Die dokumentêr "Rhino Man" vertel die storie van die werk wat veldwagters doen om die bedreigde renoster van uitwissing te red. Marianne de Kock gesels met Sonop gaan Bos.
'n Dragtige wilde perd merrie is Sondagaand in Kaapsehoop deur 'n motoris doodgery. Andrea Fourie van die Kaapsehoop Wildeperdeforum sê die hele dorp het uitgesien na die koms van die vulletjie, omdat dié perde se bevolking aan't krimp is. Sy is bekommerd dat die wilde perde kan uitsterf as ons…
Duncan McKenzie was saam met Hugh Chittenden en Ian Whyte verantwoordelik vir die opdatering van die 2019 Roberts Bird Guide. Dié tweede uitgawe is reeds op winkelrakke en spog met ‘n uitgebreide fokus op die voëls van die Krugerwildtuin en Laeveld. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
Verlede jaar het die seekoeie saam musiekgemaak tydens 'n klassieke konsert ten bate van die Ereveldwagters. Linda Pieters, van die SANParke Ereveldwagters, en Sandra Jacobs van Innibos gesels met Sonop Ontbyt oor die "Classics in the Wild"-konsert wat hulle vanjaar beplan. "Dit is vir Innibos wonderlik om vir 'n slag…
Murray Bennet, 'n entomoloog (insekkenner) met jare se ervaring (hy is al 90 jaar oud) gesels met Sonop Ontbyt oor die insekwêreld en sy liefde vir bye.
Eco Training bied vanaf volgende jaar nuwe studiegeleenthede vir Bosmense aan. Corne Schalkwyk gesels met Sonop Ontbyt in hierdie week se episode van Sonop gaan Bos.
Vir die toekoms van natuurbewaring is dit belangrik om kinders van jongs af blootstelling te gee aan die geleenthede in bewaring en gasvryheid. Die Junior Ereveldwagters word daarom weer op die been gebring in die Laeveld. Chris Daniel van die SANParke Ereveldwagters gesels met Neels.
Daar is verskeie uitdagings om die wildlewe in die nasionale Krugerwildtuin (NKW) teen mense te beskerm. 'n Groot probleem is mense wat diertjies op die pad raakry. Roland Mastnek van die SANParke Ereveldwagters vertel vir Sonop Ontbyt dat dit dikwels gebeur al hou bestuurders van die spoedbeperking van 50 km/h…
Die SANParke Ereveldwagters spandeer naweke om, om rommel wat in die Krugerwildtuin gestrooi word, op te ruim. Jenny Robertson van die Ereveldwagters gesels met Gerhardt en Andri oor die probleem.
Die droom van Echo Training is 30 jaar gelede om ‘n kampvuur gebore. Sedertien het hulle tallose jongmense opgelei wat in natuurbewaring werk. Richard Davis gesels met Gerhardt en Andri.
Die SANParke Ereveldwagters bied eersdaags 'n leerskool aan vir voornemende junior Ereveldwagters om te leer hoe om die natuur te help bewaar. Chris Daniel van die Ereveldwagters sê dit is gemik op kinders van tussen 12 en 18 jaar oud. Hy gesels met Gerhardt.
Strikke is 'n baie groot probleem in die Krugerwildtuin. Jacques Malan can die SANParke Ereveldwagters gesels met Gerhardt oor wat hulle doen om hierdie probleem aan te spreek.
Om indringerplante in die Krugerwildtuin te probeer beheer is nie soos om bossies op jou grasperk uit te roei nie. André Bestbier van die SANParke Ereveldwagters fasiliteer werksessies teen die indringerplante. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
Mense het oor die algemeen 'n onnodige geneigdheid om in te meng met die natuur. "Moenie beseerde diere voer of water gee nie, hou hulle net warm en veilig en bel ons 'of 'n plaaslike veearts," sê Anneke van Schoor van Wild and Free Rehabilitasiesentrum vir wildlewe. Sy gesels met…
Saterdag hou die SANParke Ereveldwagters Boomplantdag by die inheemse kwekery in Skukuza. Karel de Beer gesels met Sonop Ontbyt oor die bedreiging wat indringerplante vir die Krugerwildtuin ekosisteem inhou en wat die veldwagters doen om dit te bekamp.
Carl Munster was 'n stadseun van Johannesburg voor hy homself in die wêreld van natuurbewaring begewe het. Hy vertel vir Sonop Ontbyt oor sy reis tot hier en hoekom hy nooit weer teruggekyk het nie.
28 Aug 2023
9 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.