SONA 2024

--:--
In die spesiale uitsending van Klets gesels ons met Dr. Piet Croucamp, 'n politieke analis en senior dosent aan die NWU se besigheidsskool, oor gisteraand se staatsrede.

Ons vreeslose President Squirrel het baie "recovery" planne voorgehou en het gewys dat waar sy intellek kort skiet, sy verbeeldingskrag verseker nie agterbly nie!
Piet werp vir ons lig op die president se optrede. Hy deel waardevolle insigte oor die stand van die ANC, die militêre intriges van KZN, en wat die president nie gesê het nie. Verder gesels ons oor die Republiek van Kaapstad, moontlike toekomstige president en parlementslede wat binnekort wat binnekort die brood wat hulle nou bak self gaan moet eet.

Ons sluit af met 'n ernstige besinning oor die toekoms van Suid-Afrikaanse kinders.
9 Feb Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

May Day! Ons is nou ook op YouTube!

In vandag se KLETS gesels Colene en Matthys met bekroonde joernalis, Daniëlla van Heerden. Daniëlla loer in om te gesels oor haar podcast, "'n Ma en 'n Mikrofoon," wat binnekort ook op Afrikaans.Radio beskikbaar sal wees. Ons gesels oor alles van ouerskap en kinders grootmaak, tot 'n knippie politiek hier…
1 May 1 hr 40 min

Wat's Nuus, Hoerkind?

In die nuutste episode van KLETS, het ons 'n gevatte gesprek met die joernalis en konsultant, Camilla Bath, oor die evolusie van nuusdekking met die oog op die opkomende verkiesing. Colene deel ook haar onlangse avonture by Woolies en wonder of ons dalk vir Markus Jooste by Woolworths gaan betrap…
24 Apr 1 hr 39 min

Wolke, Woorde, en Woke-ness

In vandag se KLETS worstel Matthys deur die mis van 'n wyn-brein om sy woorde te vind, terwyl Colene gelukkig op die ball is met al die vars stories. Is die toekoms van joernalistiek werklik so somber soos wat die Daily Maverick dit uitgemaak het op die 15de April 2024?"…
18 Apr 1 hour

Van Reisplanne tot Rockstars

Vandag op KLETS gesels on met Ronell Swanepoel, Operationele Bestuurshoof van Travel with Flair, wat ons insig gee oor hoe om 'n reis behoorlik aan te pak. Sy deel die noodsaaklikhede van reisbeplanning, van die eerste stappe tot die afronding, insluitend wenke vir diegene wat die beste van internasionaal en…
10 Apr 1 hr 24 min

Ons is 1 Jaar Oud!

Glo dit of nie, maar KLETS en Afrikaans.Radio is een jaar oud! Dankie aan een en elk wat luister, deel, vir ons skryf en ons op ons tone hou. Ons waardeer jul ore en jul tyd. Hier is op die volgende jaar! Cheers! Die span be-KLETS vandag die Nosiviwe Mapisa-Nqakula…
3 Apr 1 hr 03 min