Radio Pulpit Met Hart en Siel

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement
226 Episodes
140 – 160

Dissipelskap

Prof Herman Bretyenbach gesels oor die brief aan die Filippense sowel as die Evangelie van Johannes. Deon Loots gesels oor die hart van dissipelskap en Elizabeth Botha van Geopende Deure deel nuus oor die Vervolgde kerk. Ons sluit ons program af met ‘n stiltetyd-meditasie deur Milanie Vosloo.
6 Dec 2022 1 hr 30 min

Disleksie en meer

Sandra Stark van die Stark Griffin Dyslexia Academy in Vereeniging en Janetta van Niekerk en Jane Steenkamp van Die Krans Laerskool in Pretoria in die ateljee en word daar gesels oor disleksie en die hantering van hierdie en ander leerversteurings by leerders.
29 Nov 2022 1 hr 32 min

Ontmoet God in gebed

Christine Ferreira gesels met Esté Geldenhuys oor hoe om gebed intiem en persoonlik te maak.
8 Nov 2022 1 hr 29 min

Die lewe wat ek jou gegee het

In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met geliefde skrywer Helena Hugo oor haar jongste roman Die lewe wat ek jou gegee het. Daarna vertel Mariana de Bruin oor hoe om God se skoonheid om jou te kan raaksien.
1 Nov 2022 1 hr 28 min

Talentvolle vroue

In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met digter, Nadine Claassen, pottebakker Nicci Stewart, skoonheidskenner Mimmie Lancaster en hoedmaker Kinny Sinden-Combrink oor die onderskeie talente waarmee God elkeen van hulle geseën het en hoe hulle dit tot sy eer gebruik.
25 Oct 2022 1 hr 32 min

Ontmoet God in gebed

Esté Geldenhuys gesels oor die impak van Jesus se kruisiging op ons gebedslewe.
18 Oct 2022 1 hr 26 min

Bybelmaand

Christine gesels in hierdie aflewering met Hennie Maritz en Christelle Combrink van Duis:lig. Berlise Lourens vertel oor die werk van die Christelike Lektuurfonds en ‘n Bybelprojek vir kinders wat vandeesmaand van stapel gestuur is en Jaco Stolz verteel meer oor die nuwe Profesie Bybel wat pas verskyn het.
11 Oct 2022 1 hr 20 min

Die God wat ons aanbid

Esté Geldenhuys gesels oor gebed en ons intieme verhouding met God.
27 Sep 2022 1 hr 28 min

Pelgrimstog & depressie

Gebedstapper Peet Bekker gesels oor die nuwe Maluti Camino en ‘n spesiale staptog in die Uniondale-omgewing vir mense wat aan MS ly. Prediker en skrywer Ivor Swartz kuier in die ateljee
20 Sep 2022 1 hr 35 min

Jou nalatenskap

Gevul of vervul? Narratiewe berader, Faith Durie, bring Woord wat inspireer. Hendrik Steyn van die SA Raad vir blindes vertel oor die werk wat hulle onder siggestremde persone doen en Wouter Snyman kuier in die ateljee om oor testamente en meer te gesels. Ons sluit die program af met ‘n…
13 Sep 2022 1 hr 25 min

Piet Smit

Die beminde en immergroen sanger Piet Smit kuier in die ateljee en gesels oor die rigtingwysers op sy lewenspad en geloofsreis.
6 Sep 2022 1 hr 19 min

Doen jou deel om te help en bring so hoop

Skrywer en omgewingsbewuste-gelowige, Elize Parker, oor haar betrokkenheid by die redding van groot katte en ander wilde diere was gevange gehou word. Stella de Kock van Tell vertel meer oor die belangrikheid van familiegesprekke oor orgaanskenking en teoloog dr Johann Voges gesels met ons oor hoop.
30 Aug 2022 1 hr 29 min

Het ek my geloof verloor?

Lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels oor vergifnis. Pierre du Plessis vertel meer oor sy nuwe boek Het ek my geloof verloor? en Solet Scheeres gee raad oor hoe om as ouer verlies in jou kind se lewe te hanteer.
23 Aug 2022 1 hr 30 min

Jou kind en gebed

Karen Swart vertel oor hoe om God in die gewone te kan raaksien. Ewald van Rensburg gesels oor ‘n splinternuwe boek vir die jeug met gebed as tema, asook ‘n oulike nuwe kinderboek oor ‘n baie spesiale skapie. Bekende predikant, jeugberader en mede-skrywer, Siegfried Louw, gesels oor jou kind en…
16 Aug 2022 1 hr 25 min

Vrouehelde

Tydens hierdie uitsending vier ons Vrouedag en gesels Christine met Elsje en Elsje Kritzinger, ‘n ma en dogter wat tekenend is van hoe gelowige vroue ten spyte van moeilike omstandighede in oorwinning kan lewe. Wendy Maartens gesels met ons oor ‘n paar uitsonderlike Suid-Afrikaanse vrouehelde.
9 Aug 2022 1 hr 36 min

Geseënd is dié wat treur

Susan Jordaan verteel meer oor ‘n splinternuwe boek met die titel Geseënd is dié wat treur. Ds Rudi Swanepoel gesels oor die impak van verlies en daarna kuier Susan Coetzer in die ateljee om te gesels oor haar jongste boek Blinde Mol of wyse uil, leef met integriteit.
2 Aug 2022 1 hr 34 min

Gesond van binne

Voedingskonsultant Madalein Helm kuier in die ateljee en word daar gesels oor jou gesondheid, immuniteit, stres en jou spysverteringstelsel.
26 Jul 2022 1 hr 37 min

Hoe om die regte laerskool vir jou kind te vind

Die hoof van Laerskool Die Krans en Kransjakkers in Pretoria, Janetta van Niekerk en mentor en fassiliteerder Lieneke Neethling kuier in die ateljee en word daar gesels oor jou laerskool- en voorskoolse kind en skool.
19 Jul 2022 1 hr 31 min

Hoe om kinders met karakter groot te maak

Blogger, ma, voormalige Mev. Verenigde Nasies Kona Brown vertel oor hoe om kinders met karakter en moed groot te maak. Arbeidsterapeut Adrinet de Bod gesels oor die uitdagings en vreugdes van ma-wees en Hannes Pretorius vertel meer oor ‘n nuwe dissipelskool in Mosselbaai vir jong volwassenes.
12 Jul 2022 1 hr 33 min
140 – 160