Spreeklewe - 'n Nie-traditionele seënbede vir 2022

Loading player...
Ons begin 2022 met 'n Nie-traditionele seënbede. (Franciscan blessing)

Mag God jou seën met ongemak,
Vir maklike antwoorde, halwe waarhede,
En oppervlakkige verhoudings
Sodat jy diep in jou hart
Kan lewe

Mag God jou seën met woede
Vir onreg, onderdrukking,
En die uitbuiting van ander mense,
Sodat jy kan werk vir
Geregtigheid, vryheid en vrede.

Mag God jou seën met trane,
vir die wat pyn, Verwerping, honger en oorlog verduur
Sodat jy jou hand kan uitsteek
Om hulle te troos en
Om hul pyn in vreugde te verander
12 Jan 2022 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Gielie Hofman - Skole sport en ouers

Gielie Hofman gesels met Annelie oor hoe ouers hul kinders se sport, akademie en vrye tyd kan balanseer en hoe mens kies watter sport jou kinders aan moet deelneem.
3 Feb 21 min