Olie en gas sal nie net so alle probleme oplos nie: kenner

--:--
Die eerste Namibiese plaaslike inhoudkonferensie vir die olie- en gasbedryf het die week in Lüderitz plaasgevind. Volgens Bisey Uirab, die president van die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid, bied die opkomende olie- en gasbedryf 'n geleentheid vir volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling. Die Kamer voorsien 'n belegging in die bedryf van 15 miljard Namibiese dollar onder die Namibië Ontwikkelingsplan 5, of NDP5. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Herbert Jauch gesels oor of die verhoogde fokus op olie en gas raadsaam is terwyl ander nywerhede in die land ook ondersteuning nodig het.
19 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Pandor moet Potgieter en Huxham huis toe bring

Die DA verwelkom die Departement van Internasionale Verhoudings en Samewerking se ingryping vir die vrylating van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee wat reeds langer as 15 maande aangehou word. Frik Potgieter en Peter Huxham is arresteer op vals dwelmaanklagte, blykbaar as vergelding vir beslaglegging op bates van Ekwatoriaal-Guinee se adjunkpresident…
3 May 3AM 1 min

Blou ekonomie is uiters belangrik

Reaksie word ontvang op die 15-jaar lisensie wat deur die African Aquaculture Company, wat sub-Sahara Afrika se eerste kommersiële salmboerdery en -produksiefasiliteit net noord van Lüderitz wil vestig, bekom is. Dit sal na verwagting sowat 5 000 werksgeleenthede verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ekonoom Salomo Hei, die…
3 May 3AM 1 min

Madrid Ope: Dis Swiatek teen Sabalenka

Die wêreld se nommer een, Iga Swiatek, kom soos verlede jaar in die Madrid Ope se eindstryd teen die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka, te staan. Swiatek van Pole het die Amerikaner Madison Keys met 6-1 en 6-3 verslaan om haar derde eindstryd van die jaar te haal. Die tweede gekeurde…
3 May 1AM 1 min

Biden praat (uiteindelik) oor studente betogings

Die Amerikaanse president Joe Biden sê beide vryheid van spraak en die oppergesag van die reg moet gehandhaaf word te midde van die pro-Palestynse betogings by universiteite in die land. Die meerderheid betogers eis die onttrekking aan maatskappye wat Israel en die oorlog in Gaza ondersteun. Amper 2 000 mense…
3 May 1AM 1 min

Lekker vlugbal die naweek op Swakop!

Die Bank Windhoek Nasionale Strandvlugbal Ope-toernooi vind die naweek by die Mole-strand in Swakopmund plaas. Strandvlugbalspanne van regoor die land word uitgenooi om in te skryf. Die toernooi is oop vir mans- en vroue spanne, sowel as amateurs. Die Namibië Vlugbal Federasie se direkteur, Conrad Johannes, het met Kosmos 94.1…
3 May 1AM 1 min