus-taxi ‘n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop teen die bus gebots het op die R40 in Acornhoek. Die bus…
23 May 2023 3AM 1 min
660 – 680