Lunch Punch: Theuns Jordaan se boesemvriend en kollega, Jacques du Plessis, bevestig sy afsterwe

Loading player...
Die Afrikaanse gemeenskap lei aan skok oor die nuus dat die sanger en liedjieskrywer, Theuns Jordaan, vroeg vanoggend op die ouderdom van 50 oorlede is. Leukemie is in September verlede jaar by Jordaan gediagnoseer. Hy het in Maart vanjaar ‘n beenmurgoorplanting ondergaan as deel van sy kankerbehandeling. Hy is bekend vir sy liedjies "Soos Bloed", "Beautiful In Beaufort-Wes" en meer onlangs "Honger Hart".

Sy boesemvriend en kollega, die sanger, Jacques du Plessis, het die nuus telefonies aan GROOTfm bevestig.
17 Nov 2021 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min