#JouMenseMyMense saam met SPAR – Bak jouself uit die moeilikheid uit

--:--
Arend Moll en die liefde van sy lewe, Sonja, het die harte van die Oosters gewen met hulle koeksister-advertensies op die Facebook-gemeenskapgroep, “Ek is van die Ooste”. Arend was vir ’n ruk werkloos en hulle het toe begin koeksisters bak. Elke keer wanneer hulle ’n behoefte aan iets het, het hulle baie spesifiek gevra vir hulp vir daardie uitdaging. Hulle het nooit gevra vir geld nie. Arend en Sonja het somme gemaak en dan vir die Oosters gesê hulle moet 5 dosyn koeksisters verkoop om die spesifieke uitdaging te oorkom. Mense het so ingekoop in Arend-hulle se lewe en daar is selfs mense wat koeksister koop wat nie eers suiker eet nie. Hulle werk hard om kos op die tafel te sit, en soos hulle sê, “bak hulleself uit die moeilikheid uit”.

GROOTfm 90.5 het gaan kuier, want hulle storie en gepaardgaande dryf het hulle reeds so inspireer...En, die varsgebakte koeksisters vir ontbyt was ’n onverwagse, tog GROOT bederf!

Liewe Arend en Sonja, julle oorwinning is soet – figuurlik, maar ook letterlik. Ons is saam met julle opgewonde oor die koeksister- en roomyswinkel waarvan julle droom, en verklaar in Jesus Naam dat hierdie droom binnekort ’n realiteit sal word. Ons droom saam met julle oor dit, maar ons droom ook dat julle storie nog soveel meer mense sal aanmoedig om nooit moed te verloor of op te gee nie. Sodat almal wat deur ’n uitdagende tyd gaan, nie net die soet van julle koeksisters sal proe nie, maar ook die soet van julle oorwinning in hulle eie lewe sal ervaar.
2 Aug 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min