Die Jol, die Blom en die Advertensie!

Loading player...
Dis Vrydag en die span KLETS met Tanya Michelle oor waar is die JOL in Suid-Afrika. Ons val met die deur in die huis oor die Budweiser advertensie en hoekom advertensies so "woke", lomp en oninteressant geraak het. Suid-Afrikaners verteenwoordig en wen eerste prys by die Chelsea-skou in Londen, Engeland met hul “Blackjack” agapant. En wil jy jou besigheid se dienste of produkte bemark? Stuur vir ons ‘n epos na adverteer@afrikaans.radio.
26 May 2023 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Van SONA tot SAAI: Die werklikheid van Bek-en-Klouseer

Hierdie week se KLETS begin by die groot verhoog: SONA 2026. Die rooi tapyt, die applous, die beloftes. Maar wat bly oor, ná al die woorde? Dan skuif ons van die Parlement se blink ligte na die stofpaaie van die platteland. Ons gesels met Dr Theo de Jager van SAAI,…
18 Feb 58 min

Hitte, Hormone en Hoofopskrifte

Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte. Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die…
11 Feb 1 hr 04 min

Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie

Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek. In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die…
28 Jan 53 min

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien…
21 Jan 55 min

Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik? Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar…
14 Jan 1 hr 15 min