Bela-wet | 'Wen-wen-skikking', sê DA

Loading player...
Die DA sê pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die inwerkingstelling van die Bela-wet maak dit duidelik dat die DA se Siviwe Gwarube - as minister van basiese onderwys - die plig het om regulasies, norme en standaarde te ontwikkel wat die wetgewing gaan bestuur.

Dit sluit in die omstrede artikels oor taal en toelating.

Die party sê hy het volle vertroue in Gwarube se vermoë om doelgerigte riglyne in te stel wat skooloutonomie teen ondermyning gaan beskerm.

“Die feit dat ʼn DA-minister met hierdie belangrike werk getaak is, is ʼn bevestiging van die DA se rol in die RNE as ʼn voorstander van grondwetlike regte, insluitend die reg op moedertaalonderrig."

Luister hier na Willie Aucamp, die DA se nasionale woordvoerder.
20 Dec Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Omstrede artikels nie sonder beskerming teen magsmisbruik ingestel - Dirk Hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, sê die omstrede artikels oor taal en toelatingsbeleid in die Bela-wet kan nie ingestel word voordat Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, ’n tydsraamwerk vasgestel het en die nodige norme, standaarde en regulasies ontwikkel het nie. “Prakties beteken dit dat hierdie artikels…
20 Dec 1 min