Radio Pulpit Met Hart en Siel

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement
145 Episodes
20 – 40

Dink nuut, geloofskrisis en gebede vir die Vervolgde Kerk

In hierdie aflewering kuier skrywer, Sanet Deysel, in die ateljee om oor haar boeke Mountains Moving your mountains one thought at a time en Things I wish I knew when I was a teen te gesels. Lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels met ons oor wat om te doen as jy…
17 Oct 2023 1 hr 32 min

Dink nuut oor aftree

Ontwikkelingskundige, dr Melodie de Jager, gesels oor hoe om aftrede reg te benader as dit kom by liggaam, siel en gees.
10 Oct 2023 1 hr 33 min

Die lewe is 'n asem lank

In hierdie aflewering gesels Ds Deon Loots oor hoe om ‘n spontane getuienis van Jesus te wees. Frieda van den Heever vertel meer oor ‘n digbundel met die titel Die lewe is ‘n asem lank Gedigte oor verlies en vertroosting. En skrywer Helena Hugo gesels oor haar jongste geestelike roman…
3 Oct 2023 1 hr 32 min

Demensie en geloof

Dr Michiel van der Merwe gesels oor die godsdiensbelewenis van ‘n persoon met demensie. en Prof Wentzel Coetzer vertel meer oor generasie-bagasie, wat dit behels en wat die impak daarvan op ons menswees en welstand is.
26 Sep 2023 1 hr 34 min

Poskaarte van 'n reis

In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met joernalis en skrywer Jacqueline Leuvennink oor ‘n bundel essays en rubrieke met die titel Poskaarte van ‘n reis. Bettina Wyngaardt gesels oor haar jongste roman Grietjie se loutering en skrywer Elize Parker vertel meer oor haar jongste boek Wanneer skaduwees kantel.
19 Sep 2023 1 hr 36 min

Gebed vir elke geleentheid

Ds Hennie Maartens gesels met ons oor gebed vir elke geleentheid. Entrepeuner en sakevrou Alet van Zyl van Beaufort-Wes vertel meer oor haar onderneming Hartsgoed en Dr Roné-Marie Keet gee praktiese wenke vir ouers en leerders oor hoe om Graad 12 te oorleef.
12 Sep 2023 1 hr 34 min

Bakens van geloof

In hierdie aflewering kuier Mev Suid-Afrika finalis Nadine van de Wateren in die ateljee en gesels trourok-ontwerper Ilse Roos oor haar bakens van geloof.
5 Sep 2023 1 hr 35 min

Bybelse kosse

Pastoor Marielle de Vos gesels oor Bybelse feeste en Bybelse kos. Ds. Hendrik van Deventer deel ‘n boodskap oor vrede en vreugde te midde van swaarkry.
29 Aug 2023 1 hr 34 min

Onbeskryflike genade

Stefaans Coetzee gesels oor Onbeskryflik Genade en hoe keuses, klein en groot, jou lewe rig. Gerhard Lindeque van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika vertel meer oor die 90e bestaansjaar van dié organisasie en die spesiale feesvieringe wat hiermee gepaard gaan. Skrywer Jan Vermeulen gesels oor sy jongste jeugboek Om ‘n leeu…
22 Aug 2023 1 hr 33 min

Sonneblomme & sneeu

Michelle Potgieter vertel oor die lewe in die Oekraine waar sy vir al meer as 27 jaar lank woon en joernalis, Karien Basson, gesels oor 'n boek waarin bekende sportsterre hul geloofsreis deel.
8 Aug 2023 1 hr 33 min

Vroue van die Bybel

Esté Geldenhuys gesels oor vroue van die Bybel en wat ons vandag by hulle kan leer.
1 Aug 2023 1 hr 31 min

Sukses en welvaart - hoe ons as gelowiges daaroor dink

Dr. Johan Beukes gesels oor die ander kant van sukses en vertel meer oor wat hy uit gesprekke met bekendes geleer het. PJ Botha gesels oor jou reis na welvaart en ds. Rudi Swanepoel gee ‘n Bybelse perspektief op geld en sukses in hedendaagse tye.
25 Jul 2023 1 hr 28 min

Skrywers en boeke

Tydens hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met die skrywers van vier Christelike boeke wat by luisteraars sal byval vind. Alexa Steyn gesels oor haar Bybelse roman, Die Galileërs. Helena Hugo vertel oor Verbly julle in die hoop, die tweede roman in ‘n reeks van drie. Wendy Maartens gesels oor Psalms…
18 Jul 2023 1 hr 42 min

Veerkragtige lewensritmes

Narratiewe berader, Faith Durie kuier in die ateljee. Dr. Gideon van der Watt gesels oor veerkragtige lewensritmes en Jennie Pretorius deel haar getuienis oor die pad wat sy moes stap met die heengaan van haar dogter.
11 Jul 2023 1 hr 32 min

Wikkel jou brein waywyd wakker

Neurowetenskaplike, dr Melodie de Jager, kuier in die ateljee en gesels oor breingesondheid van voor geboorte tot en met bejaardheid en hoe om jou brein wawyd wakker te hou en die volle potensiaal daarvan te benut.
4 Jul 2023 1 hr 29 min

Rede om te glimlag

In hierdie episode gesels Christine Ferreira met Retha Ingenbleek oor die SPAR Women’s Challenge Tshwane en hoekom ons altyd rede het om te glimlag, Kim Robertson Smith vertel meer oor die werk van die Smile Foundation en en Annie & Merrick van As deel hul getuienis oor hul seuntjie Joshua…
27 Jun 2023 1 hr 27 min

Bidkombers & Identiteitsankers

Jenny Pretorius, Marlene le Roux en Elmarie van der Merwe vertel meer oor ‘n spesiale gebedsbediening en lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels oor ons unieke identiteit in Christus en hoe om dit te ontgin.
20 Jun 2023 52 min

Vroue van die Bybel

Esté Geldenhuys kuier in die ateljee en deel inspirasie oor dit wat ons by die vroue van die Bybel kan leer
6 Jun 2023 54 min
20 – 40