VF-plus skiet Johannesburg-begroting af

--:--
Die Vryheidsfront Plus sê hy ondersteun nie die Johannesburg-metro se 2023/2024-aanpassingsbegroting nie. Volgens die begroting moet die begrotingsoorskot, voor kapitaaltoelaes en -bydraes, van 2 miljard tot 1,1-miljard Suid-Afrikaanse rand verminder word. Cor Boer van die Vryheidsfront Plus sê die voorgestelde aanpassingsbegroting weerspieël nie die haglike finansiële situasie waarin die metro hom bevind nie.
5 Mar 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Weiding en watertekorte in Namibië groot kwelpunt

Namibië worstel met 'n ernstige droogte in groot dele van die land wat verslegtende weidingstoestande en watertekorte vir vee veroorsaak. Die lewens van diere is in gevaar met weiding en water wat steeds 'n probleem is, en groot kommer oor vee laat ontstaan. Landbouminister Calle Schlettwein beklemtoon die uitdagings vir…
20 Apr 6AM 1 min

Dalende vakaturesyfers in verskeie sektore

 'n Verbruikers-en-eiendomstrateeg by FNB se afdeling vir kommersiële eiendomsfinansiering John Loos, sê die eerste kwartaal van vanjaar se FNB-eiendomsmakelaarsopname wys op dalende vakaturesyfers in al drie kommersiële eiendomsklasse, naamlik kantoor, nywerheid en kleinhandel. Loos sê vakaturekoersneigings vertraag dikwels ekonomiese neigings en met die ekonomiese herstel ná die inperking in 2021/2022 het ekonomiese groei verlede jaar…
20 Apr 6AM 1 min

Pluimvee-produsentevereniging staar uitdagings in die gesig

Die Pluimvee-produsentevereniging se jaarlikse ledevergadering en inligtingsdag is onlangs gehou. Pluimvee en pluimveeprodukte val nou onder die Wet op Lewendehawe en Veeprodukte; daarom het Beata Xulu van die Namibië Nasionale Boere-unie 'n voorlegging gedoen oor die wet en die heffings wat in die Staatskoerant gepubliseer moet word. Die vereniging het…
20 Apr 5AM 1 min

Mboma neem deel in Nairobi

Namibië se ster-atleet, Christine Mboma neem vandag deel aan die Kip Keino Classic-byeenkoms in Nairobi. Dit is haar eerste verskyning op die atletiekbaan nadat sy behandeling vir verhoogde testosteroonvlakke ondergaan het. Sy het op 5 April by Wêreldatletiek die groen lig gekry om aan amptelike kompetisies deel te neem. Christine wys haar…
20 Apr 5AM 1 min

Losprys-eise teen Namibiese maatskappye meer algemeen

Kuberaanvalle en die opeis van lospryse om data terug te kry raak al hoe meer algemeen. In die eerste kwartaal van 2024 was daar 'n hoër voorkoms van Lockbit 3.0 losprysware, ook bekend as Lockbit Black. Losprys-eise was die primêre tipe kuberaanval teen Namibiese maatskappye. Die kuberkraker-groep Hive en Blackcat…
20 Apr 4AM 1 min