#JouMenseMyMense saam met SPAR – Nie wie jy is nie, maar aan Wie jy behoort

--:--
Carla is ‘n enkelmamma van twee pragtige kinders – 4 en 9 onderskeidelik. Sy voel tans soos ‘n mislukking en vernedering en het ons met ‘n hulpkreet genader omdat sy so bang is haar dogter se opvoeding word benadeel as gevolg van agterstallige skoolfonds. Sy probeer alles in haar vermoë om bo uit te kan kom saam met haar ‘twee lyfies’, soos sy na hulle verwys. ‘Dis bitter moeilik, maar ons is wel dankbaar vir so baie meer’, sê sy.

Voor ons sit ‘n pragtige vrou. Jy kan sien sy is deur baie, en, op breekpunt. Bang om haar identiteit bekend te maak, ‘oor wat mense gaan dink’, sluk sy haar trots en stuur vir ons ‘n epos, alles ter wille van haar kinders. Carla glo baie dinge oor haar lewe. Tans, glo sy meer leuens as waarheid. Jy kan haar nie blameer nie, want sy is al keer op keer verwerp en teleurgestel.

Met die mooiste groen oë kyk sy in ons s’n, desperaat vir waarheid, verligting en bevestiging dat sy ‘n goeie mamma en mens is. Dat voorspoed en guns en Seën ook vir haar beskore is.

Ons moes vir haar gaan kuier. Al was dit net om haar te herinner wie sy is in Christus. Johan Smith het die volgende in ‘n inspirasie-boodskap gesê, en hier, is dit so gepas. Jou identiteit lê nie in dit wat jy verkeerd gedoen het in die verlede nie, maar in dit wat Jesus reg gedoen het. Die lewe gaan nie net oor wie jy is nie, maar aan wie jy behoort. Liewe Carla, glo hierdie oor jou lewe!
17 Nov 2021 2AM English South Africa Health & Fitness

Other recent episodes

Elizabeth Theunissen

'n 3 - 5 minute vroeë oggend-oordenking wat jou geestelik inspireer deur verskeie medewerkers
10 Dec 2020 1AM 4 min

Marno Boshoff

'n 3 - 5 minute vroeë oggend-oordenking wat jou geestelik inspireer deur verskeie medewerkers
18 Nov 2020 2AM 2 min

Lindie Strydom

'n 3 - 5 minute vroeë oggend-oordenking wat jou geestelik inspireer deur verskeie medewerkers
24 Nov 2020 2AM 3 min

Lindie Strydom

'n 3 - 5 minute vroeë oggend-oordenking wat jou geestelik inspireer deur verskeie medewerkers
17 Nov 2020 2AM 4 min

Lindie Strydom

'n 3 - 5 minute vroeë oggend-oordenking wat jou geestelik inspireer deur verskeie medewerkers
10 Nov 2020 2AM 3 min