GROOTfm 90.5 Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars.
Weekly English South Africa Music · Music Interviews
37 Episodes
1 – 20

#ALT-Fokus – Robyn Huijen – 3 April

Hierdie week se #ALT-uitkyk sit ons die kollig op die talentvolle Robyn Huijen, ‘n geoktrooieerde rekenmeester met ‘n groot musiekdroom! Sy deel die inspirasie agter haar debuutsnit With Me, en hoe sy haar eie musiek leer vervaardig het – sommer in haar spaarkamer!
3 Apr 25 min

Weeksdae Vibes met Venita – Josh Klynsmith – 2 April

#Weeksdae Vibes Met Venita gesels ons met Josh Klynsmith, hy was voorheen die dromspeler van Gangs of Ballet en deel tans ‘n verhoog met Matthew Mole. Nou stap hy ‘n nuwe pad as solo-kunstenaar met sy debuutsnit, Rescue Me. Hy deel die storie agter die liedjie—van Sri Lanka tot ‘n…
2 Apr 18 min

Weeksdae Vibes Met Venita – Ananya – 1 April

#WeeksdaeVibesMetVenita gesels ons met opkomende indie-pop kunstenaar Ananya oor haar nuwe liedjie, All That Glitters Ain’t Gold. Sy deel die storie agter die lied, hoe die woorde na haar toe gekom het terwyl sy in ’n vliegtuig was. Ons praat ook oor selfliefde, musiek as terapie en wat volgende kom…
1 Apr 17 min

Weeksdae Vibes met Venita - 31 Maart Anton Goosen

Op #WeeksdaeVibesMetVenita gesels Anton Goosen oor sy jongste enkelsnit 'Tik Tok', wat hy vanaf sy nuutste album 'Sirkels' uitgereik het. Hy deel ook die verhaal agter nog ’n liedjie van die album, 'Luka'
31 Mar 19 min

#ALT-Fokus met Venita – Miss Velvet & Esjay Jones - 20 Maart

Vir hierdie week se Hoof-Fokus gesels Venita met Miss Velvet en Esjay Jones oor die rou emosies, rock-’n-roll-gees en boodskap agter hulle nuutste enkelsnit Hallelujah. Esjay Jones is TROTS Suid-Afrikaans wat haar talente internasionaal gevat het en op die regte tyd en regte plek voor Miss Velvet se deur beland…
20 Mar 22 min

Weeksdae Vibes Met Venita – Greunen Parker - 19 Maart

#WeeksdaeVibesMetVenita gesels met Greunen Parker oor sy musiekreis, sy ervaring op The Voice SA, en sy splinternuwe liedjie "Geheueloos." Van verhooghoogtepunte tot persoonlike inspirasie, Greunen het beslis die VIBES gebring
19 Mar 24 min

Weeksdae Vibes Met Venita – Heidi - 18 Maart

Heidi het by #WeeksdaeVibesMetVenita ingeloer om te gesels oor haar nuwe liedjie Sê my waar's jou hart. Ons het gesels oor die balans tussen werk en gesin, die uitdagings en vreugdes van ma-wees met twee kinders, en wat die toekoms vir haar inhou
18 Mar 24 min

Weeksdae Vibes Met Venita – Kabous - 17 Maart

Kabous kuier by #WeeksdaeVibesMetVenita in die ateljee om te gesels oor sy splinternuwe treffer Zamalekker—’n liedjie wat Suid-Afrikaners aanmoedig om die lekker in die lewe te vier!
17 Mar 20 min

#ALT-Fokus met Venita – Nikotien - 13 Maart

Daar is ’n nuwe band wat hulle merk maak in die alternatiewe industrie! Nikotien is hierdie week se #ALT-Uitkyk, en Venita gesels met 2 van die groep se lede (Ju-Hanco en Ethan) om te hoor wat ons nog alles kan verwag van hulle af. Hulle deel ook die storie agter…
13 Mar 23 min

Weeksdae Vibes met Venita – Eldon Flare - 11 Maart

Eldon Flare kom kuier op #WeeksdaeVibesMetVenita om te gesels oor sy nuutste enkelsnit, 'Rebelleer'. Hy vertel vir Venita dat 'n spontane liedjieskryfsessie in 'n kar saam met een van sy vriende gelei het tot sy eerste enkelsnit en die begin van sy musiekdroom
11 Mar 20 min

#ALT-Fokus Met Venita – Carla Franco, Donderdag 6 Maart

Hierdie week op #ALT-Fokus gesels Venita met Carla Franco as deel van Wêreldgehoordag. Carla deel haar liefde vir musiek en die struikelblokke wat sy moes oorkom om haar droom te kan uitleef. As ‘n groot aktivis vir vroue in die industrie, vier sy hul talent en het ‘n spesiale boodskap…
6 Mar 27 min

Weeksdae Vibes Met Venita – Mila Smith, Dinsdag 4 Maart

#WeeksdaeVibesMetVenita gesels met Mila Smith oor haar nuutste enkelsnit, Stranger. Sy deel die inspirasie agter die liedtie, hoe sy emosies in musiek omskep en waarom sy besluit het om ’n jaar breek te vat voordat sy weer musiek begin maak het.
4 Mar 14 min

#ALT-Fokus met Venita – Cantrel - 27 Februarie

Cantrel is Suid-Afrika se nuutste pa-en-seun-duo wat hierdie week se #HOOF-fokus kroon dra op #ALT-Fokus. Neil en Jesse het met Venita gesels oor hulle nuwe enkelsnit 𝘞𝘢𝘭𝘭𝘴 en die storie agter hulle EP 𝘑𝘶𝘮𝘱.
27 Feb 34 min

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht - 26 Februarie

Alzanley het op #WeeksdaeVibesMetVenita kom gesels oor haar nuwe enkelsnit, Menswees. Sy deel die inspirasie agter die musiek, hoe dit 'n boodskap van eenheid en liefde in 'n verdeelde wêreld bring, en haar eerste GROOT stap vir die EP wat sy wil vrystel!
26 Feb 14 min

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht - 25 Februarie

Ayrton gesels op #WeeksdaeVibesMetVenita oor sy nuutste enkelsnit The Inner Kid In Me, en hoe hy die balans vind tussen die musiek wat hy skryf en hoe hy besluit om dit uit te beeld. Ayrton vertel wat hy beplan vir die jaar en deel ook die advies wat hy op…
25 Feb 15 min

#ALT-Fokus met Venita - Christiaan Carstens, Donderdag 20 Februarie

#ALT-Fokus is ALTYD op die uitkyk vir nuwe talent, en hierdie week het Christiaan Carstens by Venita in die ateljee kom kuier. Hierdie 20-jarige het besluit om vanaf Lutzville in die Wes-Kaap na die GROOT stad te trek om sy passie vir musiek ’n loopbaan te maak, en ons is…
20 Feb 30 min

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht - Janine Fourie, 19 Februarie

Dis altyd lekker om saam met vriende en familie om ’n tafel te kuier. Dis ’n BONUS wanneer daardie kuiertjies jou musiek inspireer! Janine Fourie gesels op #WeeksdaeVibesMetVenita oor haar nuutste enkelsnit ‘All I Need’, en sy verklap dat al wat sy nodig het in die lewe is, “Son, Geluk,…
19 Feb 11 min
1 – 20