#JouMenseMyMense saam met SPAR – As die ‘groener gras’ verdor

--:--
Mario Britz het vir 26-jaar by ‘n firma in Port Elizabeth gewerk. Die firma het toegemaak, en kon nie eers die werknemers se pensioenfondse uitbetaal nie. Na 2-jaar se soeke na werk, het Mario in Pretoria werk gekry. Hy, sy pragtige vrou Landi en 4-jarige seun, Zion, het alles gepak wat in hul Renault Kwid kon pas, en gegaan waar hulle vooruitsig was. ‘n Vooruitsig van beter omstandighede, en bo alles, ‘n beter toekoms vir Zion.

Mario het aan ons ‘n hulpkreet gerig, omdat hy eers ‘n maand moes werk voor hy sy 1ste salaris ontvang het. Dit was ‘n uitdaging om tot ‘n brood te koop om te eet. Gelukkig het Zion by sy skool kos gekry, want in die aande was daar niks. Sommige aande het Mario en Landi sonder kos gaan slaap, en as hulle gelukkig was, was daar ‘n vrug wat hulle kon eet.

Mario is ‘n klipharde werker, en hy smag na ‘n geleentheid om vir ‘n maatskappy sy staal en potensiaal te wys. Hy is ontsettend lief vir sy vrou en seuntjie, ook sy ander kinders wat in Port Elizabeth woon. Hy sal vir hulle enigiets doen – selfs met ‘n leë maag gaan slaap. Hy is dankbaar vir sy vrou, en hulle ‘deur dik en dun’ huwelik.

Dankie dat julle bly hoop, bly glo en bly vertrou, en aan ons almal bewys dat ons nie net sal leef van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom – soos geskryfstaan in Matt 4:4. Ons is saam met julle opgewonde oor die vooruitsigte en verwagtinge waarvan julle gedroom het die dag toe julle verhuis het.
27 Jul 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min