Verlies

Loading player...
Sonja Smith kuier in die ateljee en gesels oor die Sweedse gebruik van die sogenaamde “gentle art of death cleaning” en die voordele wat dit op vele vlakke inhou. Sy vertel ook meer oor haar stryd vir die regte van ouers, wat 'n kindjie weens 'n miskraam verloor, om behoorlik te kan afskeid neem. Jeanette Coetzee deel haar getuinenis rondom die verlies van drie baba’s en die geloofslesse wat hieruit voortgespruit het. Dr. Pieter van Jaarsveld gesels oor die perspektief wat Job vir elkeen van ons op die lewe bied.
20 Jan Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement

Other recent episodes

Roeping, tuine en Daily Bread

Narratiewe berader Faith Durie kuier in die ateljee en gesels oor jou roeping teenoor jou beroep. Skrywer Lizette Murray vertel meer oor die mooi plek wat tuine in ons lewens en in die Woord inneem. Lorraine en Izak Sadler van Daily Bread in Grootbrakrivier deel hul getuienis oor hoe hulle…
13 Oct 1 hr 32 min

Van 'n hartsreis tot die bestuur van 'n Christen sake-onderneming

Fotograaf, Hanneri de Wet, kuier in die ateljee en gesels oor ‘n hartsreis wat sy na Engeland en Frankryk onderneem het. Joernalis, Riëtte van der Wat, vertel meer oor die interessante mense met wie sy onderhoude gevoer het vir die saamstel van die Lente-uitgawe van Lééf met hart & siel…
6 Oct 1 hr 34 min

Bybelgenootskap van Suid-Afrika, identiteitsankers en Karoo Wildsvleis

In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met die nuwe uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, ds Gerhard Pieterse. Spesialis- lewensafrigter Amanda de Lange kuier in die ateljee en vra Waarin is jou identiteit geanker? Daarna vertel Lynne Minnaar meer oor ‘n splinternuwe kookboek, Karoo Wildsvleis, wat onlangs op die…
29 Sep 1 hr 33 min

Muur van hoop, Ya Bana VIllage & KI

Marlene Eksteen van Potchefstroom gesels oor ‘n spesiale mosaïekprojek waarby sy en ‘n groep dames betrokke was om dié universiteitsdorp te verfraai. Naomi Brink vertel meer oor die Ya Bana Village Gastehuis en Retraitesentrum en die werk wat hulle onder kinders doen. Dr Eugene Botha gesels met ons oor kunsmatige…
22 Sep 1 hr 36 min

Mansgesondheid

Voedingskundige Madalein Helm gesels oor mansgesondheid en spesifiek oor voeding vir mans in elke lewensfase.
15 Sep 1 hr 35 min