Lunch Punch: Gerrie Hadders oor sy biografie as MS aka veelvuldige sklerose-lyer

--:--
Just Keep S’myelin skets die lewensverhaal van Gerrie Hadders, ’n veelvuldige sklerose-lyer met ’n aansteeklike positiewe uitkyk op sy oorlewing en die lewe in die algemeen.
Omdat die boek in eerstepersoonperspektief geskryf is, kan lesers hulself amper verbeel asof hulle gemaklik op ’n rusbank uitgestrek lê en luister hoe Gerrie skerts oor sy skooldae, gesinslewe, sy tyd in die weermag, toe hy sy sielsgenoot ontmoet het, hoe tragedie die wind uit sy seile geslaan het en uiteindelik hoe hy sy lewensveranderende diagnose gekry het.
Oor hoekom Gerrie die begeerte gehad het om hierdie boek te laat skryf sê hy die volgende: “As my storie slegs een persoon se hart kan aanraak, maak dit al die pyn en leiding vir my die moeite werd. Mense kyk nie noodwendig objektief na ernstige siektetoestande nie en ek hoop dat my woorde hulle sienswyse kan verander.”
In hierdie boek deel Gerrie intieme gebeurtenisse oor sy opvoeding en lewe. Hy deel sommige van die wyshede wat hy deur die jare opgedoen het met mede VS-lyers, hulle geliefdes en versorgers. Lesers kan verwag om vermaak, bemoedig en ingelig te wees terwyl hulle deur die storie van sy lewensreis blaai.
Intussen is die S’myelin Foundation gestig, ’n organisasie sonder winsbejag wat fokus op die bewusmaking en bystand vir veelvuldige sklerose.
8 Jun 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes