Radio Rosestad Rosestad Godsdiens

Rosestad Godsdiens

Christelike oggenddienste wat uitgesaai word Maandag tot Saterdag om 08:30 asook Sondag Erediens om 09:00 en die Aanddiens om 19:00
Daily Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
958 Episodes
840 – 860

Donderdagoggend - Dr Belinda vd Vlies

JESAJA 11 Die loot uit die stomp van Isai 1'n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra. 2Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die…
21 Dec 2023 1AM 27 min

Woensdagoggend - Dr Belinda vd Vlies

MIGA 5 1Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede!
20 Dec 2023 1AM 26 min

Dinsdagoggend - Dr Belinda vd Vlies

JESAJA 7 14Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem. JESAJA 9 5Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy…
19 Dec 2023 1AM 22 min

Maandagoggend - Dr Belinda vd Vlies

Die geboorte van Jesus word aangekondig 26In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na 'n maagd in Nasaret, 'n dorp in Galilea. 27Sy was verloof aan Josef, 'n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria. 28Toe die…
18 Dec 2023 1AM 22 min

Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

1 TIMOTEUS 4 Die afvalligheid in latere tye 1Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang. 2Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is. 3Hulle verbied mense om te…
17 Dec 2023 12PM 29 min

Sondagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

DEUTERONOMIUM 19 Asielstede (Vgl.Num. 35:9-28;Jos. 20:1-9) 1“Die Here jou God sal die nasies uitroei wie se land Hy aan jou sal gee. Hy sal hulle verdryf en jy sal in hulle stede en in hulle huise woon. 2In die land wat die Here jou God aan jou gee om te…
17 Dec 2023 2AM 33 min

GELOFTEDAG - Saterdagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

PSALMS 78 Sodat die volgende geslag dit kan weet 1'n Gedig van Asaf. Luister na wat ek jou leer, my volk, luister aandagtig na wat ek sê. 2Ek gaan 'n gedig voordra, ek gaan julle inlei in geheimenisse uit die verre verlede. 3Wat ons gehoor het en wat ons weet,…
16 Dec 2023 12PM 27 min

GELOFTEDAG - Saterdagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

PSALMS 116 Ek het die Here lief 1Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. 2Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. 3Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. 4Toe het ek die Naam van…
16 Dec 2023 2AM 23 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

MATTEUS 26 Jesus in Getsemane (Mark. 14:32-42;Luk. 22:39-46;Joh. 18:1-2) 36Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” 37Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en…
15 Dec 2023 1AM 20 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

MATTEUS 17 Die verheerliking op die berg (Mark. 9:2-8;Luk. 9:28-36) 1Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle op 'n hoë berg gebring waar hulle alleen was. 2Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander: sy gesig het begin straal soos die…
14 Dec 2023 1AM 19 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

LUKAS 11 Onderrig oor die gebed (Matt. 6:9-15;7:7-11) 1Jesus was êrens op 'n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” 2En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan:…
13 Dec 2023 1AM 13 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

JOHANNES 8 1maar Jesus het na die Olyfberg toe gegaan. 2Die volgende môre vroeg was Hy weer in die tempel en die hele volk het na Hom toe gekom. Hy het gaan sit en hulle geleer. 3Die skrifgeleerdes en die Fariseërs bring toe 'n vrou wat op owerspel betrap is,…
12 Dec 2023 1AM 14 min

Maandag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

MATTEUS 1 Die geslagsregister van Jesus Christus (Luk. 3:23-38) 1Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: 2Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van Juda en sy broers; 3Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, Peres van…
11 Dec 2023 1AM 15 min

Sondagaand Erediens- Ds Hannes du Plessis

MATTEUS 20 Gelykenis van die arbeiders in die wingerd 1“Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met die eienaar van 'n wingerd wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur. 2“Nadat hy met die arbeiders ooreengekom het om hulle die gewone dagloon…
10 Dec 2023 12PM 20 min

Sondagoggend Erediens- Ds Hannes du Plessis

MATTEUS 21 Die gelykenis van die boere en die wingerd (Mark. 12:1-12;Luk. 20:9-19) 33“Luister na nog 'n gelykenis,” het Jesus gesê. “Daar was 'n grondbesitter wat 'n wingerd geplant en 'n klipmuur daar rondom gebou het. Hy het daarin ook 'n parskuip uitgekap en 'n wagtoring opgerig. Toe het hy…
10 Dec 2023 2AM 24 min

Saterdag Oggenddiens- Ds Hannes du Plessis

MATTEUS 21 Die gelykenis van die twee seuns 28“Wat sê julle hiervan? Daar was 'n man met twee seuns. Hy het vir die een gaan sê: ‘Seun, gaan werk vandag in die wingerd.’ 29‘Ek wil nie!’ antwoord hy, maar later het hy spyt gekry en tog gegaan. 30Die man het…
9 Dec 2023 1AM 20 min

Vrydag Oggenddiens- Ds Hannes du Plessis

MATTEUS 5 Liefde vir die vyand (Luk. 6:27-28,32-36) 43“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45sodat julle kinders…
8 Dec 2023 1AM 17 min

Donderdag Oggenddiens- Ds Hannes du Plessis

PSALMS 8 Lof aan die Skepper 1Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid. 2Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het…
7 Dec 2023 1AM 19 min

Woensdag Oggenddiens- Ds Hannes du Plessis

1 TESSALONISENSE 2 6Ons het nooit daarna gestreef dat mense ons sou eer nie, of dit nou julle is of ander 7al kon ons as apostels van Christus allerhande eise aan julle gestel het. Ons was liefdevol en sag teenoor julle soos 'n ma wat haar kinders vertroetel. 8So geheg…
6 Dec 2023 1AM 15 min
840 – 860