'n Leunstoel van hoop - Coach Freek Vermaak

--:--
Ek nooi al my mede Baasraakers om na die Potgooi te luister. Ek was bevoorreg om die 26 Januarie 2023 saam my mede boetas van die Manne van die Woord Boksburg te kuier op Zoom. Ek het so bietjie van my reis met limfoon kanker verlede jaar met hulle gedeel. Ek het hulle ingenooi in ‘n nuwe sendingsveld wat ek ontdek het. Ek het my boetas voorgestel aan “Ons Groenstoel Projek”. Ek nooi jou om na die potgooi te luister en hande met my te vat dat ons ‘n ‘leunstoel van hoop’ vir mense kan wees wat chemoterapie ontvang vir kanker.

Ondersteun “Die Groenstoel Projek” hier: www.baasraak.tv/saai
2 Feb Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Watter erfenis gaan jy vir jou kinders nalaat? - Ferdinand Ewerts

Coach Freek gesels die week met Ferdinand Ewerts van Oudtshoorn. Ferdi se droom as kind was om 'n soldaat te word. Jy huislike omstandighede het hom genoodsaak om die skool te verlaat op 'n baie jong ouderdom. Ferdie en van sy vriende het 'n bende begin vir goeie redes, maar…
3 Feb 1 hr 03 min

"My meisie het 'n bullet vir my gevat" - Jonathan Bezuidenhoudt

Coach Freek gesels die week met Jonathan Bezuidenhoudt. Jonathan was bevooreg om in ‘n huis groot te word waar die Here gedien was. Sy ma is oorlede toe hy 11 jaar oud was. Dinge het toe begin om skeef te loop vir hom. Verkeerde vriende het sy goeie opbrings begin…
28 Jan 1 hr 26 min