Bring tog 'n verwysingshospitaal na Otjiwarongo: goewerneur

--:--
Otjozondjupa-goewerneur, James Uerikua, het 'n beroep herhaal vir 'n verwysingshospitaal in Otjiwarongo, weens die groot aantal ongelukke wat op die B1-pad gebeur. Uerikua het gepraat by die sooispit-seremonie van die Ombili-kliniek in die dorp. Otjiwarongo het 'n bevolking van 220 000 inwoners, waarvan 62 000 afhanklik is van gesondheidsdienste by die Otjiwarongo-staatshospitaal. Gereelde padongelukke in die hoërisiko-sone tussen Okahandja en Otjiwarongo plaas die dienste van die hospitaal onder erge druk. 'n Behoefte aan ambulanse is ook uitgelig om die vier distrikshospitale, 26 gesondheidsentrums en 19 klinieke regoor die streek te bedien.
19 Apr 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Rough and Tough-tydren help weer kankerlyers

'n Stofstorm van hoop in die vorm van die jaarlikse Rough and Tough-saamtrek is reeds besig om alle verwagtinge te oortref. Die saamtrek vind van 16 tot 19 Mei plaas en beloof om nog 'n prettige, enjin-aanjaag, kampvuur-storievertel geleentheid te wees. Die Rough and Tough-tydren is 'n Namibiese veldren-avontuur met…
3 May 9AM 1 min

ANC se 'vernietigende swartbemagtigingsnet versprei na eiendomsektor'

Die DA sê die Reguleringsowerheid vir Eiendomspraktisyns het sy voorneme verklaar om die uitreiking of hernuwing van Getrouheidsfonds-sertifikate vir ondernemings met minder as 40 punte op 'n swartbemagtigings-telkaart te weier. Die party sê die owerheid probeer dit in werklikheid onwettig maak om 'n eiendomsverwante onderneming te bedryf sonder om aan…
3 May 9AM 1 min

ANC-regering 'stel voortbestaan ​​van Poskantoorwerkers in gevaar'

Die UDM se adjunkpresident, Nqabayomzi Kwankwa, sê die ANC-regering stel willens en wetens die voortbestaan ​​van duisende gesinne van byna 5 000 Poskantoor-werknemers in gevaar om finansieel swaar te kry en honger te ly. Die party het sy teenkanting uitgespreek teen die regering se benadering oor die Poskantoor se rasionalisering…
3 May 8AM 1 min

Winnie Madikizela Mandela-weg word aanstons dubbelbaan

Die Windhoek Munisipale Raad het die voorstel van Ongos Valley Development goedgekeur om Winnie Madikizela Mandela-weg na 'n dubbelbaan op te gradeer en om 'n ontwikkelingsooreenkoms aan te gaan. Die ontwikkelaar poog om huidige verkeersopeenhopings te verlig, konnektiwiteit te verbeter en 'n veiliger omgewing vir die stad se inwoners en…
3 May 8AM 1 min

VSA sal nie in SA-stemmery inmeng nie

Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, sê sy land gaan nie by die Suid-Afrikaanse verkiesingsproses inmeng nie. Topamptenare van die Verkiesingskommissie het vroeër die maand met Brigety vergader, wat kommer laat ontstaan het dat Amerika by die verkiesing op 29 Mei kan inmeng. Die OVK sê daar is niks…
3 May 7AM 1 min