Agribank se gratis lesings waardevol vir boere

--:--
Agribank bied gereeld gratis kursusse en seminare aan om boere op te lei en meer veerkragtig te maak, in 'n poging om boere te bemagtig. Die laaste lesing was oor hoe om vee en veegetalle tydens die droogte te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur vir Agribank se Adviesdienste, oor die belangrikheid van hierdie lesings.
19 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

ANC-regering 'stel voortbestaan ​​van Poskantoorwerkers in gevaar'

Die UDM se adjunkpresident, Nqabayomzi Kwankwa, sê die ANC-regering stel willens en wetens die voortbestaan ​​van duisende gesinne van byna 5 000 Poskantoor-werknemers in gevaar om finansieel swaar te kry en honger te ly. Die party het sy teenkanting uitgespreek teen die regering se benadering oor die Poskantoor se rasionalisering…
3 May 8AM 1 min

Winnie Madikizela Mandela-weg word aanstons dubbelbaan

Die Windhoek Munisipale Raad het die voorstel van Ongos Valley Development goedgekeur om Winnie Madikizela Mandela-weg na 'n dubbelbaan op te gradeer en om 'n ontwikkelingsooreenkoms aan te gaan. Die ontwikkelaar poog om huidige verkeersopeenhopings te verlig, konnektiwiteit te verbeter en 'n veiliger omgewing vir die stad se inwoners en…
3 May 8AM 1 min

VSA sal nie in SA-stemmery inmeng nie

Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, sê sy land gaan nie by die Suid-Afrikaanse verkiesingsproses inmeng nie. Topamptenare van die Verkiesingskommissie het vroeër die maand met Brigety vergader, wat kommer laat ontstaan het dat Amerika by die verkiesing op 29 Mei kan inmeng. Die OVK sê daar is niks…
3 May 7AM 1 min

Arbeiders looi Tories in tussenverkiesings

Die Britse Arbeidersparty het betekenisvolle oorwinnings in die tussenverkiesings behaal en die Konserwatiewe eerste minister, Rishi Sunak, se leierskap ʼn knou gegee. Stemme word steeds getel en die belangrikste uitslag oornag was in Blackpool-Suid waar Chris Webb van die Arbeidersparty die parlementêre tussenverkiesing met 10 825 stemme by die Konserwatiewes…
3 May 7AM 1 min

Arbeid skors 7 vakbond, 1 werkgewers vereniging vir nie-nakoming

Die arbeidsministerie het genoeg gehad en het sewe vakbonde geskors wat Nafawu insluit geskors sowel as een werkgewers vereniging Nabta, omdat hulle nie die bepalings vir die indiening van jaarlikse opgawes nagekom het nie. Jeremiah Namalenga van die ministerie sê hulle is herhaaldelik gewaarsku en mag vanaf 5 Mei geensins…
3 May 7AM 1 min