Maroela Media Maroela Media Nuus

Maroela Media Nuus

Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Weekly Afrikaans South Africa News
58 Episodes
1 – 20

Skrap SEB-vereistes vir waterlisensies nou

Aansoeke op die DWS se aanlynplatform kan nie afgehandel word indien die aansoeker nie aan bepaalde vereistes van breedgabaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BGSEB) voldoen nie.
29 Nov 1 min

Drie maande, 88 plaasaanvalle, 127 slagoffers

Plaasaanvalle het in die derde kwartaal van die jaar (Julie tot September) met altesame 21% toegeneem. Altesame 88 plaasaanvalle, waaronder 13 plaasmoorde, is in hierdie tydperk aangeteken. In die tweede kwartaal (April tot Junie) is 73 plaasaanvalle, waaronder 23 moorde, aangeteken.
15 Nov 1 min

Waterkrisis dreig: 81% van riooluitvloei nie voldoende behandel

AfriForum stel sedert 2013 jaarliks ’n onafhanklike blou-en-groendruppelverslag saam om betroubare inligting oor die gehalte van Suid-Afrika se drink- en rioolwater aan die publiek bekend te maak. Marais de Vaal, AfriForum se raadgewer vir omgewingsake, waarsku vanjaar se toetse is rede tot ernstige kommer.
15 Nov 1 min

Voorgestelde waterregulasies teruggetrek

Volgens Marais de Vaal, AfriForum se adviseur vir omgewingsake, het AfriForum sterk kapsie gemaak teen die voorgestelde waterregulasies van die departement aangesien dit nie net ontspanningswatergebruikers soos hengelaars, boot- en seiljagvaarders, toerisme-operateurs en oewer-grondeienaars se gevestigde regte sou vertrap nie, maar ook sou neerkom op ’n growwe oorskryding van regeringsmag.
10 Oct 1 min

AfriForum, Skaak SA in hof oor skorsing

Die burgerregteorganisasie AfriForum en Skaak SA was Donderdag in die Pretoriase hooggeregshof oor die onregmatige skorsing van Skaak SA vroeër vanjaar deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok).
5 Oct 1 min

Pierre Spies se raad aan die Springbokke

Oud-Springbok-agtsteman Pierre Spies sien uit om die Bokke in aksie te sien tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi. Hier is sy raad aan die Bokke op die vooraand van hul eerste wedsteryd teen Skotland.
7 Sep 1 min

Rioolvuil oorspoel Seekoeivlei-reservaat

Leona Kleynhans, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) in die Vrystaat, het die Seekoeivlei-natuurreservaat onlangs besoek en vasgestel dat die vleiland deur al die rioolvuil van die dorp – met sy sowat 5 000 inwoners – besoedel word.
28 Aug 1 min

Ramphulp gevra ná verwoestende brande

Landbou in die omgewing het dringende hulp van die staat nodig. Plase grensend aan drie provinsies, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Vrystaat, is tot as verbrand, sê die DA se Henro Kruger.
27 Aug 1 min

Netbal SA moet ‘probleme pak, nie stemme stilmaak’

Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Sport, sê AfriForum doen ’n beroep op Netbal Suid-Afrika en sy beheerliggame om kritieke kwessies te prioritiseer en die hoof te bied eerder as om geldige bekommernisse en stemme te probeer onderdruk.
22 Aug 1 min

‘Kaping van skole sal nie geduld word’

Die burgerregte-organisasie AfriForum is gereed vir regsaksie as die Bela-wetgewing aanvaar word. Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, beklemtoon dat die Bela-wet onderwys in die land ingrypend sal skaad indien dit in die huidige formaat aanvaar word en is daarom gereed om dit met litigasie teen te staan.
18 Aug 1 min

Antwoorde geëis oor Zuma se spesiale kwytskelding

AfriForum het Donderdag ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) by die kantoor van pres. Cyril Ramaphosa ingedien om meer inligting te bekom rakende oudpresident Jacob Zuma se onlangse spesiale kwytskelding.
17 Aug 1 min

Bok-vroue oorgehaal vir nuwe toernooi

Louis Koen, tussentydse hoofafrigter van die Springbok-vroue, meen die nuwe WXV 2-toernooi, wat in Oktober in die Wes-Kaap plaasvind, hou groot potensiaal en aantrekkingskrag in.
14 Aug 1 min

13 vroue nou ook meesterslagters by Shoprite

Dorothy Labuschagne, van die slaghuisopleidingsafdeling by Checkers Hyper Edenvale in Gauteng, het aan die Master Meat Artisan-program deelgeneem en sê dit was ʼn uitstekende leerskool. Labuschagne is al die afgelope 28 jaar by die Shoprite-groep betrokke.
10 Aug 1 min
1 – 20