Radio Pulpit Met Hart en Siel

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement
105 Episodes
1 – 20

Die stem van die Herder

In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met teoloog en Oos-Kaapse retreat leier, Deon Loots, oor die stem van die Herder. Leon Venter gesels oor die geloofvader, Andrew Murray, en die impak van hierdie geestelike reus op ons geloofslewe.
16 May 1 hr 26 min

Liefste Ma

Skrywer Wendy Maartens deel die lewens- en geloofslesse wat sy by haar ma en ouma’s geleer het. Marinda Engelbrecht vertel hoe besige ma’s met blikkies en pakkies kan kook en Lynette Beer gesels oor hoe om in moelike tye te bly vasbyt.
9 May 1 hr 32 min

Met my hele hart en verstand

Stephan Joubert gesels oor die skakel tussen jou brein en jou geloof en musikant en sanger Estie Gross kuier in die ateljee.
2 May 1 hr 30 min

Sober

Willie Pienaar en Wentzel Coetzer gesels oor die impak en vernietigende effek van verslawing.
25 Apr 1 hr 35 min

Van vrees na vrede

Skrywer Madalein Rust gesels oor die pad van vrees na vrese… oor haar pad met kanker…
18 Apr 1 hr 28 min

Pad-predikant

Pastoor en musikant Arnold de Wet kuier in die ateljee. Gebedstapper Peet Bekker gesels oor die lewe op Lindley in die Vrystaat en hoe God in daardie deel van ons land aan die werk is.
11 Apr 1 hr 27 min

Olie vir jou lamp

In hierdie aflewering gesels joernalis en skrywer, Emsie Martin oor Olie vir jou lamp, Jimi le Roux gesels oor Hoop vir elke dag en Surita Scholtz leer ons om in vreugde en vertroue te leef. Elaine Baard vertel meer oor ‘n spesiale kunsgroep van gelowige vroue in die Gansbaai-omgewing.
4 Apr 1 hr 23 min

Seeking God

During this episode Christine Ferreira welcomes author and preacher Trevor Hudson to the studio to discuss his latest book Seeking God Finding another kind of life with St. Ignatius and Dallas Willard.
28 Mar 1 hr 29 min

Genesing vir trauma

Sielkundige, Yvonne Retief, kuier in die ateljee en gesels oor die genesing vian trauma, veral in die Suid-Afrikaanse konteks.
14 Mar 1 hr 34 min

O Heer, ons bid vir ons land

Maretha Maartens gesels oor ‘n gebedsinisiatief vir ons land. Schalk van Heerden sê wees ‘n betereinder – wees die verskil en hy vertel hoe ons dit kan doen as gelowiges. En Barend Vos gesels oor sy jongste roman Kanaän.
7 Mar 1 hr 20 min

Gelykenisse van Jesus

Prof Cas Vos gesels oor die gelykenisse van Jesus en Ds Ronell Bezuidenhout vertel meer oor ‘n spesiale Lydenstydprojek.
21 Feb 1 hr 30 min

Die liefde

In hierdie aflewering gesels predikant Rudi Swanepoel, skrywer Lizette Murray en rubriekskrywer Chante Hinds-Moller oor die liefde. Romanskrywer, Tertius Janse van Rensburg vertel meer oor sy nuwe Christelike roman, Aurora
14 Feb 1 hr 25 min

Meer as oorwinnaars

Christine Ferreira gesels in hierdie aflewering met skrywer, Milanie Vosloo, oor hoe om donker tye te oorwin. Kunstenaar en musikant, Charlotte Jean gesels oor dieper vreugde en Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor die wêreldwaarneminglys wat pas bekendgestel is.
7 Feb 1 hr 34 min

Lekker & gesond

Christine Ferreira gesels in hierdie aflewering met twee bekende koskenners, kosredakteur en skrywer, Carmen Niehaus en met Iné Reynierse, praktisyn in funksionele diagnostiese voeding en skrywer van die gewilde Low Carb is lekker reeks kookboeke.
31 Jan 1 hr 39 min

Kuns en kreatiewe joernale

Twee kunstenaars wat skilder en leef tot God se eer kuier in die ateljee; joernaalkunstenaar en musikant, Anel Stricker-Bessinger en skilder, Heidi McKay.
24 Jan 1 hr 37 min

Psalms

Teoloog prof. Cas Vos te gesels oor die Psalms en Benno Kuhn deel 40 ankers vir ons geloofslewe.
17 Jan 1 hr 29 min

Maak dit 'n gesonde nuwe jaar

Voedingskundige Madalein Helm gesels oor hoe om jou gesondheid in die jaar wat voorlê voorop te stel.
10 Jan 1 hr 27 min

U ken my

Elize-Marie Müller vertel oor die ontdekking van jou identiteit in Christus. Lewensafrigter Amanda de Lange gesels met ons oor die stel van doelwittte en joernalis en skrywer Jeanne Els vertel meer oor haar boek Ons kyk na die donkiemaan Stories oor die lewe.
13 Dec 2022 1 hr 35 min

Dissipelskap

Prof Herman Bretyenbach gesels oor die brief aan die Filippense sowel as die Evangelie van Johannes. Deon Loots gesels oor die hart van dissipelskap en Elizabeth Botha van Geopende Deure deel nuus oor die Vervolgde kerk. Ons sluit ons program af met ‘n stiltetyd-meditasie deur Milanie Vosloo.
6 Dec 2022 1 hr 30 min
1 – 20