Kommissie moet sy huis in orde kry vir registrasie

--:--
Die net meer as twee maande om alle Namibiese kiesers te herregistreer maak kenners bekommerd. Tussen 1,2 en 1,5 miljoen Namibiërs landswyd moet tussen 3 Junie en 1 Augustus nuwe kieserskaarte kry, en histories gesproke gaan dit moeilik wees om te vermag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die IPC-party se nasionale voorsitter, Brian Black...
19 Apr 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

SA vat in Maart meeste van land se vee-uitvoere

Suid-Afrika bly die primêre bestemming vir die meerderheid van Namibië se vee-uitvoere, volgens die Agri-maandelikse verslag wat deur Simonis Storm vrygestel is. In Maart het Namibië 108 996 stuks vee na Suid-Afrika uitgevoer, hoofsaaklik skape. Botswana was die tweede grootste bestemming met 269 stuks vee, terwyl Angola die derde plek…
2 May 10AM 1 min

Handelsbalans versleg weer in Maart: NSA

Namibië se handelsbalans het in Maart op 'n tekort van 4,5 miljard Namibiese dollar gestaan, vergeleke met die tekorte van 3,9 miljard dollar in Februarie en 2,2 miljard dollar in Maart verlede jaar. Dit is volgens die jongste Handelsstatistiek-bulletin deur die Namibië Statistieke-agentskap. Suid-Afrika was in Maart Namibië se grootste…
2 May 10AM 1 min

Alles gereed vir eerste onbestrede swaargewigkampioen sedert 1999

Boks: Daar is groot opwinding in die bokswêreld vir die groot geveg tussen Oleksandr Usyk en Tyson Fury in Saoedi-Arabië op 18 Mei. Die eerste onbestrede swaargewigkampioen sedert Lennox Lewis in 1999 sal na die geveg gekroon word. Beide mans is onoorwonne beroepsboksers. Die 37-jarige Usyk van Oekraïne is die…
2 May 9AM 1 min

China se trae ekonomiese groei kan Namibië beïnvloed

Die eens snel-groeiende Chinese eiendomsektor staar 'n regstelling in die gesig, met die borrel wat kan bars. Dit beïnvloed beleggings en verbruikersvertroue, en vertraag ekonomiese groei. 'n Ontleding van die Internasionale Monetêre Fonds wys dat die noue handelsbande tussen China en Afrika suid van die Sahara, 'n beduidende afhanklikheid van…
2 May 9AM 1 min

Werkers moet vir spesiale stemme registreer: Nedlac

Die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad moedig alle werkers aan wat op verkiesingsdag gaan werk om môre, voor die sluitingsdatum vir spesiale stemme, te registreer. Die raad doen ook 'n beroep op alle werkgewers om hul werknemers te ondersteun en toe te laat om in die komende algemene verkiesing te…
2 May 8AM 1 min