Opera-aand op Internasionale Vrouedag

--:--
Internasionale Vrouedag word op die 8ste Maart gevier, en die Franco Namibiese Kultuursentrum en die Nasionale Teater van Namibië nooi die publiek na ’n opera-aand saam met die Ndjiki Ono-duo. Die duo bestaan uit die pianis Kaoli Ono en operasangeres Cyrielle Ndjiki Nya. Hulle sal op Vrydag, 8 Maart om 7-uur die aand 'n voordrag van Franse opera- en kabaretliedjies by die teater uitvoer. Kaartjies is op Webtickets beskikbaar teen 250 Namibiese dollar. Desiree Mentor, die skakelbeampte by die Nasionale Teater van Namibië, het meer vertel aan Kosmos 94.1 Nuus.
5 Mar 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Malaria: Daar is geen epidemie nie, meen minister

PDM-parlementslid Winnie Moongo het die gesondheid minister in die Nasionale Vergadering gevra watter stappe die ministerie neem om die tekort aan materiaal en toerusting vir malaria-toetse aan te spreek. Daar is meer as 6 000 malaria-gevalle tussen Januarie en Maart vanjaar aangemeld, wat meer as dubbel is as die vorige…
18 Apr 11PM 1 min

Baie vordering gemaak in herlewing van Tshwane-bestuur

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê aansienlike vordering is gemaak om die munisipaliteit te laat herleef. Brink beklemtoon die aanstel van 'n nuwe topbestuurspan wat gefokus is op prestasie en integriteit. Hy is in sy stadsrede vol vertroue om 'n ongekwalifiseerde oudit te bereik deur die oorblywende kwessies aan…
18 Apr 11PM 1 min

Lüderitz het blink toekoms: burgemeester

Met al die ontwikkeling wat in Lüderitz beplan word het die burgemeester die hoop dat die dorp die hoofstad van die Suide gaan word. President Nangolo Mbula het onlangs die dorp besoek en Hyphen Energy gaan belê in meteorologiese maste in en om die die dorp. Dit is bo en…
18 Apr 12PM 1 min

Kleinhandelverkope in SA daal steeds

'n Senior Ekonoom by FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê kleinhandelverkope in Suid-Afrika het op 'n jaargrondslag in Februarie met 0,8-persent gedaal. Alhoewel die uitslag ontmoedigend is, was dit steeds beter as die Reuters-konsensus van 'n daling van 1,6-persent. Mkhwanazi sê op 'n maand-tot-maand-grondslag, het verkoopsvolumes met 0,4-persent herstel, wat nie veel…
18 Apr 12PM 1 min