Cosatu verwelkom Volkswagen-belegging

--:--
Cosatu sê Volkswagen se belegging van 4-miljard Suid-Afrikaanse rand in sy Kariega-monteeraanleg in die Oos-Kaap is ’n teken dat regeringspogings deur middel van die Motorbedryf-meesterplan vrugte afwerp. Cosatu sê, hoewel hy die positiewe verwikkelings verwelkom, het die land baie meer aksie nodig. Matthew Parks van Cosatu sê die regering mag nie op sy louere rus nie terwyl Suid-Afrika 'n werkloosheidsyfer van 41-persent het. Die ekonomie het ook baie aktiewe ondersteuning nodig in die aangesig van talle groot uitdagings:
19 Apr 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Lekker vlugbal die naweek op Swakop!

Die Bank Windhoek Nasionale Strandvlugbal Ope-toernooi vind die naweek by die Mole-strand in Swakopmund plaas. Strandvlugbalspanne van regoor die land word uitgenooi om in te skryf. Die toernooi is oop vir mans- en vroue spanne, sowel as amateurs. Die Namibië Vlugbal Federasie se direkteur, Conrad Johannes, het met Kosmos 94.1…
3 May 1AM 1 min

Lae oeste: Regering kan wel ingrypings maak

Vanjaar se gesamentlike nasionale graanproduksie is 53 persent laer as verlede seisoen se oes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, wat sê die regering kan steeds mielieproduksie in Kavango Oos en Wes, asook die Zambezi-streek stimuleer omdat dit warm bly…
3 May 1AM 1 min

Uitdagings om werksoekers te plaas in die soeklig

Die arbeidsministerie kon in die eerste kwartaal van vanjaar slegs 17 werksoekers wat grade het, in poste plaas. Diegene met graad 7 het beter gedoen met 19 plasings en graad 10 en 11 het die meerderheid poste van die 352 gevul. Daar was 609 vakatures aangemeld en net meer as…
3 May 12AM 1 min

Twee tiener leeumannetjies as probleemdiere verklaar, oop vir jag

Die omgewingsministerie het 'n advertensie uitgesit vir professionele jagters in 'n dringende saak oor twee probleemleeus in die omgewing net wes van Khaudum Nasionale Park. Volgens die Namibië Professionele Jagvereniging blyk die leeus tiener mannetjies te wees en beide trofeë is uitvoerbaar. Belangstellendes wat kan help om hierdie situasie doeltreffend…
3 May 12AM 1 min