Maroela Media Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak.
Wêreldwys word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Politics
16 Episodes

Ep. 16 | Landbou toenemend speelbal in globale politiek

In hierdie week se episode van Wêreldwys praat ons oor die internasionale landboubedryf, politiek wat landbou raak, en hoe dit op Suid-Afrika en ons boere inspeel. Dr. Theo de Jager, voorsitter van SAAI en ’n bekende internasionale landbouleier, is in die ateljee om oor hierdie en ander belangrike kwessies te…
5 Sep 46 min

Ep. 15 | Die afsterwe en herlewing van die Weste

Ons bespreek in hierdie week se episode van Wêreldwys die reuse-immigrantekrisis in Europa en wat nodig is om dit op te los. Ons gaan terug na die 15de eeu en die Italiaanse Renaissance en die noodsaak vir ’n kultuur- en identiteitsherlewing in Europa.
27 Aug 34 min

Ep. 14 | Oorlog verdiep met Oekraïne wat Rusland binneval

Op 6 Augustus vanjaar was dit die eerste keer sedert 1941 dat ʼn buitelandse weermag Rusland binnegeval het toe Oekraïne ʼn verrassingsaanval op die Koersk-streek in Rusland uitgevoer het. Was dit ʼn strategiese slim skuif of is dit ʼn gevaarlike stap wat die oorlog verder kan laat verdiep? Dit is…
22 Aug 30 min

Ep. 12 | Kanse al groter vir ʼn Midde-Oosterse streeksoorlog

Sedert Hamas se aanval verlede Oktober op Israel en die daaropvolgende oorlog in die Gaza-strook pak groter oorlogswolke vanuit verskeie hoeke om Israel saam. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons oor die gebeure in die Midde-Ooste en die kanse vir ʼn groter oorlog.
8 Aug 28 min

Ep. 11 | Daar is nog hoop vir Wes-Europa

Die verlies aan identiteit in Westerse samelewings is die afgelope paar jaar deeglik geboekstaaf. Die onlangse openingseremonie van die Olimpiese Spele het die reuseverlies aan identiteit en selfs die aanslag op die Christelike grondslag van die Weste bevestig.
31 Jul 31 min

Ep. 10 | Onsekerheid ná politieke chaos in die VSA

Wat beteken Biden se val, die sluipmoordaanval op Trump, Vance se kandidatuur en Harris, wat nou die Demokrate se presidentskandidaat is, vir Amerika? Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir antwoorde op hierdie en ander vrae.
25 Jul 35 min

Ep. 9 | SA moet fyn trap te midde van nuwe globale spanning

Na aanleiding van verlede week se Navo-beraad in die Amerikaanse hoofstad en die toenemende spanning tussen die Weste aan die een kant en Rusland en China aan die ander kant, word die vraag gevra of Suid-Afrika se huidige buitelandse beleid in diens van die mense van die land staan.
16 Jul 37 min

Ep. 8 | Drie verkiesings met globale gevolge

Hoe moet ons die uitslae van Frankryk, Brittanje en Iran se verkiesings interpreteer? In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys bespreek ons al die belangrike vrae oor hierdie en ander internasionale nuusgebeure.
10 Jul 44 min

Ep. 4 | Regse partye groei, maar min kan verander

Tendense in Europese beleid kan wêreldwyd gevolge hê. Daarom word hierdie week se hele program aan ʼn ontleding van die Europese verkiesing gewy, in gesprek met CW Burgers en Álvaro Peñas.
13 Jun 49 min

Ep. 3 | Lesse vir die Weste uit Nederland en Suid-Tirool

Suid-Tirool het ʼn band met die Afrikaner wat tot die Tweede Vryheidsoorlog terug strek. Daarmee saam is die model van outonomiteit wat Suid-Tirool oor dekades verkry het ʼn voorbeeld vir ander gebiede in Europa, maar ook die res van die wêreld.
5 Jun 49 min

Ep. 2 | Belgiese verkiesings gaan oor veel meer as net die staat

In die tweede episode van Wêreldwys gesels ons met een van die voorste Belgiese grondwetkenners, Frank Judo, oor die geskiedenis van die Belgiese staat, hoe federalisme in België ontwikkel het en wat ná volgende week se verkiesing verwag kan word.
31 May 35 min

Ep. 1 | Nuwe podsending oor buitelandse nuus

Om weekliks internasionale nuusgebeure te bespreek en te ontleed, stel Maroela Media hierdie week die nuwe podsending, “Wêreldwys”, bekend, wat deur Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, aangebied word.
26 May 47 min