Hamas verkrag sommige gyselaars: VN

--:--
Daar is onweerlegbare bewyse dat sommige vroue en kinders wat Hamas as gyselaars aanhou, verkrag en seksueel aangerand word. Dit is volgens 'n verslag van die Verenigde Nasies. Hamas het die suide van Israel op 7 Oktober verlede jaar ingeval en sowat een-duisend-200 mense gedood en 253 gyselaar geneem. Israel het gereageer met 'n militêre veldtog in Gaza en meer as 30-duisend mense gedood. Die VN se spesiale verteenwoordiger oor Seksuele Geweld in Konflik, Pramila Patten, sê gyselaars word onmenslik en vernederend behandel.
5 Mar 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Lüderitz het blink toekoms: burgemeester

Met al die ontwikkeling wat in Lüderitz beplan word het die burgemeester die hoop dat die dorp die hoofstad van die Suide gaan word. President Nangolo Mbula het onlangs die dorp besoek en Hyphen Energy gaan belê in meteorologiese maste in en om die die dorp. Dit is bo en…
18 Apr 12PM 1 min

Kleinhandelverkope in SA daal steeds

'n Senior Ekonoom by FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê kleinhandelverkope in Suid-Afrika het op 'n jaargrondslag in Februarie met 0,8-persent gedaal. Alhoewel die uitslag ontmoedigend is, was dit steeds beter as die Reuters-konsensus van 'n daling van 1,6-persent. Mkhwanazi sê op 'n maand-tot-maand-grondslag, het verkoopsvolumes met 0,4-persent herstel, wat nie veel…
18 Apr 12PM 1 min

Venaani het vrae vir Alweendo oor sy ministerie

Die leier van die PDM, McHenry Venaani, het in die Nasionale Vergadering kennis gegee dat hy op 25 April vrae sal stel aan myne en energie minister Tom Alweendo rakende korrupsie, binnehandel en persoonlike viktimisasie in die ministerie. Volgens Venaani het die ministerie goud-eksplorasielisensies onregmatig aan Osino Resources oorgedra. Hy…
18 Apr 11AM 1 min

Ondersoek 70% salarisverhoging van parlement-sekretaris: DA

Die DA het 'n mosie ingedien vir 'n ad hoc gesamentlike komitee om die verhoogde salaris van die sekretaris van die parlement, Xolile George, te ondersoek. Dit volg op onthullings van 'n 70-persent verhoging, na bewering goedgekeur deur die speaker van die Nasionale Vergadering en die voorsitter van die Nasionale…
18 Apr 11AM 1 min