Dink nuut, geloofskrisis en gebede vir die Vervolgde Kerk

Loading player...
In hierdie aflewering kuier skrywer, Sanet Deysel, in die ateljee om oor haar boeke Mountains Moving your mountains one thought at a time en Things I wish I knew when I was a teen te gesels. Lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels met ons oor wat om te doen as jy voor ‘n geloofskrisis te staan kom. Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor ‘n gebedsinisiatief wat binnekort van stapel gestuur word.
17 Oct 2023 Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement

Other recent episodes

Van bediening tot Isabella Niehaus se nuutste kookboek

Motiveringspreker en skrywer Yolande Britnell-Steyn gesels oor haar bediening. Lizette Murray herriner ons waarom dit so belangrik is om saam aan tafel te eet. Kosboekskrywer, Isabella Niehaus vertel meer oor haar jongste kookboek getiteld Bella’s Kitchen.
11 Aug 1 hr 23 min

So klop my hart

Susan Coetzer vertel hoe ons as gelowige vroue van ‘n swaarmoedige Sannie tot ‘n super C-vrou kan beweeg. Daarna gesels Rachelle Fourie oor haar nuwe boek My hart klop so ‘n Pad van roeping, geloof en identiteit.
4 Aug 1 hr 37 min

Gekroon

Veronika Olivier, Henda Bonsma en Elvira Joubert van Heidelberg, Gauteng kuier in die ateljee. Daar word gesels oor van kreatiewe handwerk en innerlike genesing tot wat dit beteken om ‘n gekroonde dogter van God te wees. Agnes Lombard van Bernina kuier saam en vertel onder meer oor die jongste naaldwerkneigings…
28 Jul 1 hr 34 min

Leef intensioneel & die pad na heelheid

Dr Janine do Cabo gesels oor hoe om intensioneel te leef. Jacques Engelbrecht vertel hoe die pad na heelheid deur die lens van die Enneagram lyk.
21 Jul 1 hr 36 min

Gesonde voeding vir elke fase van vrouwees

Voedingskundige Madalein Helm gesels oor die voedingsbehoeftes vir elke fase van vrouwees van jou twintigs tot in jou negentigs. Hoe en wat om te eet vir energie en gesondheid.
14 Jul 1 hr 32 min