Van Reisplanne tot Rockstars

--:--
Vandag op KLETS gesels on met Ronell Swanepoel, Operationele Bestuurshoof van Travel with Flair, wat ons insig gee oor hoe om 'n reis behoorlik aan te pak.

Sy deel die noodsaaklikhede van reisbeplanning, van die eerste stappe tot die afronding, insluitend wenke vir diegene wat die beste van internasionaal en ook in Suid-Afrika op 'n begroting wil ervaar. Ronell laat ons ook in op haar gunsteling reisbestemming en waarom dit so spesiaal is.

In ander nuus, SAL is op 'n soek vir vars bestuursbloed - wat gaan jul bestuur? Eskom het vir 'n verandering die ligte aangehou vir 'n 13 dae. Maar, let's face it, ons almal wonder... vir hoe lank nog?

En dan, Robbie Williams "hit" Suid-Afrika later die jaar. Is die suide punt van Afrika die nuwe hotspot vir music legends se final gigs?

Let's get this show on the road!
10 Apr Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

May Day! Ons is nou ook op YouTube!

In vandag se KLETS gesels Colene en Matthys met bekroonde joernalis, Daniëlla van Heerden. Daniëlla loer in om te gesels oor haar podcast, "'n Ma en 'n Mikrofoon," wat binnekort ook op Afrikaans.Radio beskikbaar sal wees. Ons gesels oor alles van ouerskap en kinders grootmaak, tot 'n knippie politiek hier…
1 May 1 hr 40 min

Wat's Nuus, Hoerkind?

In die nuutste episode van KLETS, het ons 'n gevatte gesprek met die joernalis en konsultant, Camilla Bath, oor die evolusie van nuusdekking met die oog op die opkomende verkiesing. Colene deel ook haar onlangse avonture by Woolies en wonder of ons dalk vir Markus Jooste by Woolworths gaan betrap…
24 Apr 1 hr 39 min

Wolke, Woorde, en Woke-ness

In vandag se KLETS worstel Matthys deur die mis van 'n wyn-brein om sy woorde te vind, terwyl Colene gelukkig op die ball is met al die vars stories. Is die toekoms van joernalistiek werklik so somber soos wat die Daily Maverick dit uitgemaak het op die 15de April 2024?"…
18 Apr 1 hour

Ons is 1 Jaar Oud!

Glo dit of nie, maar KLETS en Afrikaans.Radio is een jaar oud! Dankie aan een en elk wat luister, deel, vir ons skryf en ons op ons tone hou. Ons waardeer jul ore en jul tyd. Hier is op die volgende jaar! Cheers! Die span be-KLETS vandag die Nosiviwe Mapisa-Nqakula…
3 Apr 1 hr 03 min

Micki vang Moordenaars

In KLETS gesels die span met Dr. Micki Pistorius. Micki is 'n Suid-Afrikaanse forensiese sielkundige en skrywer. Sy was die eerste profielskrywer in Suid-Afrika wat aan baie hoë-profiel sake gewerk het, wat onder andere reeksmoordenaars insluit. Sy is bekend vir haar outobiografie, Catch me a Killer (2000), waarop 'n televisiereeks…
27 Mar 1 hr 24 min