God het my gebruik om 'n man in die tronk te sit en ook om hom daar uit te haal

--:--
Weens my siekte toestand verlede jaar het ek glad nie my eie Radio programme aangebied en vervaardig nie. Wel, loof die Koning ek is gesond en genees! Ek het die nuwe jaar met 'n baie dankbare hart afgeskop en het weer begin om my eie program aan te bied en te vervaardig. Jy kan vanmiddag om 16h00 luister na my eerste "Baasraak saam Coach Freek" program vir die jaar op Baasraak Radio.

Ek gesels met Rudi Erasmus. Rudi was al op 30 jarige ouderdom 'n baie suksesvolle besigheidsman gewees. Hy het alles besit wat sy hart begeer het. Mooi huise, karre, 'n boot en jetski's ens. Rudi was egter uitgebrand en het leeg gevoel. Al sy aardse besittings kon hom nie vervul nie. Rudi het een oggend net na vyf uur by die gym aangekom waar hy geoefen het. Hy't gesien hoe 'n man vir die polisie probeer weghardloop. Rudi het toe agter die man aangehardloop en hom gearresteer. Die man se naam was Adrian Meyer. Die polisie het vir baie jare na Adrian gesoek weens verskeie misdrywe. Adrian was toe later vir 40 jaar tronk gestuur nadat Rudi hom gevang het.

Rudi is egter 'n ruk later ook gevonnis vir moord. Rudi en Adrian het mekaar toe weer ontmoet in 'n tronksel in die Brandvlei Maksimum gevangenis. Luister gerus na die program om te hoor wat verder gebeur het.

Luister na die program om 16h00 op die vlg link: www.baasraak.tv/webradio
22 Jan 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Baasraak saam Coach Freek 21 Feb 2024

Luister na Coach Freek se Radio Program "Baasraak" wat elke weeks oggend tussen 6-7uur op Unlock Radio uitgesaai word. Die episode was opgeneem by die Beaufort Wes Korrektiewe Sentrum
28 Feb 1 hr 09 min

Jou Gereedskapkas - Menzo Strauss

Luister na die Potgooi Episode van Coach Freek se Radio Program "Baasraak" wat elke weeks oggend tussen 6-7uur op Unlock Radio uitgesaai word.
9 Feb 55 min

Besoek aan Oudtshoorn Vroue Korrektiewe Sentrum - 10 Desember 2023

Ons het 'n lieflike tyd gehad binne die Oudtshoorn Vroue tronk. Omtrent al die vroue het saam my gebid en die Here Jesus aangeneem as hulle Verlosser en Here. Baie dankie vir almal se boodskappies en gebede. Die dames het dit baie geniet en waardeer
11 Dec 2023 2 hr 03 min