#JouMenseMyMense saam met SPAR – Van oorleef tot oorwin!

--:--
Hesta en Waldo Swanepoel het ‘n storie en ‘n half om te deel. Die afgelope 19 jaar was nie maklik nie, en smag hulle na ‘n ‘Sjoe!’ en sorgvrye volgende 19! Tans bly hulle staande soos hulle kinderlik afhanklik van die Here is, styf vashou aan Sy soom, ondanks baie vrae en ‘n behoefte om asem te skep. Mamma Hesta is al ‘n klompie jare enkelmamma, en is Waldo se pa ‘n paar jaar terug oorlede. ‘n Week na sy dood, is haar ma en Waldo se ouma oorlede. Sy smag na iemand wat vir Waldo ‘n kans sal gee met ‘n werk, en is tans besig om hom soveel moontlik met kort-kursusse verder te bemagtig. Hy is bo-gemiddeld getoets vir ‘n tegniese aanleg, maar tans beperk finansies sy verdere kwalifikasies.

Hesta se suster het vir ons ‘n epos gestuur, en haar suster beskryf as ‘n ‘warrior’ wat nooit kla nie. Hesta was huiwerig oor die kuier, want sy wil net nie as ‘n slagoffer voorkom nie. Sy sê self hulle het soveel om voor dankbaar te wees, al oorval die onsekerheid van veral Waldo se toekoms haar. Sy ken Waldo se potensiaal, maar voel ook soms minderwaardig omdat sy nie die rol as ‘pappa’ kan vertolk nie. Sy voel soms asof die wêreld haar en Waldo verwerp het, maar erken ook dat hulle hulself isoleer ter wille van beskerming.

Haar stem bewe soos sy ons van hulle vele uitdagings vertel, maar, alhoewel haar hart baie seer is, en haar mismoed kort-kort sy verskyning maak, eindig haar sinne met hoop env rede, met die wete dat die Here weer sal sorg vir uitkoms en ‘n deurbraak – soos Hy altyd doen.

GROOTfm 90.5 het gaan kuier om bo alles vir haar dankie te sê vir haar waagmoed, oorwinnaars-mentaliteit, en sommer net vir die mens en mamma wat sy is!
19 Jul 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min